Almal moet erens begin *En so begin Hoofstuk 2

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Namakwalander

Grey Hound
Joined
Nov 19, 2013
Messages
7,397
Reaction score
2,215
Location
Centurion
Bike
Honda XR250 Tornado
Hallo almal

So vir Mandela dag besluit Martin (m0lt3n) hy gaan so paar mense bekend stel aan die wereld van motorfiets ry. Ek, my wuif en so ander random vriendin.

Eerste was my beurt. Seker so soortvan om die ys te breek. Met 'n geleende valhelm saal ek die rooi xr125 op en draai die voorwiel en speel met die throttle en ratte en clutch om 'n gevoel te kry vir die masjien. Verbasend kry ek die eerste wegtrek mooi reg sonder om die clutch te veel te laat gly. Ek het wel later weer gesukkel en so paar keer doodgeruk. Met die eetste draai om die blok was ek maar skrikkerig en het nie so lekker in die draaie kon lê nie. Dit het darem later beter gegaan.

Ek gee toe eers die Honda oor aan die dames. Hulle het ook maar bietjie gesukkel, maar kon gou genoeg die ratte mooi werk en gemakliker ry.

Weereens is dit my beurt. Die keer draai ek sy oor so bietjie verder en raak sommer so bietjie verwaand ook. Ek moet erken, dit het al lekkerder geword en ek probeer toe sommer so kort stukkie sand ook. Skrik toe groot toe ek so sit-sit deur 'n stukkie los sand ry en die voorwiel voel of hy onder my uit wil gly.

Net voor ons weer die fiets bêre voel ek dapper en besluit om die stukkie los sand ander kant Martin se huis aan te pak. Ek het mos al vele kere gelees "stand up look up and open up". Hoe moeilik kan dit wees? En dan probeer ek ook onthou om eerder te kyk waarheen ek wil gaan as waarin ek kan vasry. So met bogenoemde in my kop, knyp ek die Honda tussen my knieë vas met voete op die pegs en vat die pad. Voel trots om vandag te sê dat ek nie geval het of Martin se fiets beskadig het nie. My opgeleesde kennis het my ook veilig deur die sand gekry. Het so twee harige oomblikke gehad, maar niks dodeliks nie.

As ek weer terugdink kan ek net dink dit het komieklik gelyk. Ek is nie juis 'n klein man nie en die Honda is ook nie baie groot nie.

Dankie Martin vir die geleentheid, maar ek is ook vir jou kwaad want nou soek ek nog tyd in die saal.
 
Top