Dusty Rusty
Grey Hound
So rukkie terug het ek op Hartenbos gekuier. Behalwe vir tone in die seesand druk en half beswymeld in die son lê en bak is daar darm so bietjie rondgeloop ook.
Meeste mense kuier op Hartenbos tydens die somervakansie. Dan is dit ‘n besig dorpie waar alles stadig en in lang rye gebeur. Dou voor dag open drawwers en strandlopers die strand met hul voetspore op die nat sand. Bont sonsambrele begin een vir een op die strand oop pop. En voordat jy jou oë kan uitvee is die strand vol songebrande lywe wat in die branders rondplas, toutchies speel of lui lekker in die son lê en bak. Buite seisoentyd is die strand egter verlate (mens kan amper sê die hele dorp) en kan jy maklik dit net vir jouself hê.