3 Boetas ry nuwe roetas

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Matewis

Race Dog
Joined
Sep 23, 2013
Messages
2,468
Reaction score
109
Location
Soneike, Kuilsrivier
Bike
BMW R1150GS Adventure
Aan die begin van die jaar het ek besluit dat ek elke jaar met die Vredendal gymkhana Vredendal toe gaan toer met die bike. My planne het so effens verander en toe besluit ek dat ek hierdie jaar Vredendal gaan skip.

Aangesien ek vir 2 en 'n half maande sonder my twee wiele was en stelselmatig redelik baie vervang het, het my gat gejeuk om te ry. My 'Brother from another mother" Panda, het huis gekoop in Vermont en toe sê ek hom sommer dis tyd dat die huis ingewy word.
Ek het 2 lieslappe al laas Maandag in die Championship sous gegooi en 'n fillet steak uitgehaal vir die Saterdag se braai. My swear(Spykerkuif)  het laat weet hy mis dit vir niks en gesê hy kom die Saterdag na werk deur.
Vrydag na werk is ek gou huis toe. Haal die lieslappe uit die yskas en dink nogal in my agterkop, "Nou moet die bak net nie glip nie". Daai gedagte was skaars koud toe is dit so. Gelukkig het die lieslappe mooi in die bak gebly. Championship sous teen die kaste, my skoene, jean, yskas, vrieskas, wasmasjien en die penne-sakkie.
Nou gewoonlik sou ek hierdie tyd 'n paar kragwoorde gelos het ens ens, ek besluit toe hierdie is my wake-up call. Ek het toe doodkalm die bak neergesit. 'n Lap gevat en begin skoonmaak. Lieslappe is toe mooi in ziplock sakkies gesit en vandaar panniers toe.



Rustig opgekit en toe val ek in die pad Villiersdorp toe. Villiersdorp het ek gou Saagie se laaste parte opgetel voor by my bors ingedruk en toe sit ek die stuk in Vermont toe.



By Johan aangekom het ons gou nog Coke gaan kry en toe steek ons vuur op vir die lieslappe. Panda het vir ons lekker skaapchops gehad en ‘n knoffelbrood.  Die Captain’s Organ het gevloei en ons het sommer ons roete vir die Saterdag beplan.
Hermanus vir die sonsopkoms, Napier, Elim en dan Struisbaai en Agulhas.



Net na 7:00 het ons ingeklok in Hermanus voor teen die see en gewag vir die sonsopkoms. ‘n Wildvreemde oom het daar gestop en amper ‘n uur lank staan gesels. Intussen het die son opgekom en ek kon ‘n paar mooi kiekies vat.








Na ons die oom gegroet het is ons tot by Caltex in Voëlklip. Volgemaak en vandaar gery na Stanford, Van Brackelstoor en dan Napier. Net anderkant Van Brackelstoor het ons in die mis ingery. En magtag was dit koud!!! Ek en Panda was di teens: Ons het kouer gekry as in die Tankwa in Maart!!!
Een van die ouens wat saam my werk se familie besit die Moerse Padstal in Napier. Hier het ons eers gestop vir ‘n broodnodige koffie. Die reuk van varsgebakte pasteie en vetkoeke het in die lug gehang en ons het buite gaan sit om ons uit die versoeking te hou.



So moet 'n koffie mos smaak!


Ek het KOUD gekry!!!!
 
Top