HP se enjin gedaan op 16000km- NOU SOOS NUUT!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Jun 24, 2012
Messages
31,643
Reaction score
7,938
Location
Slowveld
Bike
KTM 890 Adventure R Rally
My HP2 gekoop met 11000km op.
Dealer het my verseker die fiets is gediens op 10000km deur Volker ( edit - Gunther Meyer) - inskrywing in boekie lyk suspect.
'n week gelede het ek die fiets laat diens by BMW(nou op 16000km) en deur hulle die CAT verwyder. Olie en filter, ratkas en diff olie, brakefluid voor en agter.
Laas Vrydag die fiets gaan haal en Saterdag offroad kursus gaan doen. Nie die fiets neergesit of mishandel nie. Gedurende die kursus begin agterkom bike verloor krag. Voor ek huistoe ry bel ek mechanic, hy sê dis veilig om die 60km tot by huis te ry.
Bike nou ingevat, kompressie laag. Enjin moet oopgemaak word.... :dousing: :dousing: Dit alles 100km na 'n diens?? Bike was perfek voor die diens.......Wat is die kans??

Dit alles nadat daar reeds omtrent R50 000-00 op die bike spandeer moes word binne 'n week nadat ek gekoop het by 'n BMW dealer! https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=154520.0
 
Top