Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Klein lessies rondom Lesotho......  (Read 20191 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #40 on: July 12, 2014, 08:05:10 am »
!
« Last Edit: July 12, 2014, 09:13:14 am by Noneking »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,261
  • Thanked: 128 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #41 on: July 12, 2014, 08:19:22 am »
en nou?

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #42 on: July 12, 2014, 09:03:40 am »
Dag 5 Matatiele - Ladysmith (KZN) 420km (200km teer)

Vroeg wakker in Matatiele en sommer van voor af die hel in vir myself dat ek so stupid was vorige dag! Drink 'n Ricoffy met Cremora en pak die bike. Gooi al die petrol in die fuel bladder in bike want die bladder begin op punte petrol lek.  Val dadelik in die pad en net buite die dorp neem ek die afdraai na Swartberg. Die eerste 10 km van hierdie grondpad is 'n nagmerrie. Konstante verkeer van voor en digte stofwolk wat bly hang op die windstille oggend. Die kombinasie van stofwolk en son wat nog laag sit maak dat ek bitter min voor my kan sien! Ek slaan kort -kort 'n lelike slaggat en 'n paar keer voel dit of die HP uit-bottom..... Later word die verkeer aansienlik ligter en nog verder is dit weer net ek, die HP en die eindelose gravel highway.....bliss. Ek kom agter dat die sitplek 'n squeak opgetel het. Neem aan dis van al die stof ens. en steur my nie regtig daaraan nie.
« Last Edit: July 12, 2014, 02:27:31 pm by Noneking »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline chopperpilot

  • Afrikaans...Dis my taal! Engels...Dit verstaan ek ook!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 7,077
  • Thanked: 171 times
  • "Jack of all Trades... Master of Some."
Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #43 on: July 12, 2014, 09:19:56 am »
Dit is nogal braaf van 'n man van Nelspruit om hierdie tyd van die jaar om Lesotho te ry. Jy het seker amper gedooi van die koue. Ek lees baie lekker, en sien uit na die res.
As jy 'n Nelspruiter is, besef jy nie aldag hoe koud ander dele van die land in die winter is nie! Ons ken nie koue in ons dorp/stad nie.

Noneking...respek dat jy die trip op jou eie gedoen het...seer sekerlik 'n hoogtepunt in jou lewe!

Dankie vir die moeite met jou RR...ek ry lekker saam...sonder die koue! Ha ha!




Sent from my iPad using Tapatalk
Current Bikes : KTM 990 R, KTM 500 XCW

End of an Era : Suzuki DR 650 SE, Husqvarna 610 TE
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #44 on: July 12, 2014, 09:26:01 am »
Dit is nogal braaf van 'n man van Nelspruit om hierdie tyd van die jaar om Lesotho te ry. Jy het seker amper gedooi van die koue. Ek lees baie lekker, en sien uit na die res.
As jy 'n Nelspruiter is, besef jy nie aldag hoe koud ander dele van die land in die winter is nie! Ons ken nie koue in ons dorp/stad nie.

Noneking...respek dat jy die trip op jou eie gedoen het...seer sekerlik 'n hoogtepunt in jou lewe!

Dankie vir die moeite met jou RR...ek ry lekker saam...sonder die koue! Ha ha!




Sent from my iPad using Tapatalk

 :thumleft:

Hoop ons ry mekaar binnekort "raak" hier in die Laeveld!
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Dwerg

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #45 on: July 12, 2014, 09:28:34 am »
Lekker boet. Nou lekker my gat af gelag vir jou skroewedraaier en afgeskeep stories  :imaposer:
KTM 690R, 790ADV
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #46 on: July 12, 2014, 09:45:02 am »
Ek begin honger raak, kan eers nie mooi onthou wanneer laas ek geeet het nie ( Kan ook nie onthou hoe om kappies en dubblepunt op ee's te sit op die Mac nie ;D), maar retrace my trip en besef my laaste ete was twee aande terug in Lady Grey! Kan dit wees?? Het ek myself so geniet dat ek nie vir 'n oomblik sedertdien aan eet gedink het nie? Nou kan ek my maag al in my helmet hoor grom en ek smag na 'n lekker ontbyt.

Ek ry hierdie pragtige grondpad tot in Swartberg waar ek stop vir brandstof. Ek is tweede in ry om gehelp te word, voor my pomp die joggie net gou diesel in houers agterop bakkie vir 'n boer....... 600 liter later en lank wag kry ek my beurt, 4,9 liter! O0 Ek haal my petrolkaart uit en die joggie kyk my aan asof ek stupid is, hulle kaartmasjien werk al vir weke nie....... :dousing: Ek wil ry snder om te betaal, maar besluit daarteen. Die klein algemene handelaar sal vir my die R64 odd gee in kontant op my kredietkaart, maar vra 15% kommisie...... Net voor ek hom in sy mo@r stuur besef ek die volgende dorp is ver en betaal met smile op my gesig.

Son begin water trek. Ek wil vandag nog Sani uit, moet iets in my maag kry en vanmiddag nog ver genoeg ry sodat ek ten minste more aand by die huis is. Ek vat die teer vir die 60km na Underberg. Soos ek Underberg binnery is daar 'n restaurant op linker kant Mike's  .....uhm... iets. The best breakfast in town! Dit maak die dier in my wakker en teen die tyd kan ek 'n stuk cardboard eet. Ek stop en soek 'n baksteen om onder stand te sit sodat bike nie omval nie. Teen die tyd voel dit of die sidestand bracket net meer en meer buig.

Ek vra vir "the biggest breakfast you serve" en slaan 'n hele klomp koffies weg. Of die ontbyt die beste in die dorp is kan ek nie verseker se nie, maar hel, die ander sal moet uithaal om die een te match! Ek is enigste customer in die plek en Mike en sy vrou knoop geselsie aan. Ek vra hoeveel tyd ek nodig het vir Sani op en af en miskien bier by die pub? 3 ure reken Mike. Ek sal moet wikkel. Betaal vir die ete en net toe ek op bike klim se daai rumpsteak wat ek 2 aande gelede in Lady Grey geeet het: "GOEIEMORE!!". Ek reken ek lyk soos Mr Bean soos ek die badkamer storm en selfde tyd uit my lae riding kit probeer kom terwyl ek rugsak van my rug af probeer kry. Sjoe..... amper!

PS: Haat jy dit nie ook as mense fotos van hulle kos op FB post nie?? Hierdie is egter 'n RR en etes is integrale deel van verslagdoening, so kyk mooi wat is als op daai bord! O0
« Last Edit: July 12, 2014, 02:29:31 pm by Noneking »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,261
  • Thanked: 128 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #47 on: July 12, 2014, 09:47:41 am »
Nee man... ek sit hier by die blerrie werk en DAAI breakfast ROEP my nou  :imaposer:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #48 on: July 12, 2014, 10:14:30 am »
Ek maak weer petrol vol in Himeville en vat die pad Sani toe. Dis 'n baie mooi dag en ek kry amper warm in al die kit.  By onderpunt van Sani gaan ek verby 'n klomp Landys wat langs die pad staan. Ek dog eers dis 'n oliestop, maar die ouens kyk net banddruk vir die trip op. Ek vlieg by hulle verby en begin die lang klim. Ek vorder redelik vinnig en stop by SA grenspos neem 'n minuut as dit so lank was.... Weereens geen papiere of navrae oor fiets nie. Grootste probleem is om plek te kry waar die bike kan staan met sy kreupel sidestand.  
« Last Edit: April 11, 2015, 06:22:57 am by Noneking »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #49 on: July 12, 2014, 10:17:21 am »
Lekker boet. Nou lekker my gat af gelag vir jou skroewedraaier en afgeskeep stories  :imaposer:

Jy weet dit is swak etiket om vir jou broer te lag?? Ek leer nog jong, hierdie Offroad Riding God ding kom nie sommer so oornag nie.....
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #50 on: July 12, 2014, 10:37:55 am »
Die klim tot by die switchbacks gaan redelik vinnig en ek begin wonder waarom Sani so "big deal" is? Stop vir 'n foto by Ice Corner en dit is net hier waar die sports begin. Nuwe laag ongekompakteerde gruis op die pad en ek sukkel my gat af om momentum op te bou. Die konstruksiewerkers is op middagete en ek kan sien hoe chuckle hulle vir my geploeter hier teen die pas op! Volgende switchback begin die momentum regkom maar taxi kom van voor en druk my tot teen die rand en ek piepie bietjie bietjie in my klere. Trek remme, maar bike skuif agteruit oor die los gruis, ek skree in my helmet vir hulp, maar niemand hoor nie en niemand gee om nie....... :'( Ek sweer ek hoor die "JAWS" temalied soos ek nader en nader aan die afgrond beweeg.......

Soos ek die RR skryf, wil ek eintlik sê dat die fiets met agterwiel oor krans gestaan het toe ek uiteindelik tot stilstand kom en dat ek klippe en rotse 100de meters vêr onder my hoor val het, maar in werklikheid kon 'n toerbus nog tussen my en die afgrond deur ry......Ek laat die aankomende verkeer verbykom en begin weer. Van hier af gaan dit beter en ek kan my lyn kies odeur die switchbacks. Bo uitgekom en die view ingeneem. Dit is 'n spesiale plek! Ek besluit om nie deur grens te gaan of van bike af te klim nie (sien nie plek waar hy gaan staan met kreupel sidestand nie). Ek sit vir 'n paar minute net en kyk na die uitsig en later kom die Landys deur die switchbacks.  Die trip teen pas af is sonder voorval en en 90 minute nadat ek uit Himeville weggetrek het ry ek dit weer binne. Stop vir 'n vinnige Savannah en loer weer na die kaart vir roete res van die dag. Nottingham Road hier kom ek!
« Last Edit: January 13, 2015, 01:55:00 pm by Noneking »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Dwerg

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #51 on: July 12, 2014, 11:13:37 am »
Lekker boet. Nou lekker my gat af gelag vir jou skroewedraaier en afgeskeep stories  :imaposer:

Jy weet dit is swak etiket om vir jou broer te lag?? Ek leer nog jong, hierdie Offroad Riding God ding kom nie sommer so oornag nie.....

Ek lag MET jou  ;D

Ek kan nie besluit wat is mooier nie, die bike of die Arai!
KTM 690R, 790ADV
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #52 on: July 12, 2014, 11:20:50 am »
Die pad na Nottingham Road was fantasties soos almal weet wat al voorheen daarop gery het.  EK kon meer en meer agterkom my bike is nie lekker nie....... Die sitplek het begin om na agter te skuif en dit was duidelik aan die gaping wat tussen sitplek en tenk begin ontstaan het. Ek kon agterkom dat ek rattles hoor, selfs met oorproppies en helmet op.  EK het 'n plekkie gesoek waar ek die HP kon maak staan op sidestand en begin ondersoek instel. Die fiets se "gat" het gehang en alles het los gevoel. Teen die tyd het ek nie meer exstra petrol saamgery nie en ek het all die bagasie voorentoe geskuif en sitplek losgemaak om te kyk wat aangaan. Die prentjie wat ek hier moes aanskou was nie 'n mooie nie..... :'(
« Last Edit: November 06, 2014, 12:59:16 pm by Noneking »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,011
  • Thanked: 267 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #53 on: July 12, 2014, 11:38:49 am »
Dis nou 'n lekker lees hierdie.  Ek rol soos ek lag oor daai diesel mękeniek en sy B+C.  Maar daai manne kan mos gewoonlik 'n Caterpiller stootskraper se ratkas met 'n vier pond hammer en 'n stuk bloudraad langs die pad herstel  ;D  Ek geniet jou skryfstyl, dis waaragtig lekker lees.


O ja: oppie Mac is die umlat: Alt E en dan die letter; die kappie: Alt I en die letter en die dubbelpunt: Alt U en die letter  ;)
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #54 on: July 12, 2014, 11:51:14 am »
Die subframe is gekraak en die frame is op twee plekke morsaf. Die agterkant van fiets hang en linker flikkerlig smelt in warm lug van die exhaust. Die grys plastiek weerskante van sitplek het reeds die bout verloor aan een kant en aan anderkant het plastiek geskeur van die spanning. Die exhaust is weer los en lyk of die bout besig is om te groet. My hart sak in my skoene......... My splinternuwe tweedehandse 6 jaar oue bike!!!
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Jors Troelie

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #55 on: July 12, 2014, 12:11:34 pm »
Die subframe is gekraak en die frame is op twee plekke morsaf. Die agterkant van fiets hang en linker flikkerlig smelt in warm lug van die exhaust. Die grys plastiek weerskante van sitplek het reeds die bout verloor aan een kant en aan anderkant het plastiek geskeur van die spanning. Die exhaust is weer los en lyk of die bout besig is om te groet. My hart sak in my skoene......... My splinternuwe tweedehandse 6 jaar oue bike!!!

Eish, dis nou 'n geneuk!
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #56 on: July 12, 2014, 12:11:48 pm »
Ek ry maar so kruppel vanaf Mooirivier na Ladysmith op die teer. Dis weereens nie lekker op die N3 teen 140km/h op daai "naked" fiets nie. Ek kan nie ophou dink aan hoe stukkend ek my fiets gery het nie en ek voel down om minste te sê (baie dankie vir die kappie Dorsland!!) Ek kom by Estcourt tolhek en daar is ' n mooi gap om die bike deur te vat sonder die onnodige daylight robbery wat plaasvind as jy by daai venstertjie stop. Ek het skaars weggetrek of ek hoor die sirenes. Hahahahaha @$%&rs, ek's deur en julle sien my nie weer nie! Dis eers toe die blouligte langs my intrek dat ek besef dis nie die sirenes waaran ek dink nie.......

Ek trek af en die ou vat sy tyd om uit die kar te klim, wag seker vir my om die "fooitjie" reg te kry........
Ek hou my baie dom en hou helmet op en met oorproppe in hoor ek byna niks. Hy sê die hele rympie op van: "license please, where's your numberplate, license disc? Hy sê niks van die tolhek nie. Wys hom my liksens en bike se permit in baadjie se mou. Hy probeer nog stories praat maar ek verduidelik ek hoor nie mooi nie, start die bike en al wat ek hoor is exhaust wat weer soos een van daai amerikaanse bikes klink...... Hy loop na sy kar klim in en ry - maklik genoeg. Bike se exhaust hang weer amper op grond. Ek het darem paar cableties wat Pieter die handyman in Rhodes vir my saamgegee het en vir eerste keer op die trip maak ek self iets reg.... ;D

Ek ry die res van die pad tot op Ladysmith en begin soek na blyplek. Ladysmith het 'n fantastiese sisteem vir aanwysings na gastehuise. By ingang van dorp is bord met al die gastehuise gelys en rigting waarheen mens moet ry. By elke afdraai is dieselfde bord wat steeds wys waarheen mens gaan. So volg ek die bord na die enigste een met 4 sterre (ek is moeg, hartseer en sommer net gatvol en verdien bietjie bederf).


Reg voor die gastehuis verloor ek my footing en na meer as tweeduisend kilometer laat val ek my bike terwyl ek die interkomknoppie vir die gastehuis probeer bykom. Ek tel die bike op soos ek geleer is ek laat los weer my keurigste kragwoorde en vra vir mense in straat waarna hulle kyk?  Geen skade aan bike. ::)

Boek in en reel met gastehuis dat my bagasie volgende dag agterbly - ek sal dit huistoe courier deur die week....... Trek die frame vas met bagasie straps en probeer dit so stewig mootlik kry vir die 500km wat more voorlê.
« Last Edit: January 13, 2015, 01:58:02 pm by Noneking »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,011
  • Thanked: 267 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #57 on: July 12, 2014, 12:19:00 pm »
Ai man.  Ek voel sleg vir jou part, dis darem hartseer  :(
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #58 on: July 12, 2014, 12:21:26 pm »
Ai man.  Ek voel sleg vir jou part, dis darem hartseer  :(

Dankie Dorsland!
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Noneking

Re: Klein lessies rondom Lesotho......
« Reply #59 on: July 12, 2014, 12:26:30 pm »
Dag 6 Ladysmith - Nelspruit 500km teer alliepad :-[

Hierdie was een van daai dae wat ek nie wil oorhę op die bike nie. Ek ry in stormsterkte dwarswinde van Ladysmith tot in Nelspruit. Verloor langs die pad my sin vir humor en kom met my stukkende fiets en hart, stokstywe nek en TKC's wat beter dae geken het by die huis aan..... Familie is darem bly om my te sien en ek vir hulle! :3some:

« Last Edit: November 06, 2014, 01:01:37 pm by Noneking »
2019 KTM 790 R
2016 HUSQVARNA 701

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0