Livinstone Lite - Botswana 2014

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

alwyn_gs

Race Dog
Joined
Aug 17, 2010
Messages
2,086
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
BMW R1200GS Adventure
Cor van der Merwe, is die skrywer van die artikel... dankie Cor! Gaan net die fotos bysit...

Geinspireer deur die ontdekkings reise van die legendariese avonturier en ontdekkings reisiger David Livingstone is daar besluit om in self ‘n avontuur van ons eie aan te pak. En so het die idee ontwikkel om die Makgadikgadi Panne van Botswana sélf te gaan ontdek. Doelwitte wat gestel is, was om die son te sien sak en om die sonsopkoms te beleef by Kubu- en Kukonje Eilande onderskeidelik...

Die Roete

Roetes is uitgewerk, akkomodasie bespreek (waar moontlik), verlof uitgesorteer (ongelukkig kon Tiaan, wat een van die meesterbreine agter die idee van die trip was, nie verlof kry nie) en begrotings is gefinaliseer met die klem daarop dat dié ‘n “budget trip” gaan wees.

Die idee het ‘n werklikheid geword op 23 Augustus 2014 om 06h15 toe vier van ons (Alwyn, Cor, Dicky en Stry) by die Shell garage by Atterbury bymekaar gekom het.  Daar is koffie gedrink, mekaar se fietse is uit gekyk om te sien hoe daar gepak is en toe word daar weg gespring aan ons eie ontdekkings reis na die Noorde.



Ons het vir Wesley naby Warmbad gekry om die toergeselskap volledig te maak. Daai pad Warmbad toe was vrek koud gewees en niemand van ons was voorbereid daarvoor nie. Wie gaan nou inners en termiese klere aantrek as jy oppad na die Noorde toe is?!

Alwyn - En baba’s bly my volg…



Die mikpunt vir Dag 1 was om so gou as moontlik oor die grens te kom, maar ons moes natuurlik eers die “mojo” aan die gang kry, soos die GS Cappie sê, en so is Poer se Loop aangepak tussen Nylstroom en Vaalwater.


Livinstone Lite 2014 ;vlnr Spietkop, Wes, Cor, Alwyn, Stry

Dit was ‘n heerlike stukkie grondpad met iets van als: van twee spoor tot dik sand (op daai stadium van die trip was dit dik sand) tot gravel highways met baie mooi uitsigte daarby.





Dicky het een van sy panniers se brackets gebuig, maar dit is vinnig reg gemaak tydens middagete in Ellisras. Die laase entjie grenspos toe is aangepak en die grens is oor gegaan by Martins Drif. Dit was sonder enige problem.


En ons het ons self ingeboek by die Kwanokeng Lodge ‘n paar honderd meter van die grenspos af. Nadat die tente opgeslaan is het ons na die seekoeie in die Limpopo rivier gekyk terwyl die son sak oor Afrika.


Wies bang…?!



Die Bos TV…
 
Top