Op soek na die ou grotes

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Jors Troelie

Race Dog
Joined
May 15, 2014
Messages
603
Reaction score
102
Location
Cape Town
Bike
BMW R1200GS Adventure
Soos alles in die lewe, voel ek dat elke rit ook ‘n doel behoort te hê, anders kan dit maklik ontaard in ‘n doellose rondryery in die hoop om iets interessants raak te loop. Indien jy nie ‘n doel het nie, dink dan een uit, soos om vir jou ouma in waar-ook-al te gaan kuier, al het jy nie eens ‘n ouma nie. Vir party mense is die doel om sonder beplanning in 'n rigting te ry om bietjie kop te skrop, en dit is ook goeie doel.

Met 5 dae op hande, besluit ek om die ou grotes te gaan opsoek, dit is nou die plantaardige soort, maar ook die dierlike soort. Volgens my berekeninge is dit die soort van doel wat my ‘n redelike afstand kan laat ry in dele van die land wat ek nog nooit voorheen besoek het nie. As kind kan ek onthou hoe die weervoorpspelling altyd verwys het na “anderkant die Soutpansberg” asof dit ‘n ander wêrelddeel kon gewees wees.

Na heelwat beplanning lyk my roete as volg:



Vrydagoggend half-vyf ry ek by die huis in ‘n poging om die oggendverkeer te mis. Aangesien ek ‘n stel nuwe bande op het, ry ek maar soos ‘n kerk-mens vir die eerste uur, sodat die bande eers goed kan inloop. Net na 6-uur stop ek by die Petroport buite Preoria en ontdek dat ‘n massiewe lang spyker in die splinternuwe agterband ingesteek het. Binne ‘n paar minute het is die gat gestop met ‘n snotwurm, en die vulstasie se pomp ingespan om die band weer op te blaas. Na koffie is dit voort met die plan om ontbyt te nuttig in Warmbad, maar met my aankoms daar net voor 7-uur is alles nog toe. Die lus vir ry is groter as die lus vir ontbyt, en ek vat die grondpad verby Sondela, algemene rigting noordoos. Na wat soos ‘n ewigheid voel, begin die bergagtige Legalameetse natuurreservaat uiteindelik naderkom. Vir die wat nie weet nie, Legalameetse is geleë suid van die Wolkberge, terwyl Magoebaskloof noord van die Wolkberge is. Die avontuur begin nou eers in alle erns.


 
Top