
Vanoggend GS en GSA gaan toetsry. Moes maar noodgedwonge my naam op die waglys plaas vir die vetseun...
Een ding is verseker, ek gaan daai gladde 6 cylinder baie mis......
Die demo GS het 290km opgehad toe ek vanoggend begin ry het. Paar issues wat ek opgetel het:
- Info knoppie wat mens deur die menus vat het vasgehak en kon nie meer gebruik word nie.
- Die gleoilamp op voorlig was reeds dood.
- my linker haak van boot het baie kontak gemaak met centrestand, veral deur skerp draaie waar ek my gewig op die fiets moes verplaas. Ek het dit glad nie op die GSA gevoel nie weens die posisie op fiets wat verskil.
- Die "beweging" van die ou lendelam skermpie was vir my 'n groot irritasie. Aansienlik beter gewees op die groot GSA skerm??
- Die flikkerlig knoppie bly 'n irritasie en ek sukkel (soos op my GTL) om die flikker te aktiveer sonder om draaiwiel te versteur.