Toyrun to Tankwa Padstal This Weekend: Departure Details On Page 1

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dusty Rusty

Grey Hound
Joined
Sep 20, 2010
Messages
5,807
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
Honda XR250 Tornado
Ons kry mekaar [SATERDAGOGGEND, HALF 9  by die SHELL Garage in CERES.     Dis net oorkant Engin, waar Steers en Spar ook is.  Dis voor die eerste robot as mens inkom by die dorp.  

BRING BAIE SWEETIES EN SKRYFBEHOEFTES ASB
  ;D :ricky: :ricky:


Ons Wilddogs het nog nooit die kans gehad om grondpad langs ons eie Toyrun te doen nie.  Maar nou kan ons!  Op  1 November hou Tankwa Padstal hulle jaarlikse Gemeenskapsdag.  Die jaar mis ek dit vir niks nie!


Wat Alles Gaan Gebeur:


Die Carthorse Association gaan die Karoo donkies  “diens”  (die perde ook) en sommer hulle tuie ook nagaan.
Mobiele Tandarts
Mobiele Oogarts
Poppekas vir die kinders
Boeresport
Slangvertoning
‘n Moontlike uilvertoning

Op Die Berg se ouetehuis bak vir almal wat kom inloer gratis roosterkoek
Soos meeste van julle weet het Tankwa Padstal ‘n winkeltjie en ‘n kroeg.  Susan gaan (soos wat sy elke naweek maak) haar lekker burgers verkoop teen R40 elk

Waar Die Wilddogs Inkom:

Wat daarvan as ons vir die Tankwa kinders ‘n groot verrassing gee en ‘n Toyrun vir hulle doen?  Kan jy jou die gesiggies indink as Vader Krismis  en sy maters op ‘n klomp bikes met geskenke daar aankom? ( Wie wil Vader Krismis in 'n rooi pakkie wees?  ;D )

Daar behoort so 40 Karoo kinders te wees tussen die ouderdomme van 5 en 16 waarvoor ons geskenke kan bring.  Susan stel voor dat ons dalk maar moet probeer om so veel as moontlik “ageless” geskenke te bring. Dalk sal balle en tennisrakkete en sulke goed werk.

Wat se julle ouens? Gaan ons dit doen?

:ricky:

UPDATE:

Al het die padstal afgebrand gaan ons nog steeds voort met die Toyrun.  Susan-hulle sien baie uit daarna.  
Ek weet daar is BAIE dinge wat nou oor naweke begin gebeur maar kyk groot asb of julle  die  Toyrun as 'n WILDDOG event kan bywoon.  Op bl 2 / 3 post ek foto's en pryse van speelgoed wat goedkoop hier in Parow te koop is.  



 :ricky:   :santa:   Tankwa Toyrun Crew   :santa:  :ricky:

1.   Nismark
2.   Garfield
3.   Redro
4.   Sharne
5.   Slovac
6.   Sparky
7.   Doefie
8.   Kuifie (laat ons net eers seker maak dat hy nie elders moet wees nie!)
9.   LRfan
10. Malmoer
11. Lommies en een van die dames in sy lewe
12, Dragonfly-XC!
13.  Lem en Anmar dalk, ons wag net vir die go-ahead
14.  Arno en 'n paar pelle oorweeg dit ook om te kom











:ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky: :ricky:  Kom saam!  Dit gaan lekker wees!     :blob7: :hello2: :santa: :laughing6: :laughing6: :laughing6: :laughing6: :laughing6: :eek:ccasion18: :eek:ccasion18: :eek:ccasion18: :eek:ccasion16: :eek:ccasion16: :eek:ccasion16: :eek:ccasion16: :eek:ccasion16: :eek:ccasion5: :eek:ccasion5: :eek:ccasion5: :eek:ccasion5: :eek:ccasion1: :eek:ccasion1: :eek:ccasion1: :eek:ccasion1: :toothy10: :toothy10: :toothy12: :toothy12: :toothy9: :toothy9: :toothy9: :wav: :wav: :paw:




 
Top