Kontak nommers in n noodgeval?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

African child

Pack Dog
Joined
Feb 10, 2009
Messages
219
Reaction score
0
Location
Highlands - Grabouw
Bike
KTM 690 Adventure
Ek het vandag weereens gehoor van biker wat 60km vanaf Sutherland geval het en na erenstige beserings ure lank in die veld moes le tot hulp ontbied kon. Nou ek het nie al die feite nie, maar soos ek verstaan was n groot deel van die probleem die onvermoe om kontak te maak met die nooddienste. Ek praat nou nie van selfoon ontvangs ens. nie, maar meer spesifiek van om kontak te maak met die regte mense. Ek praat uit bittere ondervinding waar ek in n soortgelyke geval betrokke was toe my beste vriend in n kritieke toestand was en ons nie n mediesehulp by ons kon uit kry nie asgevolg van die onherbergsame area en afstand. Al het jy n satfoon, sonder die regte kontaknommers beteken dit min asgevolg van die rondslomp wat jy ondervind met die " gewone " noodnommers. In ons geval het ons vir meer as n uur gesukkel om enige daadwerklike reddingspoging aan die gang te kry, dit nadat ons eers na twee en n halfure n telefoon kon bereik.

My voorstel is dat ons n lys maak van noodnommers en persone wat gekontak kan word in verlate areas soos die Tankwa, Richtersveld, Baviaanskloof, Knersvlakte, Namibia ens. sodat dit vir almal beskikbaar is en saamgeneem kan word op n trip in hierdie areas. Dit hoef nie noodwendig mediesie se mommer te wees nie maar dalk, Boer in die area, Lodge eienaar, man tot n donkiekardrywer enige iemand uit die area wat die regte mense ken sodat hulp vinnig en efektief ontbied kan word.  

Dalk kan die Mods vir ons so n lys onder " Planning n ride " sit???
 
Top