Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Suidoos Botswana in 'n neutedop  (Read 10661 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Piet

Suidoos Botswana in 'n neutedop
« on: September 01, 2014, 05:40:08 pm »
Botswana trek soos n sterk magneet aan n seun wat in Gauteng grootgeword het en homself dan in Ellisras bevind.

My avontuurreisgenoot is nog aan die studeer, so die roete word toe saamgeflans in die formaat van n vinnige naweek in-en-uitval. Ons bespiegel die nabygele besienswaardighede op Google se kaart en blaai deur n paar bestaande Wildehond toerverslae om te sien wat te siene is.

Die lootjie val toe op Tuli se privaatreservaat.


DSC04794 by Piet.P, on Flickr

(GPS roete aangeheg)
« Last Edit: September 08, 2014, 12:15:13 pm by Piet »
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,865
  • Thanked: 246 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #1 on: September 01, 2014, 05:46:12 pm »
Dit gaan 'n lekkerlees wees Piet, jy kan maar laat waai.  Ek gaan jou suiwer Afrikaans geniet  :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline SchalkL

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: North West
  • Posts: 3,105
  • Thanked: 60 times
  • Si vis pacem, para bellum
Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #2 on: September 01, 2014, 05:50:30 pm »
Mooi Pietman, ons wag............
Sometimes you don't need a plan, just balls :)
I'd rather ... be riding my motorcycle and thinking about God than sitting ... in Church and thinking about my motorcycle.
 

Offline Piet

Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #3 on: September 01, 2014, 06:02:30 pm »
Ons is egter nie lus vir net uitjaag, toer en terugjaag nie, so ons vleg ook n paar ander krulletjies en draaitjies op die pad in.

Vrydagmiddag teen eenuur se kant, val ons in die pad op n swaargelaaide stofdonkie. Ons laat Ellisras agter en kies koers Groblersbrug toe.


DSC04714 by Piet.P, on Flickr

My selfvertroue is skraps na n ongelukkie in Maart, maar ek besluit om die bul by die horings te pak deur die afdraai Beska toe te vat -regs van die R510 af. Wie wil dan 100km se grysslangpad ry as jy kan rondrits op die land se stofpadnetwerk?

Die Limpoposand l dik. Gelukkig het ek voorberei met ordentlike knoppiesbande! Ek voel die spanning saamtrek van my skouers af, af tot in my greep op die stuurstang. Waar dit sanderig is staan ek kiertsregop, want dis weer leer in kruipstappies! Ek moet kort-kort myself herinner om te ontspan, maar ek wil nie die fiets neersit met Carrie agterop nie! So tussen die benoudheid en angs deur lag ek eintlik vir myself, want 4 maande vroer sou ek hierdie pad sittend gery het met padbande sonder om te blik of te bloos! Dis ongeveer 40km se sweet voor ons weer by die R572 aansluit.

Ons het nog nie middagete geet of geld gewissel nie, so ons stop gou by die Bureau de Change by die klein kafeetjie en eet n vinnige geroosterde toebroodjie voordat ons die res van die N11 aanpak Groblersbrug toe.

By die grenspos is daar 'n nuwe tipe onsekerheid in die lug, want Carrie se paspoortvervaldatum is net kort van drie maande weg - 'n paar dae kort van die voorvereistes. Dis egter nie n probleem vir die Suid-Afrikaanse lynregter nie, en net voor vieruur ry ons oor die Limpoporivier. Carrie steel n foto van die uitsig sommer so in die ry.


DSC04719 by Piet.P, on Flickr


DSC04720 by Piet.P, on Flickr

DSC04721 by Piet.P, on Flickr
« Last Edit: September 01, 2014, 06:09:15 pm by Piet »
 

Offline frans1

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 697
  • Lewe elke dag voluit!
Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #4 on: September 01, 2014, 06:12:34 pm »
Gooi Piet. Ek ry saam.

Lekker ry en veilig wees en kan nie wag vir die volgende storie nie :)
BMW 1200GSA (What a Machine!!!)
BMW R100RS (Busy with the repairs)
BMW 1200GS (Love the bike)
WR 450 Yamaha (Sold)
Yamaha 500 XT (Sold) Yamaha 175 DT (Sold) Honda 90 cc (Gave it away)
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 27,663
  • Thanked: 297 times
    • dustriders.co.za
Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #5 on: September 01, 2014, 06:14:28 pm »
Ek wou nog altyd weet wat gaan aan in die Tuli Blok :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dogless

Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #6 on: September 01, 2014, 07:50:42 pm »
Ek wou nog altyd weet wat gaan aan in die Tuli Blok :thumleft:

Ek wag opgewonde vir res van verslag.

Hijack aan - ChrisL, Ooooo daars baie te doen in die Tuli. Dinge soos kAmp langs limpopo tussen olifante en Solomons wall met sy lekker dinksand rivierkruising. Vir ons was 'n hoogtepunt egter die volgende: ons het met tuli safari lodge se wildkyk voertuig tot by die samevloeiing van die limpopo en sashe riviere gery en was bevoorreg om 'n worsie saam met great pelle daar in die rivierbedding te braai. Fantasties!! Hijack af
I'm either on a trip or planning one
 

Offline Piet

Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #7 on: September 01, 2014, 09:12:17 pm »
Soos dit maar gaan met vakansies wat op die laaste nippertjie verwesenlik, was ons vertrek uit Ellisras uit heelwat later as oorspronklik beplan. Die ekstra uur op die grens slaan toe die spyker in die doodskis en ons besef ons sal moet dink aan roeteverkorting. Gelukkig het ons nie vooruit besluit waar ons slaap nie.

Ons eerste area van verkenning is Tswapong Heuwels. Die heuwels is groener as die omliggende landskap en dit het ons aandag getrek toe ons die wreld op Google bespeur het. Op die lugfotos was daar n smal paadjie sigbaar en ons het gehoop om hom al die pad deur te volg tot by Moeng.


DSC04722 by Piet.P, on Flickr

Vanuit Lerala toer ons weswaarts met die grondpad, tot ons n toegangspad noord kry om ons die vallei in te lei. Met die son wat al n rukkie lank sy kop agter die horison laat sak het, begin dit goed skemer raak. Gelukkig is die pad relatief verlate - ons het al vantevore sulke versteekte skuilplekke genuttig vir die aand.

Onder in die vallei volg ons n beesspoorpaadjie die ruigte in en kies n plat, sanderige ooptetjie vir die tentjie om in te staan. Ek stap terug om die fietsspoor te verdoesel voor ons n paar stukke swaar, droe hout bymekaarsleep. Die aand krioel van geluide, die flamme knetter sagkens voort, terwyl ek ons ingesmokkelde kruisskyf voorberei en teug aan n slukkie Amarula. Bosveldrustigheid sak om ons neer.


DSC04728 by Piet.P, on Flickr

Die vleis-op-n-stokkie is n wenner. Ons smul daaraan en sit die koffie aan die prut. Ons is gelukkig; vanaand is nuwemaan en die sterrehemel bo ons is asembenemd! Ons wys die sterretekens uit, kyk verskietende sterre en kuier oor koffie totdat die uitputting ons tent-in roep.


DSC04746 by Piet.P, on Flickr


DSC04747 by Piet.P, on Flickr
« Last Edit: September 07, 2014, 10:10:03 am by Piet »
 

Offline Jors Troelie

Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #8 on: September 01, 2014, 09:28:40 pm »
Ai ou Piet, wat kan dan lekkerder wees. As 'n man naby die grond grootgeword het, kan jy darem net nie anders nie. Ek gaan self so oor 3 weke daar in jou geweste ronddwaal, en lees dus jou verslag met kwylende afwagting. 
 

Offline mtbbiker

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR-Z 400
    Location: Gauteng
  • Posts: 515
  • Meerkat V2.0
Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #9 on: September 01, 2014, 10:01:38 pm »
Ai dit lyk lekker 👌


Sent from my iPhone using Tapatalk
Without goals and plans to reach them, you are like a ship that has set sail with no destination - Fitzhugh Dodson
Project Meerkat:DRZ rally build http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=86025.0
 

Offline slicknick

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Harley Davidson (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 567
  • When in doubt, flat out!!
Re:
« Reply #10 on: September 01, 2014, 10:48:55 pm »
Piet, ek hou van jou skryf styl. Gaan n goeie RR wees
The path of the righteous man is beset on all sides by the inequities of the selfish and the tyranny of evil men. Blessed is he who, in the name of charity and good will, shepherds the weak through the valley of darkness, for he is truly his brother's keeper and the finder of lost children. And I will strike down upon thee with great vengeance and furious anger those who attempt to poison and destroy my brothers. And you will know my name is the Lord when I lay my vengeance upon thee
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,007
  • Thanked: 47 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #11 on: September 02, 2014, 04:28:11 am »
Lekker RR Piet  :thumleft:
Is daar nog ?   :ricky:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline OOOOMS

Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #12 on: September 02, 2014, 06:23:47 am »
Hmmmm....lyl lekker, sien uit na die res! Mooi pix  :thumleft:
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,091
  • Thanked: 22 times
  • East London
Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #13 on: September 02, 2014, 06:39:42 am »
Ek ry ook saam - gooi nog.

Jou foto's is mooi en ek hou vd suiwer Afrikaans.
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Loneman

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 675
  • Thanked: 1 times
  • Do no harm ( ....but take no shit)
Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #14 on: September 02, 2014, 08:06:27 am »
Lekker RR :sip:
 

Offline cruizaman

Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #15 on: September 02, 2014, 10:07:48 am »
Soos altyd geniet ek jou ritverslag terdee, jy het `n slag met die taal wat die meeste van ons net kan beny! Doet so voort!
 

Offline diebul

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 351
Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #16 on: September 02, 2014, 11:12:57 am »
 :thumleft: :sip:
 

Offline Lem

Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #17 on: September 02, 2014, 11:58:48 am »
hey Piet! great RR, kannie wag vir die res nie. Jy bewys ook vir my dat julle two-up kan toer met n 650, dis tans die size bike wat ek ook het, en dis al wat ek het.

Oja, en ek dink Jupiter gaan jou nou vra of jy nie die KLR se petroltenk wil verkoop nie  :imaposer:

Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Piet

Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #18 on: September 02, 2014, 01:49:52 pm »
hey Piet! great RR, kannie wag vir die res nie. Jy bewys ook vir my dat julle two-up kan toer met n 650, dis tans die size bike wat ek ook het, en dis al wat ek het.

Oja, en ek dink Jupiter gaan jou nou vra of jy nie die KLR se petroltenk wil verkoop nie  :imaposer:



Ja man! 'n Mens moet net nie haastig wees nie, want jy kom nie vining by enige plek uit nie! 650s is die klas om te h!

Neewat, Jup weet dat daai tenk nie sal pas nie... ;D

Dankie vir die komplimente! Die volgende hoofstuk is amper gereed - werk moet net ook tussenin gebeur!
« Last Edit: September 02, 2014, 01:50:54 pm by Piet »
 

Offline weskus

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,305
  • Thanked: 16 times
  • Vrek gewerk!!
Re: Suidoos Botswana in 'n neutedop
« Reply #19 on: September 02, 2014, 02:10:57 pm »
Lekker Piet, ek wag vir die res..
Vorige scooters : Suzuki TS 185, Honda CD 200, Suzuki PE 250, Kawasaki Z650, Yamaha 495 IT, Kawasaki KLX 300, BMW F 650 GS Dakar, BMW F 800 GS, KDX200, KTM300, Suzuki GSXR1000, Honda CD200, tans KTM 990 Adv - toer,  KTM 300 XCW- funrides, KTM 1290 Superduke teerpad en Buff toe & Honda CX500 Custom - bar toe..