DIE VIS ARENDE KUIER WEER BY HUL KUIKEN

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Vis Arend

Bachelor Dog
Joined
Nov 14, 2010
Messages
11,794
Reaction score
1,997
Location
King William's Town
Bike
Honda CRF-250 Rally
NAUDE’S PAS

Die rr is so week laat, maar hier gaan ons.
Ons het die langnaweek, 16 Junie, vir ons dogter in Kokstad gaan kuier.  Sy het nog nie haar ma se Karretjie in lewende lywe gesien nie.  Ons wou ook gaan kyk hoe die drie van ons saam op die rig sal pas, want ons beplan ‘n lekker vakansie Karoo se kant toe hier by Desember se tyd.

Ons het sommer die Vrydag verlof geneem en die oggend vroeg vertrek.  Ons wou nog oor Naudesnekpas ry oppad Kokstad toe.  Ek het die vorige dag nuwe spots laat opsit vir die Karretjie en die was die ideale geleentheid om hulle te toets.

Ons was oudergewoonte vroeg wakker om 6 uur te kan vetrek, maar dit was kwart voor ses toe is ons reeds op die pad.  Dit was maar aan die kloelerige kant, hier by die 2 grade Celsuis rond, maar ons was gegear vir die koue.
So paar kilos in het ons gou gestop om te sien of alles nog reg is en vir ‘n vinnige smoke break.
Hier is die maan besig om te sak aan die weste kant.


Ons stop by die Kei Rivier se Steers en vroulief pak ‘n koffietjie in.  Terwyl ek wag is daar kwaai nuuskierige mense.  Hulle wil als van die karretjie bedryf weet.  Na ‘n vinnige inspeksie van die locals is dit weer vort.


Dis weer Mev Vis Arend se beurt om aan die stuur van dinge te wees.  Ek rook te rustig in die Karretjie.


Ons het padkos gemaak en stop iewers in die voormalige Transkei en nuttig ‘n brekkie.




Oppad na Elliot stop ons by Satansnekpas.


Oppad na Elliot


Elliot verby en oor Barklypas




Ons stop aan die bopunt van Barkly pas en neem fotos.  Ek sien toe dat die modderskerm van die karretjie los is.  Ek het nie die tools saamgebring om die ding te fix nie.  Toe haal ek hom maar af en maak die aan die fiets op die agtersitplek staan. 



 
Top