Jis verlang ek nou Malawi toe julle..........

Ons was al verskeie kere daar maar nooit met die bikes, dis nog n MOET doen op my lysie.....

Malawi is seker die veiligste, vriendelikste land in Afrika maar ook brandarm ongelukkig. Die pols van Afrika loop sterk daar en mens wil net daar bly, dink nogals ons gaan erens eendag daar dalk aftree nog..........
Duster jy is reg, volgende keer ry die "Tete corridor" en gaan in by Mwanza, lekker pad en grenspos is nie so besig. In Mutare kan mens slaap by een van die vele kerke se sale, ons gebruik gewoonlik die NCMI kerk se saal want daar is matrasse en lekker showers met n mooi tuin

Nog n deel van Malawi wat spectacular is is die koffie/tee gebied rondom Mulanje

Dankie vir n lekkr lees ride report, great om sulke vriende te hê wat dit met mens kan deel!