Sneeuwitjie is terug op die forum

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Frankrzzgp

Race Dog
Joined
Oct 26, 2014
Messages
726
Reaction score
3
Location
Brakpan
Bike
KTM 950 SE
Hi almal ek het pas aangesluit bydie forum, nadat ek so ruk terug bietjie navorsing begin doen het oor die S10 en hier op die forum afgekom het....(baie inligting gekry, dankie)  Ek het vir my vandag my wit tenere gekoop by Shimwells in Boksburg... Tot my verbasing kom ek op fotos af van my fiets op die forum! Dit is toevallig woody1 se bike! Ek hoop ek gaan lekker saam julle kuier en hoop ons kan nog paar kilos ook saam hardloop. woody1 dit sal vir my 'n eer wees om ook die eerste eienaar van sneeuwitjie te ontmoet en te hoor waar sy jou al orals gevat het!(en dalk te sê wat als op haar is ;) )
Bietjie inligting oor myself, ek kom ook van Brakpan af en het 'n sterk liefde vir Yamaha, op die oomblik het ek 'n FJ1100(blou en WIT), R1(charcoal en lava red), yzf450 ('n vinnige witte) en dan nou uit eindelik 'n wit s10! Ek hoop ek kan haar die week gaan haal, my gat brand om bietjie te gaan ry en voel hoe sy haar bene rek!
Ek sal fotos post sodra ek hierdie tapatalk ding reg kry of dalk die laptop gebruik.
Groete
Frank
 
Top