En Jy Dog Stryk Is Net Vir Vroumense?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dusty Rusty

Grey Hound
Joined
Sep 20, 2010
Messages
5,807
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
Honda XR250 Tornado
So rukkie terug het ek op Hartenbos gekuier.  Behalwe vir tone in die seesand druk en half beswymeld  in die son lê en bak is daar darm so bietjie rondgeloop ook.

Meeste  mense kuier op  Hartenbos tydens die somervakansie. Dan is dit ‘n besig dorpie waar alles stadig en in lang rye gebeur.  Dou voor dag open drawwers en strandlopers die strand met hul voetspore op die nat sand.  Bont sonsambrele begin een vir een op die strand oop pop.  En voordat jy jou oë  kan uitvee is die strand vol songebrande lywe wat in die branders rondplas, toutchies speel of lui lekker in die son lê en bak.  Buite seisoentyd is die strand egter verlate (mens  kan amper sê  die hele dorp) en kan jy maklik dit net  vir jouself hê. 
 

Attachments

  • strand 1.jpg
    strand 1.jpg
    84.3 KB · Views: 444
Top