Kan nie sien hoekom jy jou waarborg sou verloor nie? Jy het direk aan die battery gekoppel en nie die fiets se bestaande bedrading aangeraak nie, dus behoort dit geen invloed op die waarborg te hê nie.
Dit gesê, ek wou ook drade direk aan die battery koppel en die ouens wat die waarborg besluite maak het wenkbroue gelig daaroor, kwansuis oor die rekenaar kan "agterkom" daar is drade aan die battery gekoppel en gevolglik in "shutdown" gaan of so iets. Ek glo dit nie vir 'n oomblik nie. Ongelukkig hou hulle die hef in die hand in hiedie opsig en ek weerhou myself ook maar daarvan om sulke veranderings aan te bring tot die waarborg verby is.
Edit: Dis 'n netjiese installasie daardie, goed gedaan.