Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 3 Boetas ry nuwe roetas  (Read 1741 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Online Matewis

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,862
  • Thanked: 43 times
3 Boetas ry nuwe roetas
« on: August 18, 2014, 09:07:41 am »
Aan die begin van die jaar het ek besluit dat ek elke jaar met die Vredendal gymkhana Vredendal toe gaan toer met die bike. My planne het so effens verander en toe besluit ek dat ek hierdie jaar Vredendal gaan skip.

Aangesien ek vir 2 en 'n half maande sonder my twee wiele was en stelselmatig redelik baie vervang het, het my gat gejeuk om te ry. My 'Brother from another mother" Panda, het huis gekoop in Vermont en toe s ek hom sommer dis tyd dat die huis ingewy word.
Ek het 2 lieslappe al laas Maandag in die Championship sous gegooi en 'n fillet steak uitgehaal vir die Saterdag se braai. My swear(Spykerkuif)  het laat weet hy mis dit vir niks en ges hy kom die Saterdag na werk deur.
Vrydag na werk is ek gou huis toe. Haal die lieslappe uit die yskas en dink nogal in my agterkop, "Nou moet die bak net nie glip nie". Daai gedagte was skaars koud toe is dit so. Gelukkig het die lieslappe mooi in die bak gebly. Championship sous teen die kaste, my skoene, jean, yskas, vrieskas, wasmasjien en die penne-sakkie.
Nou gewoonlik sou ek hierdie tyd 'n paar kragwoorde gelos het ens ens, ek besluit toe hierdie is my wake-up call. Ek het toe doodkalm die bak neergesit. 'n Lap gevat en begin skoonmaak. Lieslappe is toe mooi in ziplock sakkies gesit en vandaar panniers toe.


 
Rustig opgekit en toe val ek in die pad Villiersdorp toe. Villiersdorp het ek gou Saagie se laaste parte opgetel voor by my bors ingedruk en toe sit ek die stuk in Vermont toe.



By Johan aangekom het ons gou nog Coke gaan kry en toe steek ons vuur op vir die lieslappe. Panda het vir ons lekker skaapchops gehad en n knoffelbrood.  Die Captains Organ het gevloei en ons het sommer ons roete vir die Saterdag beplan.
Hermanus vir die sonsopkoms, Napier, Elim en dan Struisbaai en Agulhas.



Net na 7:00 het ons ingeklok in Hermanus voor teen die see en gewag vir die sonsopkoms. n Wildvreemde oom het daar gestop en amper n uur lank staan gesels. Intussen het die son opgekom en ek kon n paar mooi kiekies vat.








Na ons die oom gegroet het is ons tot by Caltex in Volklip. Volgemaak en vandaar gery na Stanford, Van Brackelstoor en dan Napier. Net anderkant Van Brackelstoor het ons in die mis ingery. En magtag was dit koud!!! Ek en Panda was di teens: Ons het kouer gekry as in die Tankwa in Maart!!!
Een van die ouens wat saam my werk se familie besit die Moerse Padstal in Napier. Hier het ons eers gestop vir n broodnodige koffie. Die reuk van varsgebakte pasteie en vetkoeke het in die lug gehang en ons het buite gaan sit om ons uit die versoeking te hou.



So moet 'n koffie mos smaak!


Ek het KOUD gekry!!!!
Dont go where the path my lead  Go instead where there is no path and leave a trail ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/
https://witvosblog.wordpress.com/
 

Online Matewis

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,862
  • Thanked: 43 times
Re: 3 Boetas ry nuwe roetas
« Reply #1 on: August 18, 2014, 10:09:40 am »

Na beraadslaging met een van die plaaslike manne het ons sommer knap na die Padstal regs gedraai op n redelike goeie grondpad wat ons oor die berg sou vat Elim toe. Ons het later links gedraai op die pad en Elim het gewink.



Gestop vir n foto of 2 en volgende stop was Elim. Hier het ons n foto voor die kerk geneem en vandaar het die see geroep.



Ons het by die Bredasdorp/Struisbaai kruis regs gehou en met die Agulhas Nasionale Park roete gery. Moet se die wereld daarlangs is nat en daar is n baie ryk vol-lewe.





Op die grootpad regs gedraai Struisbaai toe. Soos mens Struisbaai inkom is daar n teerpadjie aan die linkerkant vir voetgangers. So mal soos ek is besluit ek toe sommer om van die pad aft e skiet tot op die padjie Johan verby te gaan en weer terug te klim op die pad. So gedink so gemaak. GELUKKIG het ek gestaan. In die voetganger pad is daar toe n onderbreuking in die teer seker so halwe liniaal lengte diep. Ek het dit te laat gesien en toe moes ek maar head on gaan. Voorwiel af en ek slaan die anderkant redelik hard. Agterwiel slaan die stuk en daar is ek op die voorwiel!!! Met die landslag is my voete van die pegs af, gat vang die seat en toe draai ek oor vir dood.
Les vir die dag: MOENIE PERKATE MAAK NIE!

Ons het by Struisbaai hawe gestop en lekker uitgestap op die hawe-muur. Hier het ons een van die inwonende pylsterte gesien. Baie mooi.






 Ons albei was teen die tyd al effens dun en Panda het ges hy het die perfekte plek vir Calamari.  Ons het deurgery na LAgulhas Seafood en daar het ek die lekkerste Calamari en chips geet wat ek nog geet het. Kan die plekkie regtig aanbeveel as mens lief is vir seekos.



 
Ons het aangery na die Mees Suidelike punt en net vinnig daar gedraai en toe is ons terug na Caltex in Struisbaai. Volgemaak en Saagie se petrolverbruik was 23.29km/l. Ons het toe teruggery deur Die Damme, Pearly Beach na Franskraal waar my ouers vir die naweek bietjie gekuier het. Ons het afgespreek om vir Spykerkuif daar te kry. Ek en Panda het gewag en Spyker het so 5min na ons by die erf ingeval. Letterlik.



Hy het ingery gekom, op die gras die throttle net so liggies gevoel en 2 sek later toe l en tan hy in sy bike-klere met n helmet op voor die dek! Agterwiel was op klawer en dit is bitter glad. Gelukkig het die fiets glad nie seergekry nie. Ons het hom gou gehelp om hom weer regop te kry en toe lag ons eers lekker.
Vandaar het ons gou Kleinbaai Hawe toe gery om die mense op die haaibote nervous te maak en vandaar seelangs na De Kelders waar my ouers by familie was. Gou stukkie rugby gekyk en koeldrank gedrink en toe pak ons wreld Vermont toe.

Terug by die huis het die Evil Twins so ligte probleempie of 2 gehad maar dis sommer gou reggestel!



Op die spyskaart vir die aand was 2 sirloin steakies, n kilo beesfillet, n lieslap, braaibroodjies en potatobake. Mushroom sous natuurlik ook.
Ons het omtrent lekker gekuier en gebraai en so teen 00:30 gaan o rus.
Dont go where the path my lead  Go instead where there is no path and leave a trail ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/
https://witvosblog.wordpress.com/
 

Online Matewis

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,862
  • Thanked: 43 times
Re: 3 Boetas ry nuwe roetas
« Reply #2 on: August 18, 2014, 12:49:03 pm »
Volgende more word ek wakker en hoor n geraas buite. Klink eers soos n vliegtuig en toe ek uitkyk sien ek dis wind. My moed is toe sommer dadelik in my skoene want ons gate jeuk vir ry. 20min later is dit doodstil buite. Ek staan toe op en stort gou. Toe die manne sien ek begin opkit het daar bitter vinnig beweging gekom. Ons het skoon vergeet die krag gaan vir die dag af wees so geen koffie. MOERSE probleem aangesien ons almal nie 100% wakker is voordat ons nie koffie gehad het nie.





In Hermanus in het ons so draai by die nuwe hawe gery en ry toe seelangs na die ou hawe. Net so voor die parkeer-area voor teen die see draf daar n vrou en toe ons afklim se almal maar sy het nogal mooi bene. Ons vergeet toe daarvan, neem mooi fotos van die nuwe hawe ens.




Ek bel toe gou vir Elma(my ma) en hoor of sy vir ons koffie het. Antwoord is ja en toe laat waai ons Franskraal toe.




Daar aangekom het ons lekker koffie gekry, my ma het gou vir ons elkeen n eier gebak en toe is dit sommer eier op buns met biltong vir breakfast.



Ons het gegroet en roete gevat na Uilkraal waar ons links gedraai het na Uilenes. Net verby Uilenes het ons links gedraai berg in. Vandaar is dit n baie mooi pad wat 2 keer split. As jy elke keer net links hou ry jy totdat jy die Van Brackelstoor-Standford pad kry.
Hier het ons regs gedraai in die rigting van Van Brackelstoor. Verby Raka wines en Stonehouse het ons links gedraai op die Tesselaarsdal pad. Hier staan die Canola ongelooflik mooi en ons het gestop vir fotos.  n Kilo of 2 verder het ons die pad links gevat en vandaar deur die mooie valley gery tot ons weer links gedraai het op n pad wat die bord Tesselaarsdal het.





Van hier het ons die pad gevolg tot by Hemel-en-Aarde pad wat tans onder konstruksie is. Ons het redelik gestop vir fotos en was gelukkig om by meeste van die Ry/Stop nie te lank te wag nie. By die laaste een het Spykerkuif voor gery, ek in die middle en Panda agter. Anderkant uit het ons stadiger gery om te wag vir Panda. Hy het nie uitgekom nie en ons albei het dadelik omgedraai en voor in die lyn gaan inval om te gaan kyk of als OK is. Toe ons die eerste bult uit is het hy van voor af gekom. Dank Vader in een stuk. Ons het omgedraai en sommer op die ander pad gery tot verby die padwerke.
Probleem is toe dat die Twin se Facet pomp se bracket gebreek het en op die ketting geraak het. Hy het hom met n cable-tie vasgetrek en toe gee ons hom gou langs die pad nog n groter cable-tie. Van hier het ons Hermanus toe gery. Spykerkuif het n vriendin wat in Hermanus werk en sy het ons die vorige dag gas gegee op Gesigboek omdat ons nie kom groet het nie. By die Inligtingsentrum het ons haar gekry. Spykerkuif en almal voorgestel en toe s sy ek lyk bekend. Haar ges ek weet nie of dit goeie ding of slegte ding is nie.

Ons praat so en sy vra of ons nie vanmore voor Winsor Hotel gestop het nie. Ek s toe ja. Ons het gestop om fotos te neem. Sy s toe sy het gewonder of dit nie ons is nie, want sy het gedraf en toe hoor sy dit raak stil agter haar.
Ons 3 het mekaar so gevang en toe s ons soos een man: Die girl met die mooi bene!! Nodeloos om te s het sy bloedrooi gebloos. KLEIN WRELD!!! Ons het nog so bietjie staan en gesels toe groet ons want ons kele was droog!!!
Dont go where the path my lead  Go instead where there is no path and leave a trail ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/
https://witvosblog.wordpress.com/
 

Offline COLES

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,046
  • Thanked: 2 times
Re: 3 Boetas ry nuwe roetas
« Reply #3 on: August 18, 2014, 02:39:06 pm »

hy manne great pic,s thank u for sharing
 

Offline Draadwerk

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 7,929
  • Thanked: 40 times
  • My job? Just something I do between rides....
Re: 3 Boetas ry nuwe roetas
« Reply #4 on: August 18, 2014, 07:17:44 pm »
Lekker trippie man !
 

Offline MINZI

  • Under Construction!
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Triumph Tiger 1200 Explorer
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,651
  • Right here, right now, nothing else matters.
Re: 3 Boetas ry nuwe roetas
« Reply #5 on: August 18, 2014, 07:31:46 pm »
Naais... . Ok, ek gaan nou maar die eerste een wees wat vra. Wat is die Lieslappe waarvan jy praat?  :peepwall:
If you do not STAND for something, you will FALL for anything!
 

Online Matewis

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,862
  • Thanked: 43 times
Re: 3 Boetas ry nuwe roetas
« Reply #6 on: August 19, 2014, 08:09:45 am »
Naais... . Ok, ek gaan nou maar die eerste een wees wat vra. Wat is die Lieslappe waarvan jy praat?  :peepwall:

Die gedeelte tussen 'n skaap se laaste ribbebeen en sy agterbeen is die lieslap. Meeste mense kry dit nie saam as hulle 'n skaap koop nie aangesien meeste mense nie weet wat om met dit te doen nie. Die lieslap is lagies vleis en vet op mekaar en ek berei dit op 2 maniere voor. Jy kan dit heel braai of repies sny en soos 'n wurmpie op 'n stokkie ryg. Dis 'n baie lekker snack vir voor die braai en dis ook hoe ons dit gewoonlik doen. As hy op die stokkies geryg is laat le jy hom sommer vir 'n week in die Jimmy's en braai hom dan.

Dis amper dieselfde effek as Oepsies wat mens in die winkel koop. Maar met skaapvleis.
Dont go where the path my lead  Go instead where there is no path and leave a trail ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/
https://witvosblog.wordpress.com/
 

Offline Laban

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Zero (all models)
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,361
  • Thanked: 3 times
  • "Ride my own Ride"
Re: 3 Boetas ry nuwe roetas
« Reply #7 on: August 19, 2014, 08:39:03 am »


..... :thumleft:
..."sometimes the people around you won't understand your journey, they don't need to, it's not for them"...Joubert Botha

...tie my own bootlaces
 

Offline ALLEN I

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,982
  • Thanked: 17 times
Re: 3 Boetas ry nuwe roetas
« Reply #8 on: August 19, 2014, 09:36:28 am »
Nice ride thanks for sharing  :ricky:
Biking since the age of 11 nothing beats the freedom when u out there on u baby. Been doing it over 40 years now  (that's life)
Born a Biker, Live like a Biker, Die a Biker
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,136
  • Thanked: 77 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: 3 Boetas ry nuwe roetas
« Reply #9 on: August 19, 2014, 09:46:41 am »
Lekker RR  :thumleft:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Online Matewis

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,862
  • Thanked: 43 times
Re: 3 Boetas ry nuwe roetas
« Reply #10 on: August 19, 2014, 01:00:04 pm »
Ons het pad gevat seelangs na Gecko in die Nuwe Hawe. Daar aangekom het Panda n draught bestel. Ek het so lanklaas bier gedrink en besluit toe op die mooie dag is n draught net die ding en bestel ook een. Groepsdruk maak toe dat Spykerkuif ook een bestel. Barman vra nogal:Castle? Amstel? Of Birkenhead? Ek se toe sommer dadelik Birkenhead. Res van die manne s toe hulle is ook heel happy met n Birkenhead Draught.

Vir die wat nie weet nie. Buite Stanford is daar n brouery genaamd Birkenhead Brewery. Ek het al n keer of 2 daar vasgehaak en hulle het n fees ook erens in die jaar. Ek hou baie van hulle bier en hulle kos is net so lekker.
Nog n plek wat waardig is om genome te word is Evergrine Padstal. As mens indraai in Stanford is dit die eerste eetplekkie aan jou linkerkant. Die eienaar van die plekkie het saam met my geswot en sy hoender burgers is to die for!!
Ek en Spyker het elkeen n draught weggesluk en Panda het 2 platgeskiet. Ons het opgekit en vandaar gery tot by die garage by Sandbaai se kruis. Ek het gou petrol ingegooi en die slangpark besoek en toe het ek en Spykerkuif vir Panda gegroet. Spyker het ges hy is nog lus vir ry en toe s ek hy moet voor vat want hy wou my oor die berge vat van Kleinmond af Grabouw toe.

 Nog n pad wat ek nog nie gery het nie. En natuurlik was ek maar te gretig!!! As jy die afdraai na Kleinmond gevat het draai jy sommer dadelik weer regs op die Highlands pad. Hy spoeg jou uit reg langs Peregrine op die N2.
Ek moet s dit is nogal n mooi pad so deur die bome deur. Herinner nogal aan Haenertsburg en Magoebaskloof.
Ons het bo-op die pas gestop en eers paar kiekies gevat voordat ons verder gery het.




Ons het gou by n vriend van Spykerkuif ingeval vir n koeldrank en laaste stop was Peregrine buite Grabouw waar ons gegroet het. Ek terug Kaapfontein toe en Spykerkuif terug Worcester toe.
Op pad terug net buite Somerset Wes het Saagie 'n half-eeu oud geword.



Bietjie tegniese details:
Beste petrolverbruik was so 23.50km/l. Slegste was 20.8km/l Sondag met die panniers op.
Totale Afstand gery:  783.29km
Reistyd 12 ure 17 minute en 22 sekondes
Gemiddelde Spoed: 49.38km/h
Max Spoed: 155km/h
Dont go where the path my lead  Go instead where there is no path and leave a trail ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/
https://witvosblog.wordpress.com/
 

Offline 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,778
  • Thanked: 82 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: 3 Boetas ry nuwe roetas
« Reply #11 on: August 20, 2014, 10:46:25 am »
Baie lekker RR dankie julle  :ricky:
Eish ek raak jaloers as ek sien 23km/L brandstof verbruik!


->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline 2StrokeDan

  • I've been to paradise, but i've never been to me....
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 22,020
  • Thanked: 882 times
  • RD350 and Rossi!!!!!!
Re: 3 Boetas ry nuwe roetas
« Reply #12 on: August 20, 2014, 09:16:42 pm »
Sommer n RR wat lekker lees!
 

Offline A2J

  • Member
  • **
  • Bike: Suzuki DR-Z 400
    Location: Western Cape
  • Posts: 367
  • JESUS CAN HELP...
Re: 3 Boetas ry nuwe roetas
« Reply #13 on: August 21, 2014, 08:41:11 pm »
hjeerlik hjeerlik.