4 Dae in Malawi.......

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Ek gaan die report maar stadig skryf, want my tyd is effens beperk, en ek moet deur 4000 fotos sif om te besluit wat ek wil gebruik.  Maar laat ek erens begin.

Na 'n jaar se beplanning en bymekaar kom en eposse wat tussen ons gewissel is, het ons uiteindelik op 4 Okt 2014 uit Naboom vertrek om 4 dae in Malawi te gaan spandeer.  Die ride report kan dalk bietjie lank word, lees dus maar geduldig en geniet die fotos.

Inleiding:

Ons trip was oor 15 dae, met afstande wat gewissel het tussen ongeveer 130km tot oor die 600km per dag.  'n Totaal van ongeveer 5600km is afgelê, ons is 6 keer deur grensposte (drama), ons het een besering opgedoen (nie bike verwant nie), en ons het 'n oulike girl langs die pad opgetel vir Yatar, wat effens alleen gevoel het! :imaposer:

Roete was van Naboomspruit, Beitbrug, Masvingo, Harare, Kariba, Lusaka, Chipata, Lilongwe, Cape Maclear, Senga, Lilongwe, Chipate, Lusaka, Livingstone, Vic Falls, Bulawayo, Beitbrug, Tshipise en Naboom.  Dred en Karien moes van Potch af tot by my kom voor die trip en Yatar het sy bike getreiler van De Aar af tot by ons.  Hulle het dus nog 'n paar km's verder afgelê as ons.

Wie was op die trip:

Ek en Stoffies met ons "nuwe" 2011 S10.  )Daai laaitie op die foto is nie ons s'n nie hoor!)
Dred (Johan) en Karien met hulle 2009 GS1200 en
Yatar (Willie) met sy spik splinter nuwe GS800.  Hy het by ons aangekom toe het die bike 1500km op gehad.
 

Attachments

  • 3.JPG
    3.JPG
    360.5 KB · Views: 1,104
  • 2.jpg
    2.jpg
    193.7 KB · Views: 1,115
  • 1.JPG
    1.JPG
    175.2 KB · Views: 1,105
Top