Ekskuus, ek het nie besef jy het hier kom inloer nie.
Die maklikste om te verduidelik: As jy verby die Langeberg Mall ry van Mosselbaai af Hartenbos toe, dan draai jy regs by die robotte waar die Enjin Garage is. Jy sal Laerskool Hartenbos se sportgronde ook regs van jou kan sien.
Die beste is om sommer te parkeer by die vulstasie en by die wassery in te gaan. (net bokant dit sit die Wiimpy) In die wassery sien mens nie regtig 'n aanduiding dat daar 'n museum is nie, so die beste is maar om te vra waar die bestuurder is sodat hy/sy dit vir jou kan oopsluit. As dit 'n middeljarige man is, sal dit waarskynlik Jan die eienaar. Ligloop vir hom, hy beweeg in BMW GS kringe!
Die museum sit in 'n geboutjie net langs die wassery, maar dis op die wassery se perseel, so mens sal dit nie van die Spar se parkeer area af sien nie.
Die foto's wat hier opgesit is is maar net 'n druppel in die emmer van wat daar is. Dit was regtig vir my 'n groot treat om die plek te besoek.
xxx