Hi,
ek het so 2 tot 3 maande terug van Slaapstad tot Nelspruit gery (met motorfiets) voorheen ook gereeld die N2 gery en meer probleme met bokke en beeste gehad.
In my opinie is die 'gevarlikste' deel rondom PE. Die res van die pad is ek op my gemak.
Hou op die N2 en as jy bekommerd voel 'mik' om naby iemand anders wat ook daai rigting ry te bly. Die meeste probleme kom as niemand jou sien nie of jy moet stop. (Robot ens)
Ek het die volgende voorwaardes hier by my. Alles draai om oplettendheid.
1. Pak die motor dat niks van waarde sigbaar is. (ek gooi 'n ou gordyn en dan 'n broek of wat oor die goed in die SUV.
2. Sluit die deure as jy inklim. (hulle het al twee keer hier in Kaapstad 'saam met my vrou probeer ry')
3. As jy moet stop (verkeerslig ens) stop so dat jy kan wegry as dit nodig is (effe na links of regs en ten minste 2 motor lengtes terug)
4. Geen selfoon, beursie of wat ook al sigbaar van buite.
5. As jy brandstof ingooi moet nie dat hulle jou beursie sien. Maak hom in elkgeval so leeg as moontlik met sommer jou ouma se vervalde bankkaart.
6. as jy iets verdag in die pd sien (klippe ens) kyk onmiddelik rond vir die booswigte en moet nie onkant gevang word!!
Omdat jy 'n vroumens is kan jy 'n breerand hoed kry om 'soos 'n man te lyk'

Aan die einde van die dag kan jy nie beheer wat gaan gebeur maar jy kan die kanse daarop verminder met:
OPLETTENDHEID!!!!
Ek weet nie hoeveel probleme by padblokades self voorkom nie omdat daar nie veel 'wegkomkans' is.
Sterkte
Adie
Laat ons Stof Maak
rockfox.co.za