Daai was einde dag 6. Afstand ongeveer 390km.
Dag 7: Ons belangrikste dag, want ons gaan vandag die Malawi meer vir die eerste keer sien.
Roete: Nou moet ek eers bieg. My aanvanklike roete van Lilongwe af was na Mzuzu, dan Nkhata Bay, waar ons sou oorslaap. Dit is amper 400km tot daar. Dan sou ons van Nkhata Bay af Senga toe gery het en daar oorgeslaap het. Nog 330km. Van Senga na Cape Maclear waar ons sou oorslaap. !80km. Dan sou ons van Cape Maclear af Lilongwe deur terug ry tot by Chipata.
Dit was die finale planne voor ons gery het van Naboom af, tot dag 5 in die toer in. Die aand by Petauke het ek eers met Willie, toe met Stoffies en toe met Johan en Karien gesels om te hoor of hulle sal omgee as ek die roete so effens aanpas. Effens is mos maar 'n relatiewe word, want uiteindelik het ons besluit om ongeveer 900km uit ons trip uit te sny.
Die tyd op die pad word so lank dat mens nie tyd het om die omgewing, daar waar jy oorbly, te geniet nie. Ons besluit toe om van Lilongwe af te ry tot by Senga Bay, daar brunch te nuttig en dan direk Cape Macleat toe te gaan en sommer 3 nagte daar te slaap. Dan van daar terug Lilongwe toe, vir Sonja weer op die vliegtuig sit en dan die lang pad terug aan te durf. Gelukkig het dit met almal byval gevind en die dag se roete was toe van Lilongwe af tot by Cape Maclear.
Nou ja, het die klein tentjie sy tol ge-eis? Wag tot later.......
Opstaantyd, oppaktyd en die Yammie staan reg om te ry. Langs die pad word groot hoeveelhede kasawa gedroog. Dis blykbaar soos 'n boomwortel wat fyn gemaak word en die plaasvervanger vir pap is, met geen voedingswaarde nie. (Iemand kan asb meer info daaroor gee. Karien....

)