Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Klein lessies rondom Lesotho......  (Read 20180 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #20 on: July 11, 2014, 10:02:58 pm »
Nou wil ek ry!!

Hoe werk daai fuel bladder vir jou?

Hy het goed gewerk maar ongelukkig begin lek op "punte" op dag 2 of drie van die trip - niks ernstigs nie maar konstant. Werk baie maklik en maak maklik vas aan ander bagasie. Vat 5 liter.
Baie goeie diens van GPS4 Africa, Pauli het reeds vir my nuwe een gestuur!
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #21 on: July 11, 2014, 10:03:59 pm »
Jis dit lyk asof daai HP2 die dag vantevore uit die krat gehaal is. :drif:

Hy was BAIE mooi voor die trip, paar issues opgetel gedurende.... Lees verder ;D
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Jors Troelie

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #22 on: July 11, 2014, 10:04:35 pm »
Dit is nogal braaf van 'n man van Nelspruit om hierdie tyd van die jaar om Lesotho te ry. Jy het seker amper gedooi van die koue. Ek lees baie lekker, en sien uit na die res.
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #23 on: July 11, 2014, 10:04:39 pm »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #24 on: July 11, 2014, 10:05:38 pm »
Dit is nogal braaf van 'n man van Nelspruit om hierdie tyd van die jaar om Lesotho te ry. Jy het seker amper gedooi van die koue. Ek lees baie lekker, en sien uit na die res.

Braaf / Stupid, besluit jy maar.... ;D
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #25 on: July 11, 2014, 10:11:14 pm »
Dag 4 Lady Grey - Matatiele 400km (160km Teer)

My gevoel was dat vandag soortvan die business end van die trip sou wees.

Waterpype begin vroeg reeds raas en erens in die gebou soek iemand warm water..... Ek le en wonder of die bike se battery gaan saamwerk vanoggend. Pak fiets en ry na vulstasie vir die HP se dors... Ry terug in rigting waarvandaan ek gister gekom het. Dit is verskriklik koud. Die thermal undies en Rallye 2 suit is fantasties, maar my hande pyn weer so erg dat ek gereeld stop om oor die ergste te kom. My neus begin loop van die koue en later stop ek vir hande en snotneus. Lundin's (Dit IS die regte spelling!) is 'n beautiful pad. Meestal is oppervlak perfek maar hier en daar is dit effe verspoel of klipperig en het ek myself 'n paar keer groot laat skrik omdat ek op die view konsentreer het en nie die pad nie. Die pad kronkel deur skouspelagtige natuurskoon en ek kan net dink hoe mooi dit in die reenseisoen hier is......

Ek stop gereeld vir fotos en kom agter dit raak al moeliker om die bike weer regop te tel as ek opklim. Later in die dag word dit so erg dat ek glad nie meer afklim nie. Ek laat die fotos die storie vertel, daar's 'n hele klompie......
« Last Edit: July 12, 2014, 08:36:21 am by Noneking »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #26 on: July 11, 2014, 10:19:11 pm »
 :thumleft:
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #27 on: July 11, 2014, 10:23:36 pm »
 O0
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #28 on: July 11, 2014, 10:25:09 pm »
Panoramic view Lundin'snek
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 
The following users thanked this post: Dacquiri

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #29 on: July 11, 2014, 10:31:13 pm »
Sak weer af aan oostekant van Lundin's en draai links na Rhodes. Dit is weereens 'n ongelooflike mooi end pad om te ry en ek sien geen siel tot ek Rhodes binnery nie. Baie spyt ek het nie meer fotos geneem op die stukkie pad nie.
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #30 on: July 11, 2014, 10:53:49 pm »
In Rhodes stop ek ewe selfvoldaan by petrolpomp en kyk rond vir 'n joggie...... 8) ' Ou tannie stap uit die koffiewinkel en stuur my na die drankwinkel om te gaan uitvind of daar petrol is op Rhodes. Ek stap in 'n donker kamer in, teen tyd dat my oe gewoond is aan die donkerte gewaar ek 'n man met ' pers neus wat rondsnuffel ts die laaste 4 of 5 bottels hardehout op die winkelrak. Hy stel homself voor as Joe en stuur my oorkant die pad na Andre wat my dalk met 5 liter kan help. By Andre aangekom is hy besig met houtwerk in die tuin agter die pragtige historiese huis. Sy Nissan bakkie se klap is sy werksbank.  Sy vrou sit in 'n gemakstoel wat hoogswaarskynlik van TV kamer uitgedra is by hom en rook. Ek koop 5liter petrol by hom vir R110. Terug by fiets gooi ek die liquid gold in die tenk en met die kom die ou tannie weer uit die winkel en vra of ek dors is. Ek bestel 'n koffie en oorweeg 'n stuk koek maar besef dat Prof Noakes nie gelukkig sal wees met my besluit nie en los dit maar eerder.

Twee Madams van die stad af kom sit en koffie drink, hulle bederf die hele atmosfeer met hulle neus in die lig houding en praat so hard met mekaar dat mense op hulle voorstoepe kom sit om die gesprek te volg. Toe hulle oor hulle kinders se natuurlike geboortes begin notas uitruil maak ek aanstaltes. In die tweede foto sit die twee met hulle ongemanierde brak.....

'n Uur of wat later is ek reg vir pad vat en klim op die bike. Sidestand wil nie op nie, na gesukkel kry ek hom met die GS boots opgedruk maar dit wil nie bo bly nie...... Klim van die fiets af en die sidestand bracket is moertoe gebuig en die springs is oopgebuig en tel die stand nie meer op nie.... Ou Tannie tot die rescue.... Sy stuur my na Pieter af in die straat. Pieter besit die algemene handelaar op die dorpie en is ook 'n handyman of note.  Pieter moet eers reel dat Mieliemeel by sy winkel uitkom, ek moet solank die bike in die "garage" trek. Die garage is net mure van 'n konstruksie wat gestaak is met 'n gazebo wat al beter dae geken het. Ek trek onder die Gazebo in en terwyl Pieter my vertel van hulle rustige lewe in Rhodes, toor hy met stuk bloudraad en cableties en siedaar, die stand werk weer so soortvan. Hy stop my 'n paar cableties in die hand en na dankies en koebaais is ek weer op die bike.

« Last Edit: July 14, 2014, 04:48:29 pm by Noneking »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline quicksilver

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1190 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 526
  • Thanked: 5 times
  • RRRRRRRRR........
Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #31 on: July 11, 2014, 10:58:18 pm »
Keep it coming! Lees nou lekker Noneking!
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #32 on: July 11, 2014, 11:06:19 pm »
Keep it coming! Lees nou lekker Noneking!

Haal daai bike van jou avatar af!! Jy maak my hartseer....... EK soek eerste opsie om terug te koop as jy ooit wil verkoop! :peepwall:
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #33 on: July 11, 2014, 11:20:10 pm »
Die klim na Naudesnek is weereens asemrowend mooi. Dis 'n mooi pad en ek en die HP poer-poer stadig maar seker na bo terwyl ek my nek afdraai om die natuurskoon in te neem. Ek klim gladnie meer van die fiets af nie aangesien die gebuigde bracket nie meer die fiets kan regop hou nie.
« Last Edit: April 11, 2015, 06:16:37 am by Noneking »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #34 on: July 11, 2014, 11:27:14 pm »
Nog fotos....... teen die tyd het die ou tannie se koffie met my blaas begin gesels en het ek begin rondkyk vir 'n klip of 'n ding om die fiets teen te maak staan....
« Last Edit: July 12, 2014, 02:19:20 pm by Noneking »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #35 on: July 11, 2014, 11:32:00 pm »
Nog 'n paar kiekies oppad boontoe. Temp het begin daal en as jy jou oe op skrefies trek sien jy dalk die paar stukkies ys in die koelte ......
« Last Edit: July 11, 2014, 11:32:22 pm by Noneking »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 
The following users thanked this post: Dacquiri

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #36 on: July 11, 2014, 11:48:45 pm »
Ek kon nie veel tyd deurbring op bopunt van Naude'snek nie aangesien dit duidelik geraak het dat my tyd besig was om min te raak. Weereens mooi views van bo af. Die descent aan die anderkant was meer tegnies met baie los klippe en verspoelde areas. Ek het nie veel gestop vir fotos nie. 'n Vinnige loer na die kaart en dalk te vinnig, want in stede daarvan dat ek Pitsengpas na Mount Fletcher neem, ry ek in rigting van Maclear via Potrivierpas.
« Last Edit: July 12, 2014, 04:33:15 pm by Noneking »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #37 on: July 11, 2014, 11:51:39 pm »
My plan was om Kokstad te maak voor sononder (vriende van ons het gastehuis daar), maar nadat ek petrol gegooi het in Maclear is dit 16:30. Maclear lyk na 'n crappy plek en ek besluit om 'n lyn te sny Kokstad toe 200km verder. GROOT fout!! Die pad na Mount Fletcher is druk besig en net na Mt Fletcher begin die son ondergaan. kort voor lank bevind ek myself in 'n situasie waar ek byna niks kan sien nie. Padmerke is omtrent afwesig, HP se hooflig is useless en aankomende verkeer se dims werk nie....... Twee ure nadat ek uit Maclear weg is, kom ek bewerig in Matatiele aan. Werklik ' skrikwekkende laaste uur of wat op die bike. Ek weet nie wat om te verwag van die dorp nie, DWERG het vroeer in die dag gese die plek is 'n dump....... EK oorweeg dit om die oorblywende 70km na Kokstad aan te pak agter 'n trok. Ek loer in hoofstraat op en af en die plek lyk nie TE sleg nie!

EK het nie baie vewag nie, maar kry sommer gastehuis in hoofstraat en word deur boerseun in mooi afrikaans binne genooi. Wat 'n verligting!! Ek pak af, trek uit en klim in die massiewe bad. Vandag was nie 'n baie ver rit nie, maar ek is pootuit. Ek raak aan die slaap in die bad en skrik wakker toe die water al koud is. Klim daarna in die bed en slaap soos 'n klip.
« Last Edit: July 12, 2014, 02:24:46 pm by Noneking »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #38 on: July 12, 2014, 12:01:21 am »
Dag 5 en 6 volg

Hier's solank foto van hoe die bike terug in Nelspruit gelyk het..... :o
« Last Edit: July 14, 2014, 05:11:01 pm by Noneking »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Kykdaar

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Zundapp (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 7,614
  • Thanked: 2 times
Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #39 on: July 12, 2014, 04:11:33 am »
 :o