My eerste trip op my eerste bike :-D

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Boskind27

Pack Dog
Joined
Jun 5, 2014
Messages
402
Reaction score
1
Location
Tableview
Bike
Suzuki DR650
Ons trippie was bietjie delayed Vrydag middag, want my ou het nuwe tyres laat fit die vorige dag en toe hy oor die middelmannetjie wou ry by die sy werk, het die nuwe tyres nie saamgespeel nie en hy het neergeploeg. Hy was fine maar die Tiger het ‘n paar wonde om die storie te bevestig.:(
Ek weet nie of ek meer opgewonde op senuweeagtig was nie. na 4 naweke op grondpad ry was ek maar nog lekker skrikkerig vir wat sou voorle. Ek dink my ou was bang ek gaan nie meer as 14km per uur ry op die grondpad nie, want dit was my gemiddelde tot dan…. ;)Dit is die eerste keer in ‘n jaar wat ek terug is Cederberge toe, wat ‘n gereelde destination was vir klim. Dit is waar ek my ma se as ‘n jaar terug gestrooi het en my ou ontmoet het.

Ons het 16:30 Blouberg verlaat en die N7 in verkeer aangepak,Vlentergat ( my CRF250L) was nie vreelik gelukkig as hy meer as 115km moes ry. Ons het net vinnig iets geeet op Citrusdal en die grondpad van Citrusdal na Clanwilliam ( langs die Olifantsrivier aangepad net na 20:30) Ons het heel goed gevaar, behalwe dat ek ‘n nou ontkoming gehad het met ‘n padvark wat sekerlik 120km om ‘n draai gejaag het. Ek is nou nog nie seker hoe ek nie deur hom getref is nie, my ou het try toot om my aandag te kry en te waarsku en vir die ou aan te dui ek is om die hoek, maar ek het niks gehoor nie net ligte sien afpyl op my. Was bietjie shaky na dit, maar het die pad weer aangedurf.Ons het by ons destination aangekom so net na 11 die aand. Ek weet nie maar die oomblik wat ek in die Cederberge gekom het, het ek sommer meer confidence gehad.( behlawe vir ‘n rukkie na my noue ontkoming) O btw ek het darem so 50-55 km gery op die grondpad en nie 14 nie tot my ou se verligting 
Saterdag het ons die pad verby Jamaka gery na Oasis, dit was great! Kyk ek dink my ou was toe nou al bekommerd dat ek op daai stadium bietjie cocky raak en staande op een stadium 77km gery het…. die uh cockygeit het wel  gestop na ek om ‘n draai  nie vinnig genoeg kon stop nie en toe die verkeerste ding doen en my voorrem trek en net daar neer ploeter. Behalwe my ego het my Bike se gearlever  seergekry en ek het ligament geskeer, maar ek en Vlentergat het nie dat dit ons stop nie. Oom Gerrit by Oasis het my gearlever so geswys da  hy nou sterker as ooit is. Ons het die aand sommer by Oasis oorgeslaap terwyl ons klere ten duurste by Boskloofswemgat oorgebly het. Ons het saam met 3 nuwe vriende Truitjies toe gery vir ‘n sundowner, kyk daar is ek en my ou weer van die bike af, maar hy ( * Sandstar)  kan maar self daai staaltjie vertel as hy sou wou Ek was nie juis‘n happy camper na die 2de val nie,so het maar bietjie tranerig na ek weer my ma moes groet en het maar dat iemand anders my Vlentergat na Oasis ry.  Ek het wel beter gevoel na ‘n Hunters en oom Gerrit se famous ribs en chips.

Die volgende dag het ons nog klomp nice mense ontmoet op pad terug na Clanwilliam om ons klere te gaan haal, ek was maar bietjie skrikkerig en nie so confident soos die vorige dag nie, maar het darem later weer gerus geraak en die scenery geniet.

Om ‘n lang storie korter..want die storie raak nou bietjie lank moet ek se dit ‘n fantastiese eerste bike trip en ten spyte van die pyn in my enkel was ek spyt dit was verby en ons kan nie wag om weer te gaan nie!! Nou moet die voet net gesond!!

Behalwe die scenery wat soos altyd amazing is en net iets aan mens se siel doen was dit great om soveel ander mense op allerande bikes te ontmoet en almal is reg vir help en ruil stories uit. Niemand judge omdat mens nog ne ‘n gesoute ryer is nie en meeste is maar versigtig. Het paar mense ontmoet met wie mens rerig in kontak sal bly en van hulle is nogals Wilddogs ook :-D

Ons het meer video footage geneem as fotos, maar hier is paar fotos, ek het vir paar van jule belowe ek sal post. Dankie vir al julle hulp met roetes en gear, hopelik gaan ek nie meer so baie vrae vra nie  Ek het actually iemand ontmoet van die forum wat gewonder het of ek Boskind is van al my posts ( bloos) So dankie julle! En veilig ry 
 

Attachments

  • photo 1.JPG
    photo 1.JPG
    311 KB · Views: 501
  • photo 1 (3).JPG
    photo 1 (3).JPG
    371.3 KB · Views: 499
  • photo 2 (3).JPG
    photo 2 (3).JPG
    181 KB · Views: 493
  • photo 2.JPG
    photo 2.JPG
    310 KB · Views: 500
  • photo 4.JPG
    photo 4.JPG
    221.4 KB · Views: 499
  • photo12.jpg
    photo12.jpg
    278.7 KB · Views: 495
  • photo 3.JPG
    photo 3.JPG
    161.3 KB · Views: 498
Top