Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 4 Dae in Malawi.......  (Read 16629 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #120 on: November 07, 2014, 07:49:27 pm »
Het ek al ges dat Stoffies mal was oor Malawi, veral by die meer?  Check die uit!!
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #121 on: November 07, 2014, 07:57:31 pm »
Ek sal maklik ook daar gaan bly, maar met 'n vrou wat so wil rondhang heeldag sal ek dit moet heroorweeg, anders gaan ek alles self moet doen!! ???

Die terugry na die teerpad toe van die lodge af, was sonder voorvalle, of omvalle, maar Stoffies en Karien het die tyd benut om mooi fotos van die mense daar te neem terwyl hulle gestap het.

Van daar is ons na nog 'n naby lodge om te sien wat hulle aanbied.  Dit was die Chipoka Lake View lodge.  Die kroegie s alles!!

Ons het egter 'n paar koues daar geniet voor ons weer die pad gevat het na Senga Bay toe.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #122 on: November 07, 2014, 08:20:30 pm »
In Senga, of Salima, soos hulle dit noem, het ons geld getrek.  Sonja het gou 'n taxi nader geroep en so 'n vinnige spin saam die drywer geneem.

'n Jong mannetjie het ons kom kos aanbied!!  Eish, lyk soos mossies of so wat oor die kole gebraai is.  Ons was nie baie honger nie!!!  Maar net voor die hotel se ingang het ons gou 'n paar mooi tamaties vir aandete gekoop.  Onthou ons gaan vanaand by Steps slaap.  Omdat dit alweer op middagete was, het ons besluit om ete te bestel, lekker te ontspan en dan kampplek toe te ry en tent te gaan opslaan.

Middagete was heerlik en ons het ook vir Nick en sy vrou ontmoet wat van Engeland af kom, maar in Lilongwe werk.  Hy is 'n direkteur van 'n skool daar en sy kontrak verstryk oor 3 jaar.  Dan gaan hy en sy met die 1200GS van Malawi af terug Engeland toe ry.  Ek weet nie wat sy nog doen nie, maar sy vrou ry elke oggend perd.  (Nee, ek kon dit nie van haar bene aflei nie!  Sy het self so ges!)

Ons het na ete gou gaan betaal vir die kampplek en toe aangesuiker Steps toe.  Dis net langsaan die hotel, maar toe ons daar aankom, lyk dit soos Margate se strand, die dag net voor Kersfees.  Die kamp is oop vir dagbesoekers, en dis Sondag.  Dit het gewemel van mense, oorverdowende (nie Afrikaanse) musiek en braaivleis rook.

Daar was nie 'n spot oop om ons tente op te slaan nie.  Die hekwag het ges ons moet net chill, die mense moet 17:00 uit wees, dan kan ons tente opsit.  En dit was nou eers 15:00.  Haaaallllooooo!!!  Hierdie kite gaan nie vlieg nie! :dousing:

Ons was redelik omgekrap oor die situasie, want die prentjie was nie aan ons geskilder toe ons betaal het nie.  As ek reg onthou is aan ons ges dat Steps die beste kampplek in Malawi is.  Huh??   Miskien in die week, ja!

Ons het gou beraadslaag, die besluit gemaak om net 'n klein ent terug te ry en 'n ander kampterrein te gaan verken.  Ek en Johan is na een toe, maar toe ons sien "Day visitors", net omgedraai en vir Willie gaan wag.  Hy het na 'n ander een gaan kyk.

Daai was blykbaar 'n opsie en Sonja was baie chaffed.  Ons het egter reeds betaal by die hotel en dadelik vir Willie afgevaardig om te gaan onderhandel om ons geld terug te kry.  Wat hy toe reggekry het.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #123 on: November 07, 2014, 08:28:53 pm »
Ons slaapplek was die Safari Beach lodge.  Die eienaar het ons sy private strand area aangebied om ons tente op te slaan.  Wat 'n prentjie.  Die enigste nadeel was dat ons alles teen 'n baie steil trappies moes afdra, want die paadjie van bo af vir die bikes was vir my net te steil en riskant.  Willie wou nog waag, maar ons het toe eerder alles gedra.  Die besluit om na 'n ander kamp te gaan soek ,was weereens 'n baie goeie een.

Na ons kamp opgeslaan het, het ons bietjie in die water gaan afkoel en die aand met worsbraai en ander bykosse om die kampvuur afgesluit.  Vanaand het ons ook 'n Pinto Tinto oopgemaak wat Johan vir ons saamgery het.  Die botteltjie was amper leeg toe ons gaan slaap het.  Dankie mater, daai rumpie het goed afgegaan.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #124 on: November 07, 2014, 08:42:55 pm »
Dag 9 was op die strand afgesluit.  Afstand vir die dag was ongeveer, en ek raai nou omdat ek nie boekgehou het nie, 140km??

Dag 10:  Roete: Senga Bay na Chipata toe.

Foto 1.  Dis wat ons gesien het toe ons wakker word.  Ek gaan dit mis!!!

Maar nie die apies nie.  Hulle is nogal lastig.  Een het Johan se gasbotteltjie gesteel en ek het met moeite hom gekry om dit te laat val.

Na ontbyt het ons met moeite alles weer opgedra bikes toe en in die pad geval Lilongwe toe.  Vandag moes ons weer totsiens s vir Sonja wat sou terug vlieg Jhn toe.

Die fotos wys die goed wat die Malawiers op enige iets sal laai.  Onthou ek het vroer geskryf dat ek nog vab dit sal wys.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #125 on: November 07, 2014, 08:54:53 pm »
Die oggend het redelik vining gevlieg en ons was seker so 9:30 by die lughawe.  Sonja se vlug was eers naby 12:30, maar ons het besluit om nie te wag nie, maar aan te stoot sover ons kan.  My plan was om by Mama Rulas in Chipata te oornag, maar as ons verder kon stoot, het ons 'n kans om tyd op te maak sodat ons meer tyd by Vic Valle sou kon h.  Nadat ons 'n vinnige brunch by die lughawe gehad het, het die swaar groet gekom.

(Ek kan nie dink dit was vir Willie lekker om te groet nie, en ek het my vriend rerig jammer gekry!)  Maar die lewe wag mos vir niemand nie, en loop soos hy loop.

'n Uur later was ons weer by Mwami grenspos en dit het sommer voor die wind gegaan.  Geen gelde om te betaal nie, want alle papiere is 30 - 90 dae geldig.  What a pleasure!  Tot ons temperatuur gemeet om te kyk of ons nie ebola het nie!  Hier het ons ook al ons Malawi geld terug geruil na Zambiese kwatchas.

As julle eendag in Malawi gaan kuier, onthou tog om die geld wat jy spandeer het, te onthou, want dis een van die strikvrae as jy uitgaan.  En jy moet iets insit, anders stempel hulle nie jou paspoort nie.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #126 on: November 07, 2014, 09:05:51 pm »
Ons was heeltemal te vroeg in Chipata en het besluit om te stoot vir Petauke, waar ons ook met die gaan slag oorgeslaap het.  Ons het gou iets in die Spar gekoop om ons rantsoene en water aan te vul, voor ons in die pad geval het.  Die groter winkels in al die lande waar ons was, is baie goed gevoorraad, met alles wat ons nodig gehad het.

Ek het vertel van die kruisie wat ons by Kate se boom gaan vasslaan het.  Lodie en Katie het ook in 'n kerkie gaan sit op hul toer, en na die vrouens geluister terwyl hulle gesing het.  Dit was vir hom baie spesiaal, en het ook die kerk se gps vir my gegee.  Vandag het ons daar gstop en sommer net daar rondgestaan en gewonder hoe dit vir hulle daai tyd was.  Lodie, die fotos is vir jou en Kate.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #127 on: November 07, 2014, 09:13:53 pm »
Van die kerkie af was dit nie te ver na Katete toe nie, en ons het daar op die stoepie van 'n winkel gesit en koeldrank drink.  Die verbygangers was soos ons nou al gewoont geraak het, baie geselserig en wou alles van ons weet.

Ons was so naby 16:00 op Petauke en het voor half 5 weer met 'n koue bier in die hand gesit.

Daardie aand reeds het ons oor Willie se kaart gebukkend gesit en soek vir 'n korter pad Malawi toe, want dis die moeite werd om weer te gaan.  Ek dink daai aand is die beplanning begin vir die volgende Malawi trip??? :3some:

Willie was daai aand weer alleen in sy tent, en het baie plek vir himself gehad! ;)

Einde van dag 10 gewees.  Totale afstand was ongeveer440km.

"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline TVB

  • Deleted Users
  • Grey hound
  • *
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: North West
  • Posts: 5,979
  • Thanked: 1 times
Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #128 on: November 07, 2014, 10:33:30 pm »
Ek sou nogal gedink het dat mens deur Botswana kan sny eerder as Zimbabwe?

n Pad wat ek graag weer wil doen is deur SWA en die Caprivi strook, dan oor die rivier in Zambia in en sommer deur al die pad na Malawi. Sal nog mooi gaan beplan aan daai een!
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #129 on: November 08, 2014, 02:24:36 pm »
Ek sou nogal gedink het dat mens deur Botswana kan sny eerder as Zimbabwe?

n Pad wat ek graag weer wil doen is deur SWA en die Caprivi strook, dan oor die rivier in Zambia in en sommer deur al die pad na Malawi. Sal nog mooi gaan beplan aan daai een!
TVB, Botswana is definitief 'n opsie, maar is net verder.  As ons meer tyd gehad het, sou ons dit oorweeg het, en dan Beitbrug uitgesny het.  Die kortste pad van Naboom af is Beitbrug, Masvingo, Mutare, oor die grens in Mosambiek in en dan reguit noord na Tete en van daar af direk Blantyre, Mangotchi na die meer toe.  Gaan dit in gedagte hou volgende keer.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #130 on: November 08, 2014, 02:29:35 pm »
Dag 11.
Roete"  Petauke na Lusaka, was die beplanning, maar omdat ons gister mooi tyd opgemaak het, het ons besluit om daarop voort te bou en te stoot tot by The Moorings Campsite, naby Monze.

En so het die dag oor ons gebreek, met die belofte van nog 'n geleentheid om alles te geniet wat die Skepper verniet vir ons gee.

Nou was ons mos op 'n pad wat ons net 'n paar dae tevore ook gery het.  Net 'n paar fotos wat ons gesien en ervaar het.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #131 on: November 08, 2014, 02:36:59 pm »
Net oor die Luangwa brug het die Zambiese Binnelandse sake 'n padblokkade gehad en ons moes almal ons paspoorte wys.  Dit was ook 'n geleentheid om bene te rek en weer koeldrank te koop.

Die pad Lusaka toe was maar redelik eentonig, en die baie wrakke was weereens opmerklik, dat dit nie weggesleep word nie, maar sommer so langs die pad bly l.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #132 on: November 08, 2014, 02:47:07 pm »
Die vorige keer wat ons die oggend uit Lusaka uit weg is, het dit ons 1,5h geneem om deur die stad te ry.  Ons het weer begroot vir dieselfde tyd, maar het eers middagete by Mike Kitchen gaan eet.  Dit was baie lekker en nadat ons die bike ook volgemaak het, baie vinniger deur die stad as wat ons beplan het! :pot:

Toe ons by die garage wegry, sien ek Willie wat voor ry, is haastig, en ek draai om en s vir Stoffies "Willie moet oppas vir te vining ry!" toe s sy ek moet oppas, daars 'n spietkop in die pad. :3some:

Nou ja, Willie is mos ons onderhandelaar, en ons staan toe maar in die skaduwee tot hy terugkom en s ons moet ry, alles uitgesort.  Dit het hom R200 gekos, maar die aanvanklike boete was R600, R200 vir elke bike!!  Ons het hom maar daai aand getreat met 'n koue een!
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #133 on: November 08, 2014, 02:59:08 pm »
Net vir belangstelling, die foto op die vorige post van die petrol pomp se lesings, is 15lt wat Johan in sy 1200GS gegooi het na ongeveer 330km se ry.

The Moorings is 'n beesplaas tussen Lusaka en Livingstone en ek en Stoffies het in 2011 se toer ook daar oornag.  Ons was vroeg genoeg daar om daglig nog tent op te slaan en te settle met 'n paar koues.

Iets waaraan ons nog moet gewoont raak, en op die trip het ons dit 'n paar keer ervaar, is dat die kamp opsigters dieselfde storte as besoekers gebruik.  En dan wag hulle nie tot almal gaan slap het nie, hulle stort sommer dieselfde tyd as ons.  Maar dis mos hulle plek, en hulle is anders as hier by ons, houding gewys.

Ons het lui lekker op die groot stoep rond gel en chill, aandete uit die tasse gemaak en baie rustig tente toe gedwaal.

Foto nr 74 wys Willie hoe lyk 'n biker as hy heeldag in die saal was, en 75 is nog een van my persoonlike gunsteling fotos van die toer.

Einde dag 11.  Totale afstand gery:  600km.
« Last Edit: November 08, 2014, 03:11:32 pm by Duster »
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #134 on: November 08, 2014, 03:10:42 pm »
Die aand was vir my gekenmerk deur die varke wat so deur die nag geraas het, (plaasvarke) en die honde wat redelik geblaf het.  Ek het daai aand nie so lekker geslaap nie.  Maar die volgende oggend het ons redelik vars opgestaan en uitgesien na die pad wat voorl.

Ons was elke oggend dou voor dag wakker, en vanoggend het ek weer my kamera gegryp en die foto van die sonopkoms geneem.  Wat 'n voorreg.

Ons het ontbyt gemaak, opgeslaan en soos ons elke oggend gemaak het, kringetjie gestaan, Sy beskerming oor ons dag gevra en toe in die pad geval.  Die plaaspaadjie moes ons deel met die beeste, en daardie heerlike reuk van vars beesmis en stof sal ek lank onthou.

In Choma het ons gestop en watersakke volgemaak en die res van die pad aangedurf Livingstone toe.

"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #135 on: November 08, 2014, 03:19:45 pm »
Karien het die fotos van die bikes se voorwiele geneem om te wys hoe vuil die bikes was.  Maar ons toer mos, hulle kan nie heeltyd skoon bly nie!!

Die pad wes na Livingstone was sonder voorvalle, maar my boude het rerig begin seer word.  Die ouens wat al blas onder die voete gehad het, weet mos hoe dit voel as jy jou voet optel en die pressure van die blaas afhaal??  My alie het so gevoel elke keer as ek gemeerkat het.  Dit het kompleet gevoel of die vel wegtrek van die vleis af.  Maar ons is mos nie sissies nie, en het dit gevat soos 'n man!!  Die vrouens het nie so gekla soos ek nie, weet nie hoe hulle boude gevoel het nie!?

Ons het so elke 100-150km gestop om bene te rek.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #136 on: November 08, 2014, 03:23:31 pm »
11:15 was ons in Livingstone en het reguit na The Waterfront toe gery waar ons getent het.  Ons het ook al hier geslaap en weet dat die dek die plek is om te ontspan met 'n yskoue bier en middagete.  En dis wat ons toe gedoen het.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #137 on: November 08, 2014, 03:26:06 pm »
Nog pics. van op die dek.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #138 on: November 08, 2014, 03:34:53 pm »
Ons het na ete gou die bikes gevat en sommer net so met kortbroeke en plakkies na die brug toe gery waar hulle bungy jump.  Teen die tyd was dit snikkend warm en die bikes se temp meters het onderskeidelik 41,5 en 43 grade Celsius gewys.  Ons is eers by die doeane in om dagpasse te kry en toe rustig, elk met 'n roomys in die hand, oorgestap na Zim kant toe.

Dit laat my altyd dink aan die ou wat die eerste keer by die bungy jump gaan staan het, en toe hy so oor die kant loer, vra hy die gids: "En julle wil h ek moet betaal om hier af te spring??"  Toe antwoord die gids: "Net as jy wil h ons moet die toue aan jou voete vasmaak, meneer!" :imaposer:
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #139 on: November 08, 2014, 03:48:18 pm »
Daarna het ons gaan curio shopping doen om vir die kinders elkeen ietsie van ons toer saam te neem.  Die aand is rustig op die dek ontspan en die wonderlike sonsondergang beleef.  Ek en Willie het die dag se hitte in die swembad gaan afwas.

Dit was 'n heerlike kort dag op die bikes en ons het lekker rustig die omgewing ervaar.  Ongelukkig nie olifante gesien nie, maar wel die mis en spore, ook van seekoeie.

Einde van dag 12.  Totale afstand vir die dag was so 315km.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)