My plan was om Kokstad te maak voor sononder (vriende van ons het gastehuis daar), maar nadat ek petrol gegooi het in Maclear is dit 16:30. Maclear lyk na 'n crappy plek en ek besluit om 'n lyn te sny Kokstad toe 200km verder. GROOT fout!! Die pad na Mount Fletcher is druk besig en net na Mt Fletcher begin die son ondergaan. kort voor lank bevind ek myself in 'n situasie waar ek byna niks kan sien nie. Padmerke is omtrent afwesig, HP se hooflig is useless en aankomende verkeer se dims werk nie....... Twee ure nadat ek uit Maclear weg is, kom ek bewerig in Matatiele aan. Werklik ' skrikwekkende laaste uur of wat op die bike. Ek weet nie wat om te verwag van die dorp nie, DWERG het vroeer in die dag gese die plek is 'n dump....... EK oorweeg dit om die oorblywende 70km na Kokstad aan te pak agter 'n trok. Ek loer in hoofstraat op en af en die plek lyk nie TE sleg nie!
EK het nie baie vewag nie, maar kry sommer gastehuis in hoofstraat en word deur boerseun in mooi afrikaans binne genooi. Wat 'n verligting!! Ek pak af, trek uit en klim in die massiewe bad. Vandag was nie 'n baie ver rit nie, maar ek is pootuit. Ek raak aan die slaap in die bad en skrik wakker toe die water al koud is. Klim daarna in die bed en slaap soos 'n klip.