Jammer dit vat so lank, maar die werkies hou my besig! Dankie vir almal wat wil saamreis, dis vir ons lekker om dit te deel.
For Malibu, you are again reading an Afrikaans rr, and I appreciate! Will add a couple of English inserts, just for you!
Nou ja, voor mens kan ry, moet mens mos 'n paar planne maak, kaarte bestudeer, fisiese voorbereidings doen en natuurlik uitsien na die trip. Stoffies gym elke dag en was baie goed voorberei, Johan en Karien het begin fiets ry (pedal soort) en het ook die Coke gelos en was gereed vir die trip. Willie is nog in die army en ek hoor hulle is baie fiks en altyd voorbereid, en ek is so fiks soos 'n brood. Ek moes dus ander manier kry om weerstand teen die elemente te bied. Vit B co!! Damn, daai goed brand, maar dit werk soos 'n bom. Ek en Stoffies het gereeld gespuit en moes mekaar later moed inpraat om eerste te buk. Die fotos is nie vir sensitiewe kykers bedoel nie.