Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 4 Dae in Malawi.......  (Read 16541 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline DRED

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: North West
  • Posts: 54
  • ITS ONLY BLACK AND WHITE THAT COUNTS
Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #100 on: November 06, 2014, 01:02:24 pm »
Die kasava waarvan Duster praat is n wortel wat lyk soos n patat, wat die pb afskil en in blokkies sny om gedroog te word.
Hierdie blokkies wat nog nat is het 'n onaangename reuk aan hom. Dit word dan gedroog op matte en soms sommer so langs en op die teerpad om die hitte te gebruik
om dit vinniger droog te kry. Sodra dit droog is word dit dan gemaal in 'n hammermeule tot fyn meel wat dan gebruik word om brood en vetkoeke te bak.
Hulle maak ook slap tjips van die kasava en dit smaak dan ook heel lekker as mens honger is.
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #101 on: November 06, 2014, 06:17:22 pm »
Ag dankie tog, een het opgestaan!! ;D  Dankie Johan, ek kan net nie al daai detail onthou nie.

Waar was ons laas?  O ja ek onthou skielik die bestuurder daar by Eco Lodge se naam is Watson!  Doen jouself 'n guns en gaan bly daar as jy ooit in daardie rigting gaan.  Jy sal nooit spyt wees nie.

Ons het sommer dadelik staanplek uitgesoek en wou net begin tent opslaan toe Willie vra of ons nie met Watson moet onderhandel vir die kamers nie.  Onthou julle die klein tentjie.......

Na lang en intense onderhandelinge het Willie en Sonja 'n kamer uit Watson uitgewurg vir 'n mooi prys, en hulle het 'n dubbelbed gehad om op te slaap!!  Ek en Johan het maar ons ou tentjies opgeslaan en gerieflik gemaak, terwyl Willie hulle al in die meer baljaar het, want hulle het net uitgepak.

Ons het natuurlik eers Watson se yskas voorraad beloer en bestellings ingesit, want by die water word mens mos dors.  Intussen is Stoffies hulle solank af meer toe en ek moet sÍ, sy was baie happy!!!  Ek was geseend met die mooiste vrou en dan was sy nog gelukkig ook!!!  Dit het my net so happy gemaak.

Karien het sommer vir haar 'n plekkie uitgesoek waar sy vir die 2 dae kon rondhang. :imaposer:
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #102 on: November 06, 2014, 06:36:35 pm »
Johan het op 'n stadium ons almal bymekaar geroep en gesÍ daar is een van die mans wat ons 'n aanbod wil maak.  Hulle wou ons op 'n daguitstappie neem die volgende oggend na 'n eiland toe, en terwyl ons snorkel duik, maak hulle vir ons middagete op die eiland.  Nadat ons geŽet het, gaan voer hulle die visarende en dan maak hulle die aand vir ons tradisionele aandete op die strand.  Alles ingesluit, R400 per kop.  Ons het dadelik geboek en met die vooruitsigte van more, in die water rondgespeel soos kinders.

Stoffies het so oor die water getuur, en toe ek haar vra wat  sy dink, het sy gevra of ek dink die kinders sal kwaad wees as ons nie teruggaan RSA toe nie?  Sy sou graag hier wou bly!  Moet sÍ die gedagte was aanloklik, hoor!

Ons was besig om van die mense se krale en klere ens te kyk wat hulle so op die sement slipways oopgooi, toe Stoffies op die slipway in die waterkant gly en op haar gewrig val, met haar kop onder die water in.  Toe ek omdraai om haar op te help, trap ek ook daar en val ook half in die water in op my rug.  Nou ja, vergete is die inkopies en gelukkig het ek nie seergekry nie, maar Stoffies se regter gewrig was moertoe geswel.  Ek het dadelik gedink dis af.  Sy het onmiddelik in skok gegaan en ek het haar gou lodge toe gevat en in 'n bad warm water laat lÍ.  Pyn pille ingejaag, haar gewrig met deep heat gesmeer en styf met rekverband  verbind.  Ek was erg bekommerd, en so ook die ander.

Gelukkig is sy 'n yster, so hard soos diamant, maar baie meer waardevol.  Sy het die aand saam ons verder gekuier en was gemaklik, maar met 'n gewrig wat pyn soos 'n tandpyn.

Ons het sommer aandete by die lodge bestel en ounag die maan oor ons sien opkom, koffie gedrink en dankie gesÍ vir die lekker wat ons kan geniet, en dis alles genade.

Einde dag 7.  Totale afstand ongeveer 265km.

"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #103 on: November 06, 2014, 06:53:15 pm »
Gelukkig het Stoffies 'n redelike rustige nag gehad, en ons moes net heeltyd keer dat ek nie oor haar gewrig rol nie.  Sy het gesÍ dit is steeds baie seer, maar gaan nie haar vakansie vertroebel met 'n ou seer gewriggie nie.  Ek het haar uit die aard van die saak gehelp aantrek en soms amper vergeet ons moet nog die dag in..... :pot:

So 9uur se kant, nadat ons die koelbokse volgemaak het en seker gemaak het ons het alles, is ons "All aboard" geroep deur die skipper (kan weer nie sy naam onthou nie) en die man wat die motor beman het, Luckfoot!  Darem onthou ek sy naam!!

Hulle het ons eers so teen die kus af gevat om hout vir die vuur op te laai en toe is ons vort eiland toe.  Dit was rerig soos op 'n eiland vakansie.  Ons het self daai gevoel van paradys ervaar.

Die middag se ete se vis was op die bootjie se dak uitgepak, klaar gesout en half gedroog.  Willie kon nie anders as om dit vir my uit te wys nie!  Die laaste foto is nie middagete gewees nie, dis ete vir die visarende!
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #104 on: November 06, 2014, 07:02:48 pm »
Wat het ons nou weer by die eiland kom maak?  Snorkel!!

Hier het ons lekker gelag, hoor.  Johan en Karien kan maar snorkel, soos visse in die water.  Willie is glad nie onhandig nie en Sonja het self die masker opgesit, maar onseker gelyk.  Ek kan snorkel, maar het my hande vol gehad met 'n wyfie wat sukkel om haar kop onder die water in te sit.  Eers moes ek haar in die water kry met die seer hand wat heeltyd oral stamp en druk, en toe is die oppervlak net groot ronde klippe wat so glad soos sn...., baie glad was.  Uiteindelik het ek haar op 'n rots laat staan en die vissies vir haar gelok sodat sy dit ook kon sien.  Dit was vet pret gewees.  Sonja kan natuurlik praat deur 'n snorkel en ek lag nou kliphard as ek net weer daaraan terug dink.  Die vissies het aan haar geknibbel, want sy het brood in haar hand gehad, en sy het so groot geskrik dat sy opgevlieg het en iets geskree het wat klink soos "Hulle byt my!" maar dit deur 'n pyp!! :imaposer:

Ons het geskud soos ons gelag het.  Ons was in die Malawi meer, en dit was hemels!!
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #105 on: November 06, 2014, 07:40:19 pm »
Willie en Sojna het alweer onderhandel met 'n roeier en sy bootjie geleen vir so 'n kort trippie.

Ek het die kosmakery so deur die loop van die oggend dopgehou en gewonder as "gewone" mense moet sien hoe die manne met die kos werk, of hulle dit sou eet.  Daar word met die hande kos opgeskep, voorberei, uitgeskep en sommer geŽet ook.  Maar ons is hulle gaste vir die dag gewees, en dit was lekker om so bederf te word.

Hulle is ook nie skaam om op te skep nie, jy eet jou trommel dik aan heerlike kos.  Die vrouens kon nie alles opeet nie, dit was eenvoudig net te veel.  Ek het my laaste krummel opgeŽet en was moeg daarna!
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #106 on: November 06, 2014, 07:53:41 pm »
Oral kry jy maar die strand verkopers, en sels op die onbewoonde eiland word jy nie gespaar nie.  Karien was gaande oor 'n mooie stuk material, en sy het uiteindelik vir haar 'n sak bestel wat van die material gemaak moet word.  En wraggies, die aand tydens ete was die man daar met die sak, presies soos sy hom bestel het, met binne voering die lot!

Nadat almal klaar geŽet het, is daar opgepak en angstig het ons uitgesien na die visarend voerdery.  Op die bootjie, linksom die eiland en wraggies, daar bo in die bome sit seker 6 visarende.  Die geskree van die visarend is seker een van die mooiste geluide wat ek al gehoor het.

Die skipper het die dooi vis gevat en so skirl fluit gegee.  Die visarende het hul koppe so skuins gedraai en toe gooi hy die vis in die water in, seker nie meer as 30 meter van ons af nie.  Een het dadelik opgestyg en so 'n draai gevlieg voordat hy sy duik begin het en swierig, met vere fladderend en swiepend op die dooie vis afgepyl.  Ek kan dit nie beskryf nie, maar kry weer hoendervleis as ek net die geluid van die wind deur sy vlerke hoor en die vis sien opstyg saam met hom uit die water uit!  Awesome!!!!

Ons kon dit regkry dat 3 van hulle vis kom haal het, en het toe stadig terug huiswaarts begin vaar.  Daardie gesig sal ek lank in my memories koester.

Die ou anker ketting op die skip was vir my 'n geleentheid om my ou kameratjie se vermoŽ tot die uiterste te toets.  Mooi uitgekom.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #107 on: November 06, 2014, 07:59:25 pm »
Dit was nou eers ongeveer 13:00 en ons moes iewers gaan geld trek om vir ons verblyf en drank verbruik te betaal.  So 50km van die lodge af is die naaste auto teller en ons het die bikes opgesaal en vir 'n middag rit gegaan.  Oppad terug het ons by 'n ander lodge gestop en dit was ook 'n baie mooi plek.  Ons het teen skemer eers weer by Eco aangekom, toe brand die vure al hoog op die strand waar ons die aand getrakteer sou word met nog 'n baie lekker ete.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #108 on: November 06, 2014, 08:41:40 pm »
Johan het natuurlik verbrand in die water terwyl hy gesnorkel het.  Karien se skouers het seer gebrand en die res van ons was sissies en het onder die handdoeke geskuil.  Maar daar was niks lekkerder as om op die strand te wees terwyl die son sy sak gesak het nie.  Die fotos moet maar die praatwerk doen.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #109 on: November 06, 2014, 08:49:36 pm »
Daar is min goed so mooi soos die son wat oor die Malawi meer ondergaan.

Ons het ons weereens trommeldik geŽet, die keer aan hoender, rys, aartappel en ander groente.  Dis afgesluk met 'n paar koues en Willie het ons bederf met elk 'n glasie wyn.  Die aand was te kort en die lekkerte was baie!!!

Die aand is afgesluit om die strandvuur en die sterre oor ons hoofde as 'n nagwaak vir die aand wat voorlÍ.

Einde van dag 8.
Totale afstand gery was ongeveer 100km.  Beslis die lekkerste dag van die toer sover!!!

Malawi!!!  Hooohaaa!!!
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #110 on: November 06, 2014, 09:04:27 pm »
Dag 9.
Roete:  Cape Maclear na Senga Bay.

Ons verblyf by Eco Lodge is heeltemal te vining verby, maar ons plan om nader aan Lilongwe oor te slaap het steeds baie sin gemaak.  Ons het die oggend gou rekeninge vereffen en vir Watson en sy span 'n baie mooi tip gelos.  Hulle het ons op hulle hande gedra en bederf soos jy net kan hoop om in ons eie land bedien te kan word.

Ons eerste stop was Monkey Bay, want almal was gaande oor die dorpie.  Met baie beskeidenheid gesÍ, Monkey Bay sal my nie weer gou sien nie.  Ons was by 2 lodges aan gewees om iets te drink en sommer te kyk hoe dit daar lyk.  Die eerste plek se naam kan ek nie onthou nie, maar die plekkie is vervalle en ons was skaars 10 minute daar toe weet ons wat is die eienaar se totale lewensverhaal, nie wat ek wou hoor nie!  Die 2de een was Venus Beach lodge.  Dit lyk baie mooi daar en dit was 'n eventful rit soontoe.  Die sand was effe dik, en Stoffies het sommer intrapslag afgeklim en gestap.  Willie en Sonja het sommer tot by die lodge gery met die ligter 800, en Johan het die Geen Sand op sy sy laat lÍ.  Ek het stoei-stoei en paddle paddle deurgery, maar 'n paar benoude oomblikkies gehad.

Hier het ons kapentas geŽet en 'n bier gedrink.  Stoffies was weer in haar element by die meer.  Ek kan ons hier iewers sien oor 15 jaar, permanent!

Fotos 1-10 is van Eco tot by die lodge wat ek nie se naam kan onthou nie.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #111 on: November 06, 2014, 09:08:16 pm »
Die fotos is die inry na Venus beach lodge en bietjie daar.

Willie wys hoe die kapentas geŽet moet word.  Die kop en stertjie word afgebreek en die res word geŽet!
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline BLK

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #112 on: November 06, 2014, 09:16:24 pm »
Thanks for the beautiful pics and RR.I felt like I was on the same trip as you.

Thks again
 :)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #113 on: November 06, 2014, 09:18:27 pm »
Maar niemand kan kapentas eet soos Sonja nie.  Sy het dit beslis die meeste geniet!! :imaposer:
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline TVB

  • Deleted Users
  • Grey hound
  • *
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: North West
  • Posts: 5,979
  • Thanked: 1 times
Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #114 on: November 06, 2014, 11:49:56 pm »
Ongelooflike lekker rr, kannie onthou wanneer laas ek so lekker saam gekuier het op n rr nie!

Het die dame se gewrig darem mooi herstel, geen fraktuur of so?
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #115 on: November 07, 2014, 12:34:11 pm »
Ongelooflike lekker rr, kannie onthou wanneer laas ek so lekker saam gekuier het op n rr nie!

Het die dame se gewrig darem mooi herstel, geen fraktuur of so?
Ons het die Saterdag teruggekom en die Sondag gou deurgery 1 Mil Hosp toe.  X-trale wys gelukkig geen kraak of breek nie, maar wel 'n stukkie been wat gechip is.  Sal hopelik oor so 3 weke van nou af goed genoeg herstel het.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline TVB

  • Deleted Users
  • Grey hound
  • *
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: North West
  • Posts: 5,979
  • Thanked: 1 times
Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #116 on: November 07, 2014, 01:45:49 pm »
Ongelooflike lekker rr, kannie onthou wanneer laas ek so lekker saam gekuier het op n rr nie!

Het die dame se gewrig darem mooi herstel, geen fraktuur of so?
Ons het die Saterdag teruggekom en die Sondag gou deurgery 1 Mil Hosp toe.  X-trale wys gelukkig geen kraak of breek nie, maar wel 'n stukkie been wat gechip is.  Sal hopelik oor so 3 weke van nou af goed genoeg herstel het.

Ai man, alles terkte! Ek as medic het daardie foto een kyk gegee en was taamlik oortuig dat daar n fraktuur is/was. Die stukkie been wat gechip het is dan ook n form van n 'breek' en ongelooflik seer. Jou vrou is n yster om steeds verder die trip met julle te kon geniet het en vernaam terug op die motorfiets.

Net so n stukkie extra: Omdat die gewrig so broos raak onder onder effe ouer manne en dames (vernaam as n dame dalk n hysterectomy gehad het) is dit altyd n goeie ding om n wrist guard wat interchangeable  is saam te neem op n adventure ride of selfs net enige vakansie. So ook n 'knee guard'. Ek gee almal atyd daardie advies en natuurlik kry jy verskillende kwaliteit van die goed. Ek beveel hier aan dat mens ook vir absoluut die beste kwaliteit wat jy kan bekostig gaan, want die 'wrist guards' het nou al so oulik geraak (van die duurder tipes) dat daar n gaatjie vir die duim is en dat hy extend oor n deel van die hand. Maw selfs as daar n onstabiele fraktuur soms is kan mens die wrist guard gebruik as n 'splak'. Dis net baie belangrik om in ag te neem dat met fraktuure mens altyd swelling het, die velkleur word gewoonlik atyd blou en daar kan ook onatuurlike vorm wees soos die been geskuif het uit die natuurlike posisie. Baie belangrik dat mens nie te stywe 'kontrapsie' daar het nie en dat mens so af en toe die vinger naels druk en dat die rooi kleur binne 2 sekondes terug is. (perfusie of sirkulasie toets)

Elkgeval, welgedaan!  :thumleft:
 

Offline T Rex

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,894
Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #117 on: November 07, 2014, 01:47:58 pm »
Duster , ou maat .....

Ons het lank uitgesien na hierdie een. Weereens het jy dit meesterlik geskryf. Die fotos kleur die storie so mooi in  dat ek voel of ek saam was.

Ons is bly julle is veilig en het die trip so Baie geniet. Hierdie is daardie klas  stories wat ons , hopelik , op die ouetehuis se stoep oor sal praat.

Nou moet ons net Plaaslik iets reel !!!

Dankie nogmaals vir die deel.  :thumleft:  :thumleft:
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #118 on: November 07, 2014, 07:42:39 pm »
Ongelooflike lekker rr, kannie onthou wanneer laas ek so lekker saam gekuier het op n rr nie!

Het die dame se gewrig darem mooi herstel, geen fraktuur of so?
Ons het die Saterdag teruggekom en die Sondag gou deurgery 1 Mil Hosp toe.  X-trale wys gelukkig geen kraak of breek nie, maar wel 'n stukkie been wat gechip is.  Sal hopelik oor so 3 weke van nou af goed genoeg herstel het.

Ai man, alles terkte! Ek as medic het daardie foto een kyk gegee en was taamlik oortuig dat daar n fraktuur is/was. Die stukkie been wat gechip het is dan ook n form van n 'breek' en ongelooflik seer. Jou vrou is n yster om steeds verder die trip met julle te kon geniet het en vernaam terug op die motorfiets.

Net so n stukkie extra: Omdat die gewrig so broos raak onder onder effe ouer manne en dames (vernaam as n dame dalk n hysterectomy gehad het) is dit altyd n goeie ding om n wrist guard wat interchangeable  is saam te neem op n adventure ride of selfs net enige vakansie. So ook n 'knee guard'. Ek gee almal atyd daardie advies en natuurlik kry jy verskillende kwaliteit van die goed. Ek beveel hier aan dat mens ook vir absoluut die beste kwaliteit wat jy kan bekostig gaan, want die 'wrist guards' het nou al so oulik geraak (van die duurder tipes) dat daar n gaatjie vir die duim is en dat hy extend oor n deel van die hand. Maw selfs as daar n onstabiele fraktuur soms is kan mens die wrist guard gebruik as n 'splak'. Dis net baie belangrik om in ag te neem dat met fraktuure mens altyd swelling het, die velkleur word gewoonlik atyd blou en daar kan ook onatuurlike vorm wees soos die been geskuif het uit die natuurlike posisie. Baie belangrik dat mens nie te stywe 'kontrapsie' daar het nie en dat mens so af en toe die vinger naels druk en dat die rooi kleur binne 2 sekondes terug is. (perfusie of sirkulasie toets)

Elkgeval, welgedaan!  :thumleft:
Dankie TVB, het nie te styf verbind nie, maar sy het met die bike ryery die hand in die bokant van haar baadjie ingedruk om die hand stabiel te hou.  Dit het goed gewerk.  En nou het sy 'n gewrig guard om saam te vat op trips.  Jy het baie goeie raad gegee, dankie.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #119 on: November 07, 2014, 07:44:40 pm »
Duster , ou maat .....

Ons het lank uitgesien na hierdie een. Weereens het jy dit meesterlik geskryf. Die fotos kleur die storie so mooi in  dat ek voel of ek saam was.

Ons is bly julle is veilig en het die trip so Baie geniet. Hierdie is daardie klas  stories wat ons , hopelik , op die ouetehuis se stoep oor sal praat.

Nou moet ons net Plaaslik iets reel !!!

Dankie nogmaals vir die deel.  :thumleft:  :thumleft:
Baie dankie TREx, dit was 'n ongelooflike nice trip.  Sal enige tyd weer gaan.  Jys reg, ons moet sommer volgende jaar iets reel sommer so in ons eie land.  Groete tuis, hoor.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)