HONNEKLIP BAAI 09/08/2014

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

kuikenvlei

Pack Dog
Joined
Mar 11, 2010
Messages
185
Reaction score
0
Location
Somerset West
Bike
KTM 950 SE
ONS =  Ekke; Rudi [Rudes]; Johan [van Dam] en Gary [Laugh a minute Larry]
 
Oom Tau!!! Ou Leeu, as jy 'Planing a ride' lees sal jy sien jy was ook genooi. [of sien jy jouself nie as 'n WD nie?]
         
Saterdag op na  K9klip baai --> Sondag dieselfde pad terug  [Namaqua National Park / Groenrivier]  
Petrol punte: --> Lutzville tot by Koiingnaas  =  237km  =  690 vol + 5l ekstra petrol.

Briljant ! Fantasties ! Adrenalien ! Asem-Rowend mooi ! Spoed ! Bang ! + 690 Akropovic Klankbaan in jou ore !  "Ur ALIVE" !!!

Ek en Rudi het toe besluit om Sondag ook oor te bly en verder noord te gaan verken  -  Terwyl die ander 2 "Partners in Crime" terug huistoe gery het  [Working class]

Ons is oor twee bitterlik lekker + mooi passe -> Wildeperdehoek en Messelpas tot in Springbok.
Van daar op 'n redelike tegniese 4X4 roete bo-oor 'n berg terug na Hkbaai gevat.
Dit sou natuurlik nie tegnies volgens GJ se standaarde gewees het nie, want hy se mos ons moet nog oefen om by hom te kom [fyn brag] Hy is ongelukkig heel waarskynlik reg.

Maandag op pad terug het ons op twee OZies met vol gelaaide GS 1200's afgekom [nat gesweet en gatvol] wat besig was om hul fietse om te draai en terug te probeer gaan. Hulle was gelukkig amper deur die dikste sand en ons kon hul oortuig om deur te druk.
Hulle gaan vir 7 maande, noord, deur Afrika toer.
Les;  Dink mooi voordat jy die paaitjie met 'n gelaaide GS 1200 aandurf.  [Doenbaar, maar bitterlik moeilik]

Hierna moes ek alles uihaal om by Rudi te bly, maar so 70km voor die einde wys hy vir my hoe dit lyk as jy te wyd  [of te vinnig]  om 'n poel water gaan - 'n sand walletjie slaan en jou agterwiel bo-oor jou kop die voorwiel wil verbysteek.
Gelukkig is hy 'n taai ou man en het opgestaan om verder te ry met 'n minder wel 690.

Ons het die aand moeg en tevrede [Rudi seer ook]  by die huis aangekom  ;D  

WANNEER GAAN ONS WEER!!!  >:D

 
 
Top