Jissou ou maat. Dit is nou sleg van die droogte van werk op die stadium en ek glo en hoop dat die een die een is. Wat ek wel benei van julle ouens is die feit dat julle so baie plekke sien en beleef. Dit sal darem maar interessant en lekker wees om van die plekke kan besoek.
Vaalbaas baie dankie, ja dis meer voorreg as n 'berg'.
Behalwe dat ek die werk nou nodig het om weer 'op te staan' het ek n baie groot liefde soos reeds gemeld vir die see en eilande.
Ek is juis (geen jammergat storie, ek is happy) n aangenome kind, en agv van probleme uit my kinderjare (kom ons blameer die gene

) is ek terug kinderhuis toe as n tiener nadat ek vele maal van die huis weggeloop het. Ek het as kind juis n week deurgebring in veilige bewaring deur die kinderhof beskik in Graaf Reinette se klip polisie selle

So ek is sommer n WD skollie. Daarna kinderhuis en daar het my oe oopgegaan. Skielik het ek die musiek van Pink floyed se musiek gevisialiseer en rebels geraak oor die wors masjien wereld stelsel. Ek het my voorgeneem dat ek in n beroep sal kom waar ek kan dien, maar ook uit kan kom en die Wereld kan sien. Om jou n idee te gee, die eilande is so besonders dat as ek baie geld reeds gehad het ek sommer verniet daar sou werk. Dit kan egter n tronk wees, ek see alryd een man se hel is n ander se hemel.
Jy kies om gelukkig te wees en om nie n drol in die deinkwater te wees nie.
Al wat my vang met tye, Gough het n bitter klein span. Of 8 of 9 vir n jaar ekspedisie....manne dis eensaam, maar sie keer vat ek n guitaar saam en gaan ek ook begin skryf aan my boek. Ek het baie om te deel, en doen dit met liefde
Sent from my SM-J500F using Tapatalk