Stuart,
Ek kan jou verseker dat ten minset 50% van die lede wel belang stel, maar hulle stel slegs belang indien die volgende baie goed vergelyk met dit wat tans op die mark beskikbaar is.
-- Prys: Indien dit nie goedkoper is nie, het jy aanvanklik nie 'n mark nie.
-- Kwaliteit: Dit moet ten minste op dieselfde standaard wees.
-- Prakties: Indien dit prakties meer bied kan dit help.
-- Stylvol: 'n Man sit nie iets op sy fiets wat nie pas nie.
-- Volhoubaarheid: Indien iets oor drie jaar sou breek wil ek dit kan vervang sonder om 'n ander stel te koop.
-- Waarborg; Dit spreek van self.
-- Goeie diens. Ek koop vandag my fiets en wil dit môre as deel van die pakket koop, of ek gaan hierdie naweek toer, of ek is besig met 'n toer en iets breek. Dan wil niemand 'n week of maand wag nie.
Daar is min persone wat iets in die motorfiets bedryf koop sonder om dit te sien en sonder dat iemand dit promofeer.
Indien jy die behoefte het om in die mark te kom, maak vir jou self 'n stel, dan vir goeie kenisse en doen dan bemarking. Indien jy nie geld daaruit wil maak nie, vat jou fiets, ry see toe en gaan eet roomys. Dit kos omtrent dieselfde maar jy het baie minder "pyne" en baie meer plesier.
Moenie dat iets jou stop as jy 'n plan het nie, ALLE verskaffers het begin by EEN.