Hi Dorsland, ons bly hier maar net tydelik. Het nog so twee jaar om te gaan. Dit is beslis 'n ander wereld. Frankryk is baie mooi en BAIE skoon. Daar bestaan omtrent nie iets soos 'n vervalle klein dorpie nie. Alles is altyd baie netjies. En die paaie is ongelooflik alhoewel daar nie eintlik grondpad bestaan nie. Daar is meer agterpaadjies deur wonderlike landskappe as wat mens in 'n leeftyd sal kan behartig. Enige kaart op 'n redelike skaal lyk steeds soos 'n bord spaghetti. Frankryk het die voordeel dat 'n groot deel van die jaar redelike rytyd bied, selfs in die winter. Mens het hier die opsie om saam met jou bike op 'n trein te klim en 'n paar ure later in 'n heel ander streek te wees. Dit skakel lang ure op hoofpaaie uit.