Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 4 Dae in Malawi.......  (Read 16691 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #40 on: October 31, 2014, 08:21:15 pm »
Aandete is sommer so in die kroeg genuttig, en hulle Bush Hamburger was 'n wenner.  Die hitte van die grenspos moes afgespoel word met 'n lafenis of nog 'n paar, en na nog 'n paar kon ek nie meer so mooi sien nie.  Karien het haar knyp bril vir my geleen, want ek het 'n girl gesien wat ek vir Willem wou saamnooi, want hy was mos alleen.  Ek en die brilletjie het nie mekaar mooi verstaan nie, want toe sien ek die girl het 'n man wat haar oppas!
Noodeloos om te sÍ, sy het nie saamgery nie, want Willem kan haar nie heeltyd vashou nie. :imaposer:

Ons het die aand afgesluit met lekker home made sakkie koffie.

Einde van dag 1.  Afstand afgelÍ was ongeveer 420km.
« Last Edit: October 31, 2014, 08:26:49 pm by Duster »
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline nielvn

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 757
  • Thanked: 2 times
Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #41 on: October 31, 2014, 11:34:02 pm »
Shoe nice rr julle................
 

Offline TVB

  • Deleted Users
  • Grey hound
  • *
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: North West
  • Posts: 5,979
  • Thanked: 1 times
Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #42 on: November 01, 2014, 01:02:42 am »
Man nou is ek darem lus vir so n trippie! Lekker man!  :thumleft:
 

Offline DRED

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: North West
  • Posts: 56
  • ITS ONLY BLACK AND WHITE THAT COUNTS
Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #43 on: November 01, 2014, 08:13:46 am »
Ag nee, Duster! Moťs j hulle nou vertel van my BMW se probleem....ha, ha! Maar wat hy niť genoem het nie, is dat petrolpomp elektronika w gebreek het nie dadelik  beskikbaar was b enige BMW handelaar in Pta nie (eers 3 dae later, en ons wou verseker nie wag tot dŠn nie!) en ons moes toe maar plan maak. Danksy Lennie en Andrew by BMW Centurion se telefoniese raad, kon ons toe die BMW se R1700 part vervang /regmaak met 'n R4.00 bedlampskakelaartjie! Boer maak 'n plan! Dankie Duster en Yatar v julle hulp.
 

Offline TVB

  • Deleted Users
  • Grey hound
  • *
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: North West
  • Posts: 5,979
  • Thanked: 1 times
Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #44 on: November 01, 2014, 12:20:32 pm »
Ag nee, Duster! Moťs j hulle nou vertel van my BMW se probleem....ha, ha! Maar wat hy niť genoem het nie, is dat petrolpomp elektronika w gebreek het nie dadelik  beskikbaar was b enige BMW handelaar in Pta nie (eers 3 dae later, en ons wou verseker nie wag tot dŠn nie!) en ons moes toe maar plan maak. Danksy Lennie en Andrew by BMW Centurion se telefoniese raad, kon ons toe die BMW se R1700 part vervang /regmaak met 'n R4.00 bedlampskakelaartjie! Boer maak 'n plan! Dankie Duster en Yatar v julle hulp.

Ek is beindruk dat julle dit kon regmaak, welgedaan!  :thumleft:
 

Offline AcidSam

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #45 on: November 01, 2014, 02:27:13 pm »
Ek wil ook Malawi toe gaan maar het gehoor van daai LAM-BOUDE siekte wat jy langs die meer kry en is bang ek gaan nie kan terug kom
2007 BMW F650GS Dakar
Its not getting what you want, its wanting what you have.
We live by FAITH and not by SIGHT.
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #46 on: November 01, 2014, 06:33:12 pm »
Ek wil ook Malawi toe gaan maar het gehoor van daai LAM-BOUDE siekte wat jy langs die meer kry en is bang ek gaan nie kan terug kom
Daai is 'n groot problem, selfs my dogter het nou die dag gesÍ sy het gedink ons gaan nie terugkom nie.  Jy kry nogal daai gevoel!!
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #47 on: November 01, 2014, 06:41:33 pm »
Dag 2.

Roete:  Lion and Elephant na Masvingo, kampterrein by die Zim Ruins.

Ons was elke oggend bevoorreg om met die mooiste sonopkoms begroet te word.  Vanadag was 'n kort trip aangesien ons tyd by die ruines wou deurbring.  Die aand tydens ete het ons vir Robert ontmoet wat suidwaarts deur Afrika met sy trapfiets ry.  Hy is van Holland en samel geld in vir die ontwikkeling van 'n skool in Khayalistha in die Kaap.  Go well Robert, and be an inspiration to us all.

Langs die pad het ons by klein statte gestop om die boude te laat rus en die kele nat te hou.  Dit was steeds nie baie warm nie, maar mens droog mos maar uit so in die wind.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #48 on: November 01, 2014, 06:49:54 pm »
Op pad sien mens nogal die vreemdste maniere van vrag op karre, bakkies, trokke en fietse.  So deur die rr sal daar nog 'n paar fotos van dit opduik.

By die Zim National Ruins het ons soos in 2011, weer die toer bespreek saam met 'n gids.  Ons het toe al besluit as ons weer gaan, sal ons weer 'n gids vat, want dan ervaar jy die verlede, anders sien mens net die mure en klip en verstaan niks daarvan nie.  Die kampplek is langs die ruines en is heel skaflik.  Ons middagete was gedroogte mince en mash.  Heerlik!!  Net die blou apies pla nogal baie. Terwyl ons die toer gedoen het, het die kampopsigter met sy kettie by ons tente gesit en die apies weggehou.

Die fotos is maar van die ruines soos dit nou daarna uitsien.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #49 on: November 01, 2014, 07:02:15 pm »
Nog ruines fotos.

Die dansgroepie het vir ons 'n mooi dansie opgevoer, en Stoffies het besluit om hulle te join.  Willie het besluit om ook in te val, maar julle weet mos die army ouens kan net tot by 3 tel, en die dansie get 4 tellings gehad, maw op 'n stadium toe is net Willie in pas en al die vrouens uit pas uit.

Ons het die aand met aandete in die hotel daar naby afgesluit en hulle tradisionele ete bestel.  Dit het 'n fancy naam, maar dis eintlik hoender of beef stew, met "rape" wat amper soos ons spinasie is, saam met pap en 'n heerlike sous.

Einde dag 2.
Afstand: Ongeveer 210km.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #50 on: November 01, 2014, 07:11:09 pm »
Dag 3.
Roete: Masvingo na Harare.
Weereens 'n heerlike oggend wat ons begroet, en na ons 'n vinnige ontbyt genuttig het, is ons weer terug hotel toe om vir Johan 'n paar ou Zim dollars te kry wat 'n kelner vir hom belowe het.  Dit is natuurlik nou nutteloos as koopkrag, maar het tog seker versamel waarde.  Van daar is ons deur Masvingo en ons eers lelik vasgeloop in 'n verkeersknoop, maar met die bikes was dit maklik oorkombaar. en toe rigting Harare en het so padlangs gestop om te verfris en koffie te maak.

Iets wat ons nogal opgeval het, is dat daar enige tyd mans na ons toe sou stap, hulself sou voorstel, ons welkom heet in hulle dorp of land, ons voorspoed toegewens en weer geloop.  Hulle was nooit opdringerig of moeilik nie, net belang gestel.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #51 on: November 01, 2014, 07:16:56 pm »
Ons was so net op middagete in Harare gewees, en het besluit om eers iewers te stop om te eet.  Die plekkie was baie goed ingerig en het 'n pizzaplek, 'n hoenderplek en 'n gewone take-a-way wat reg langs mekaar sit.  Ons het elkeen iets anders bestel en heerlik gesmul. Die wind het skielik opgekom en die sambrele uit die staanders geruk en die een pyp het Stoffies in die regter kortrib geslaan dat haar wind uit was.  Gelukkig nie ernstig nie en na ete het ons die stadsverkeer aangedurf na ons slaapplek toe.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #52 on: November 01, 2014, 07:28:24 pm »
Ek het voor die toer met Mike Engelbrecht, president van die Survivors motorfiets klub in Harare, kontak gemaak om te hoor waar ons kan kamp in Harare, want die vorige keer wat ek en Stoffies daar was, kon ons nerens kampplek kry nie en moes uiteindelik in 'n gastehuis slaap.  Mike wou niks hoor nie en het dadelik ges♪ ons moet op hul klubhuis se grasperk kom kamp, gratis.  Die aanvanklike reeling was dat die kombuis ook tot ons beskikking sou wees vir kosmaak ens.

Toe ons die middag by die klub aankom, het Sherryl vir ons gewag.  Die kampplek is aan ons uitgewys en die kroeg was reeds oop.  Ek het haar gevra om vir ons 'n rekening te hou van die drank en dan sou ons dit die volgende oggend betaal.  Sy het gesÍ Mike sal nou nou daar wees om ons te ontmoet.

Uiteindelik was daar seker 40 mense wat saam met ons kom kuier het, hulle het 'n braai aangelÍ met pap en slaai en die drank was op die klub se rekening.  Ons was ongelooflik bederf gewees.  Ons het elkeen 'n klub wapen gekry en die aand afgesluit met koffie voor ons gaan slaap het.  More het die langste deel van ons toer voorgelÍ.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #53 on: November 01, 2014, 08:13:27 pm »
Dag 4.
Roete:  Harare, Karoi, Makhuti, Kariba, Kafue en Lusaka.

Ons het die vorige aand vir die manne gesÍ ons gaan 5uur opstaan om 6uur te ry, aangesien ons 'n lang dag voor ons sou hÍ.  5uur was Rob daar met sy Harley met 2 flesse koffie, sodat ons nie nog daarmee hoef te sukkel nie.  Ons was heerlik bederf.

Willie moes toe eers Rob se Harley steel om 'n spin te vat, en toe moes ons hom toesluit om verdere moeilikheid te verhoed.  Hy moes toe ook deur die tralies smeek vir bietjie koffie. :imaposer:
Rob het ons vergesel vir so 20km om seker te maak ons verlaat Harare in die regte rigting (of om seker te maak ons verlaat Harare; punt!)

Langs die pad verkoop hulle anaconda wurms vir visvang.  ons het nie gestop om te kyk hoe die goed lyk nie, maar ek vermoed dis GROOT!

Ons eerste stop vir die dag was by die Cihnoyi grotte.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #54 on: November 01, 2014, 08:17:19 pm »
By Karoi het ons brandstof ingegooi en gery na Makhuti Travel lodge vir laat brunch.

'n Persoonlik 'n baie nice foto van die XT1200Z.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #55 on: November 01, 2014, 08:30:27 pm »
Hier by Makuti draai mens links af na Kariba, die dorpie en natuurlik ook die Kariba meer.  Die paadjie loop baie kronkelend, en deur die berge tot in Kariba.

In Kariba moes ons eers geld trek en dit dan weer ruil vir ZambiŽ kwatchas voor ons oor die grens kon gaan.  Die enigste bank in Kariba kon nie ons kaarte gebruik nie, en die enigste auto teller was buite werking.  En ons moes brandstof ingooi!  Dit het redelik baie tyd gevat en ek het begin bekommerd raak, want Lusaka is nog 200km verder.  Gelukkig het ek rande by my gehad as noodgeld, en het dit by 'n ruiler geruil vir kwatchas.

As julle mooi kyk op die fotos, sal julle sien dat Stoffies mismoedig was teen die tyd. Maar alles kom uiteindelik reg, en woerts is ons deur die Zim grenspos.  In 2011 is ek en Stoffies 2 ure opgehou by die Zim kant, en nou was dit vining.

Mmmmmm, nie so by die Zambie kant nie.  Net ons drie bikes, 2,5ure.  Teen daai tyd was my moermeter baie rooi, en toe ek vir die beampte sÍ ons moet nog Lusaka toe ry, antwoord hy "Julle het mos ligte.  Maak dit deel van julle avontuur!" :dousing: Stoffies moes net mooi kalmeer.

Ons is uiteindelik 17:12 weg by die grenspos en het geweet hier kom 'n ding.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #56 on: November 01, 2014, 08:40:07 pm »
Skemer het net begin daal en ons was nog nie heeltemal uit die berge uit voor mens die vlaktes vat Lusaka toe nie.  GPS het gewys ons behoort 19:00 by ons bestemming wees.  Ons was so gebless met die mooiste grootste helderste maan wat so vroeg al op was, en die pad was soos 'n snelweg, dat dit eintlik lekker was om so te ry.  Nie een keer het ons close encounters gehad nie, en later het ek begin ontspan.  Dit was nagsonker toe ons Kafue ingaan, en daar het ons in die slegste padwerke ingery wat ons voor kon wens.  Dit was nog 40km tot by Lusaka, en die verkeer was chaos, met die pad wat kon vergelyk met 'n bmx baan.

Met baie genade het ons die afdraai na Gert en Annari bereik, vriende wat ons ontmoet het met ons vorige trip Afrika toe.  Hulle het van Siavonga verhuis Lusaka toe, en ons was nog nie by hul nuwe blyplek nie.  Ons moes stop om hulle te bel om rigting te vra.  Gelukkig was hulle huis net so 500m verder in die pad af.  Bekyk die fotos en besluit self of ons gatte gestamp het of nie.
« Last Edit: November 01, 2014, 08:41:26 pm by Duster »
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,363
  • Thanked: 76 times
  • East London
Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #57 on: November 01, 2014, 08:42:17 pm »
Julle lyk moeg  ;)

Moenie worry nie - so 'n dag maak jou gatvol en moeg.....
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Klein Torkar

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #58 on: November 01, 2014, 08:45:26 pm »
Lekker Philip.
met Willem saam moes julle sekker bont staan soms.
 

Offline Duster

Re: 4 Dae in Malawi.......
« Reply #59 on: November 01, 2014, 08:51:07 pm »
Noodeloos om te sÍ, dit was reeds 19:30, maar Gert het al die vuur aan gehad en toe ons stop, die bier uitgehaal en die vleis op die kole gepak.  Annari het heerlike slaai en poeding gemaak, en omdat dit ook Gert se verjaardag was, het ons eers vir hom gesing voor ons geŽet het.

Hulle het ons heerlik bederf en ek en Stoffies het in die cottage op die dubbelbed geslaap, Willie op die bedmatjie op sy opblaas matras en Johan en Karien het hul tent op die gras opgeslaan en 'n normale slaap gehad, terwyl ons ongemaklik geslaap het. :pot:

Annari se buurvrou en man het kom loer toe die bikes by hulle inry.

Ons het weereens laat gaan slaap, maar 'n baie stresvolle, uitputtende ,maar tevrede dag agter die rug gehad.

Einde dag 4.  Afstand ongeveer 600km.  Tyd van begin ry tot stop, 13,5 ure.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)