Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!  (Read 3156 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« on: September 13, 2014, 02:37:28 pm »
Ons kom nou al so 17 jaar sonder 'n TV klaar.  Ja, daar is lewe na TV, glo dit of nie. So elke tweede week of so dan neem ons 'n half dosyn of wat DVDs uit en dan kyk ons die flieks wat ůns wil kyk.  Die enigste DVD winkel in Graaff-Reinet wat ons sal toelaat om hulle vir 'n week of wat te hou, is so 'n snaakse winkeltjie/internetkafee/goedkoop lekkergoed/faksplek en ons maggie die heel nuutste flieks uitneem nie.  Maar teen R5/DVD kan ons nie kla nie.  En daar is 'n paar oulike flieks ook, goed wat mens al van vergeet het.  Flieks met Robert Redford in voor hy nog so geplooi en gevou was.  Toe flieks nog verfilm was en nie op 'n rekenaar gemaak is nie.

Maar wag ek loop myself nou vooruit.

Dis die laaste tydtjie hier effe bedrywig gewees met die lammery maar diť is nou so oppie hond se stert.  Ek is al amper gatvol vir Boerbokke. Amper maar nie heeltemal nie.  My moermeter loop party dae so hier naby aan die rooilyn en ek voel ek moet nou bietjie gaan langpad grond ry. My 2IB herinner my gister die DVDs moes al Donderdag terug gewees het. Ha, dink ek, hier's my kans.  

Vanoggend vroeg gou die lammerkrale deurgestap en sien als is agtermekaar, die baas vannie plaas kan maar sleep.  Trek gou my ryklere aan, rol die fiets uit die motorhuis en laat waai.  Dis lekker vars, en nogal koel so voor die son uit is. Ek ry lekker rustig tot by die teerpad.  So in die ry besef ek dat ek toe die dekselse DVDs by die huis gelos het.  Maar ek ry nou te lekker om om te draai, sal hulle volgende week maar terugvat en die boetetjie betaal.  By die teerpad aangekom, trek ek maar by my gebruiklike waterafslaanstop af om gou die 2IB te bel en laat weet ek het die goed by die huis gelos.  Toe ek my valhelm afhaal hoor ek daar kom 'n bakkie met die grondpad aangery.  Ek kyk weer mooi en sien, heng! dis my 2IB wat hier aankom.  Sy mis my seker nie nou al nie.

Nee glimlag sy, sy weet ek stop altyd hier, toe bring sy maar die DVDs. Sy't gehoop sy sal my inhaal.  Ek sal haar moet inruil, sy ken my al tť goed.





Ek ry maar rustig teerpad langs tot in die dorp waar die ou DVD winkeltjie nog nie oop is nie,  maar ek sien die ou binne.  Ek klop oppie deur en gee sy flieks terug.  My plan was om sommer so grondpad van die Murraysburgpad af, Nieu-Bethesda toe te ry, daar by Tannie Idyl en Oom Niel hulle se plekkie op die dorp ietsie te eet en nonsens te gesels en dan weer plaastoe.  Ek ry uit die dorp uit, lekker rustig.  Gaan so 'n paar bergfietsryers wat die lekker lenteoggend ook geniet, verby.

Dis darem maar mooi, sulke groot wye oop vlaktes, water en berge, blou lug, stil.  





Dis mos hier in die rivierloop - daar waar die dam nou lÍ - waar die Ingelse daai jare vir Gideon Scheepers, Kaapse rebel in die Anglo-Boere Oorlog, summier tereggestel het.  Ek wonder of dit dalk so 'n vars mooi oggend soos vandag was toe hy vir die laaste keer sy geliefde land gesien het. Dis seker maar in ons Afrikaners se gene geteel:  die heimwee en hartseer wat altyd met die mooi sy verskyning maak.

Ek ry aan oor Oubergpas, sommer stadig want dis mooi en ek wil rondkyk en dit geniet.  Nog 'n klompie fietsryers trek heel links dat ek hulle kan verbygaan.  Ek bou motorfietsrysers se aandele en groet hulle beleefd.  Dis 'n oor en weer gewaaiery en dan is ek verby.  Bo op die lekker teerpas draai die Nieu-Bethesda grondpad regs uit en ek bewonder die uitsig oor die dam na Graaff-Reinet in die verte.  Nou'sit lekker!  Ek draai die 800 se oor effe, staan op in die klassieke BMW meerkat styl en glimlag sommer breedt.

Jissie ouens, dis mooi, dis lente, dis warm, dis stil dis oop dis grondpad dis vryheid.  Ek wil vir die lekker sommer vinnig ry maar ek wil stadig ry om als te sien en te geniet.  Diť potslagters het seker diť skaap geniet, die skaap en die boer nie soveel nie.  Bliksems!









Die wilgers loop al mooi uit





Tipiese Karookoppies, sommer baie van hulle







Oor 'n bult gekom, le die plaas Rietpoort voor my, sy spilpunt an't loop daar doer regs, lusern lÍ geilgroen onder die silwer water. Daai hoŽ bergpiek doer ver is Kompasberg uit 'n ander hoek gesien.





Hier moet ek stop.  Ek het immers van daai goedkoop jellie babies by die DVD winkeltjie gekoop.  





Dis 'n snaakse gevoel; ek wil ry want dis sommer oop, maar ek wil 'n wyle hier vertoef want dis so mooi en stil en oop.  Maar wag, ek het dit mos reeds gesÍ.  In elk geval, ek stap toe so 'n ent die pad op terwyl ek so peusel aan die lekkergoed.

Dog toe dit lyk soos 'n goeie plek vir 'n selfie.  Dink nie ek het diť nuwegeit al onder die knie nie.





Daar is sulke koueweer vlieswolkies wat in die lug is, maar hieronder is daar nie eens 'n grashalm wat roer nie.





En toe kom Dorsland tuis op Dorsfontein.  Nou se tyd is daar darem 'n klamigheid oppie lande maar dit lyk my so in die somer kan diť plaas dors raak.   Harde plaas, ek hoop die boer het ook 'n winterplaas, anders gaan dit bars hier.  







Ek ry verder.  Oor 'n bult, 'n stuk sinkplaat en om 'n draai en toe is dit paradys sommer langs Dorsfontein.  Watergoud in die dorre Karoo.  Kompleet met populiere en wilgers en groenvoerlandjies langs die stroom se loop.  Ai man, dis mooi.  Sommer 4 kiekies mooi ...



















Soos ek ry sien ek die spuitstrale van die vliegtuie doer bo,  dit moet koud wees daar, nog nie lente by hulle tussen daai vlieswolkies nie.





Ek moet weer stop om dit af te neem, sommer die skaapMacDonalds ook, (dis nou die turksvylande).  Terwyl ek daar staan en kiekies neem, sien ek diť boer moes sy suipdam onlangs mooi sement en sout uitgeverf het.  Dit lyk sommer soos 'n swembad.  Ek soek die Kreepy Krauly maar ek dink die kraaie of die jakkalse het hom gevat.  





In elk geval, daar is nie nou tyd vir ginnegaap nie, my maag dink al hoeka my slukderm is afgesny, Oom Niel hulle se plekkie roep al hoe harder.  

Opsaal kerels!  Nieu-Bethesda toe!  

Dis die lekker van die platteland.  Daar sit ek oppie stoep en tee drink en eers stop Charl, die meulenaar/bakker op Nieu-Bethesda.  Hy vertel van sy meulkoppeling wat gebreek het en hoe hy dit laat herstel het. Hy vertel van sy growwe regte egte koringmeel, van polenta, van regte brood wat binne 'n dag oud word.  Nie soos vandag se windbrode wat na 10 dae nog vars is nie.  Dan kom sit tannie Idyl en vertel van die boek wat sy en oom Niel soggens saam lees omdat sy oŽ te sleg geraak het.  Sy vertel oor die tuisskool wat sy vir haar kleinkinders gee (sy is 'n oud onderwyseres), oor hoe die veld vanjaar stadig is om aan die gang te kom, oor die onenigheid onder die dorpie se mense oor een of ander kleinigheid.  

En ek het vrede in my hart oor die onbenullighede waaroor ons gesels, oor die kleindorpgeit van dit alles, oor die plat op die aarde mense wat hier woon en lewe.  Ek kan nog lank hier sit en die eenvoud daarvan saam my tee indrink.  

Maar ek het 'n hengse klomp lammers op die plaas wat my oog oor hulle benodig.  Ek ry verder.

Die Karoo se mooiste maand - Oktober - lÍ om die draai.  Maar nou, hier van bo-op die Sneeuberge, lyk die wÍreld daar onder swart gebrand.  Hy wag nou op reŽn.  




Die natuur gee darem so 'n voorskou van hoe dit gaan lyk oor 'n paar weke van nou.  (Die ou Karoomanne moet maar help, ek leer nog die name)


Daar is kapokbos ...






... gousblomme...







... bloublommetjies...





.... Jakkalsblom ...






... kankerbos...

,



januariebos...





Hulle beginne nou net hulle pragtige lenteklere aantrek.  Dis nie nou lank nie dan lyk ons wÍreld soos 'n paradys.  

Ai, dis maar 'n beslommernis om die DVDs terug te neem.  


« Last Edit: September 13, 2014, 05:39:07 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline pietas

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R80GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,198
  • Thanked: 22 times
  • Gryskop seuntjie
Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #1 on: September 13, 2014, 02:48:45 pm »
Jis, broer maar julle bly in 'n mooi omgewing. Ek geniet jou stories
Groot berge en lang grond paaie
 

Offline Titanic

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,544
  • Thanked: 1 times
  • Life begins at 260.
Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #2 on: September 13, 2014, 03:08:48 pm »
Laaste keer wat ek die ou se stories lees.
Ek is nou so jaloers ek is sommer depresief.
 

Offline Sandban(g)k

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,992
  • Thanked: 61 times
  • Bultfontein
Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #3 on: September 13, 2014, 03:09:53 pm »
Jy maak altyd dat mens wil opklim en saamry!

As ek eendag groot is, kom ek kuier sodat oom my kan leer van die lewe! Ons jongmanne wil mos nog net jaag....
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,142
  • Thanked: 44 times
  • East London
Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #4 on: September 13, 2014, 03:10:58 pm »
Dis nou 'n lekker storie - dankie vd deel. :thumleft:
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Brandt

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,496
  • Thanked: 1 times
Re:
« Reply #5 on: September 13, 2014, 03:20:00 pm »
Baie dankie vir die RR. Ek sal graag eendag in die Karoo wil gaan bly vir so bietjie rus en vrede.
 

Offline Crossed-up

  • Pangaman
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,556
  • Thanked: 68 times
Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #6 on: September 13, 2014, 03:25:53 pm »
I really enjoyed this - thanks!  It's a gift to be able to communicate the feeling of travelling this beautiful land.  

Just a small ride, but a great report.
 

Offline Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,190
  • Thanked: 33 times
Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #7 on: September 13, 2014, 03:33:36 pm »
I really enjoyed this - thanks!  It's a gift to be able to communicate the feeling of travelling this beautiful land.  

Just a small ride, but a great report.

 :thumleft: :thumleft:

Dankie vir die deel. 
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Online subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,148
  • Thanked: 83 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #8 on: September 13, 2014, 03:41:39 pm »
Mooi kiekies en pragtig geskryf  :thumleft:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #9 on: September 13, 2014, 05:10:49 pm »
Dankie julle.  Ja was so 'n kortetjie maar nogtans lekker.  Ai Titanic, nee man, klim sommer daai fiets van joune en ry die vlaktes in.  Fietsry maak altyd die kop bietjie skoon.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #10 on: September 13, 2014, 05:11:42 pm »
I really enjoyed this - thanks!  It's a gift to be able to communicate the feeling of travelling this beautiful land.  

Just a small ride, but a great report.

Thanks CU, I think we all enjoy different aspects when we ride.  Glad you enjoyed it  :thumleft:


Jy maak altyd dat mens wil opklim en saamry!

As ek eendag groot is, kom ek kuier sodat oom my kan leer van die lewe! Ons jongmanne wil mos nog net jaag....

Neewat SB, ek leer nog elke dag self,  maar jy is welkom om saam my te kom leer  :biggrin:  Wanneer lees ons bietjie 'n RR met daai 800 van joune?  Of het jy hom verkoop  >:D
« Last Edit: September 13, 2014, 05:13:42 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Sandban(g)k

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,992
  • Thanked: 61 times
  • Bultfontein
Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #11 on: September 13, 2014, 05:33:30 pm »
Nee hys nog nie eers ingeloop nie. Dis mos amper plantseisoen, so ek hardloop nou bietjie rond... Maar binnekort...
 

Online Crab

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,005
  • Thanked: 7 times
Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #12 on: September 13, 2014, 06:13:37 pm »
Lekker!
Look for a shooting star and see Lynda's trail and remember all the great places you shared with her,she will never forget what she shared with you and will show you that in every starry night .
 

Offline AcidSam

Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #13 on: September 13, 2014, 07:50:07 pm »
Aai Laaik  :biggrin:
2007 BMW F650GS Dakar
Its not getting what you want, its wanting what you have.
We live by FAITH and not by SIGHT.
 

Offline Bokveld

Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #14 on: September 13, 2014, 09:27:45 pm »
  Dankie Dorsland.Daai rantewereld van julle bly maar mooi.Ek gaan more solank lewe,self bietjie die veld invaar.
 

Offline luv2ride

  • Strand brak
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,911
  • Thanked: 28 times
  • Strand brak
Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #15 on: September 14, 2014, 04:53:23 am »
Jislaaik, maar dis mooi daar  :drif: Jy gaan koop seker elke dag brood en melk in die dorp. Ek sou!

BMW S1000XR and BMW R1200R
BMW F800GS - sold, Honda NC700X -Sold; BMW1150GSA -sold
BMW F650 twin - sold
BMW F800ST - in bike heaven Kawasaki KLR 650 - sold Kawasaki ER6F -sold Yamaha FZ6 - sold BMW 1200GS - sold BMW 650 Dakar - sold Yamaha XJ750 - stolen Honda MT5 - given away as scrap
 

Offline Batstrom

  • Newbie
  • Bike: Suzuki DL 1000 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 3
Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #16 on: September 14, 2014, 07:19:57 am »
Brilliant report, its a rare pleasure to read such well written descriptive afrikaans....
Current:
2014 DL 1000 , Husqvarna Nuda 900R,Husqvarna SMR 450, Husqvarna/ KTM TE 300, Eaglewing 160 scooter
Past:
Husqvarna TE 450, DL 650, PGO 110 racing scoot, Husqvarna 300 2t, KX 450, DR 400 motard, DR 800, GSXR1100, GSXR 750 Yoshimura, GSXR 400, CB 900F, RZ 350 YPVS
 

Offline Jman

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki XF650 Freewind
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,513
  • Ride the freewind like you stole it
Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #17 on: September 14, 2014, 07:40:14 am »
Het dit nou geniet, dankie vir die deel  :thumleft:
 

Offline Knucklhead

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,350
  • Thanked: 97 times
  • aka: Mooseknuckle/ knucky/knuckles/philistine
Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #18 on: September 14, 2014, 07:43:34 am »
Mooi dorsland
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
« Reply #19 on: September 14, 2014, 10:55:37 am »
Dankie julle  :thumleft:  Ek het die regte dag gekies, vandag is oortrokke en die wind waai lekker.  Ja, 'n ou is maar dankbaar vir dit waarmee jy geseŽn is.  Soos my 2IB altyd sÍ: mag ons nooit gewoond raak aan dit nie.



Brilliant report, its a rare pleasure to read such well written descriptive afrikaans....

Thanks Batstrom, glad you enjoyed it :thumleft:
« Last Edit: September 14, 2014, 10:56:19 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven