Nog 1.5 newbies

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

FrannaR

Puppy
Joined
Jul 19, 2014
Messages
26
Reaction score
0
Bike
BMW F800GS
Hi almal.  ek krap ook al 'n geruime tyd rond op die forum en het ook besluit om die groot stap te neem en my voor te stel.

Ek dreig al jare lank om vir my 'n fiets te koop en het net nooit die plunge gevat nie. Verlede jaar vir my seun 'n klein 50cc fietsie gekoop en dis toe dat ek besluit hierdie is 'n great ding om saam met seun te doen. Dus het ek in Feb 2014 vir my 'n BMW F800GS te koop (Ek drool al lankal oor daai fiets). So ek ry nou aktief sedert Feb hierdie jaar en geniet elke oomblik daarvan.  Ek kan nie verstaan hoekom ek so lank gewag het nie.

My seun het sy 50cc ontgroei en vandag het hy ontvangs geneem van sy Yamaha TTR110.  Ek sien vreeslik uit daarna om saam met hom rond te ry asook saam met my al die ander honde op die forum.

Hier is 'n vinnige foto van ons vanmiddag nadat ons gou om die blok gery het.

ytuju7az.jpg



Sent from my iPad using Tapatalk
 
Top