Ek begin honger raak, kan eers nie mooi onthou wanneer laas ek geeet het nie ( Kan ook nie onthou hoe om kappies en dubblepunt op ee's te sit op die Mac nie

), maar retrace my trip en besef my laaste ete was twee aande terug in Lady Grey! Kan dit wees?? Het ek myself so geniet dat ek nie vir 'n oomblik sedertdien aan eet gedink het nie? Nou kan ek my maag al in my helmet hoor grom en ek smag na 'n lekker ontbyt.
Ek ry hierdie pragtige grondpad tot in Swartberg waar ek stop vir brandstof. Ek is tweede in ry om gehelp te word, voor my pomp die joggie net gou diesel in houers agterop bakkie vir 'n boer....... 600 liter later en lank wag kry ek my beurt, 4,9 liter!

Ek haal my petrolkaart uit en die joggie kyk my aan asof ek stupid is, hulle kaartmasjien werk al vir weke nie.......

Ek wil ry snder om te betaal, maar besluit daarteen. Die klein algemene handelaar sal vir my die R64 odd gee in kontant op my kredietkaart, maar vra 15% kommisie...... Net voor ek hom in sy mo@r stuur besef ek die volgende dorp is ver en betaal met smile op my gesig.
Son begin water trek. Ek wil vandag nog Sani uit, moet iets in my maag kry en vanmiddag nog ver genoeg ry sodat ek ten minste more aand by die huis is. Ek vat die teer vir die 60km na Underberg. Soos ek Underberg binnery is daar 'n restaurant op linker kant Mike's .....uhm... iets. The best breakfast in town! Dit maak die dier in my wakker en teen die tyd kan ek 'n stuk cardboard eet. Ek stop en soek 'n baksteen om onder stand te sit sodat bike nie omval nie. Teen die tyd voel dit of die sidestand bracket net meer en meer buig.
Ek vra vir "the biggest breakfast you serve" en slaan 'n hele klomp koffies weg. Of die ontbyt die beste in die dorp is kan ek nie verseker se nie, maar hel, die ander sal moet uithaal om die een te match! Ek is enigste customer in die plek en Mike en sy vrou knoop geselsie aan. Ek vra hoeveel tyd ek nodig het vir Sani op en af en miskien bier by die pub? 3 ure reken Mike. Ek sal moet wikkel. Betaal vir die ete en net toe ek op bike klim se daai rumpsteak wat ek 2 aande gelede in Lady Grey geeet het: "GOEIEMORE!!". Ek reken ek lyk soos Mr Bean soos ek die badkamer storm en selfde tyd uit my lae riding kit probeer kom terwyl ek rugsak van my rug af probeer kry. Sjoe..... amper!
PS: Haat jy dit nie ook as mense fotos van hulle kos op FB post nie?? Hierdie is egter 'n RR en etes is integrale deel van verslagdoening, so kyk mooi wat is als op daai bord!
