Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Dorsland trek Tankwa toe  (Read 14161 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,024
  • Thanked: 578 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #120 on: November 11, 2014, 04:53:23 pm »
Nou ja, waar was ek gewees ...


Die terrein is nie t onbegaanbaar nie maar ek ry nietemin stadig om alles te bekyk.  My mond hang oop oor die wonderlike natuurskoon wat om my ontvou.  Dis seker die bergreeks met die grofste klippe wat ek in Suid-Afrika ken.  Die vorms en die balanseertoertjies, die voue, lae en stapels klippe is ongelooflik.  Ek sien nou hoekam die mense so begaan daaroor raak.  En dan ruik die fynbos ook nog so lekker.  Die plantegroei is vir my heel vreemd maar bitter mooi en ek dink weer daaraan hoe gesend ons in ons land is met al sy unieke natuurskoon.








Selfs die water trek sy teekleur van die fynbos.  Ek het nie daarvan gedrink nie maar ek glo mens sal dit sonder probleem kan drink.  Dat water so volop is, so hoog in die berg is ook vir my 'n wonderwerk.  Stroompies loop sommer elke paar honderd meter oor die pad, sommige daarvan met 'n spoed.  Erens kom hulle seker in die Berg- of Olifantsriviere uit om dan die besproeiingsboere op die vlaktes van water te kan voorsien.





Kort-kort stop ek net om na al die volsang te luister.  Mens sien nie baie nie tensy jy mooi kyk, veral die suikerbekkies omdat hulle so klein is.  Maar die omgewing tril behoorlik van al die vols wat seker agter die fynbosstroop is.  Dis 'n belewenis na die dorre vlaktes waaroor ek vroer gery het.


Die pad kronkel op en af oor die berge en dis die een vrgesig op die ander.  Maar ek moet my ry kry want die son trek al water en ek slaap vanaand op Oasis.  Ek wil nie te laat nog op die pad wees nie, ingeval mens teespoed optel en daar moet iets herstel word.  Met my aankoms by Oasis is alles rustig met 'n klompie Duitsers wat lekker afkoel by die swembad.  Gerrit wys my my kamer - ek slaap in Bo-Oasis  ;D -  ek pak uit en gaan swem want ek is nog hond warm van die ry.  Dis nog 34C laat middag toe ek daar aankom.

Dis lekker om te sien hoe besig hulle is, mense val heeltyd daar in.  Dis 'n behoorlike Vereenigde Nasies:  Duitsers, Tsjegge, Hollanders (hy lees 'n boek oor die Anglo-Boere Oorlog), 'n paar souties uit George se wreld.  En dan om dit af te rond is daar natuurlik die Weskusters, werklik 'n nasie op hulle eie  ;)

Na 'n ribbetjie wat ek, in my uitgehongerde toestand, nie kon klaarmaak nie, gaan slaap ek lekker rustig.  Die volmaan oor die voue en rante van die Sederberg is vir my bitter mooi en mens wil sommer liries raak daaroor.  Daar is so half 'n onbekendheid daaraan wat nogal vreemd is.

Ek gryp die volgende oggend gou twee bakkies Koringvlokkies terwyl die ander manne nog slaap.  Ek wil die douvarsheid van die nuwe dag op die pad gaan beleef.





Vandag moet en eintlik Katbakkies oor en dan na Veldie toe maar so in die ry beginne ek hond se gedagtes kry.  Toe ek WEER 'n skilpad in die pad kry - in my lewe nog nie soveel skilpaaie gekry soos op die trippie nie - stop ek om hom uit die pad te haal en delf toe sommer my padkaart uit my sak uit.  

Hierdie paar skillies is spesenjaal vir jou Hinksding ...










Hmmmm, Stellenberg - waar my weermag maat van 35 jaar gelede, woon - l nie t ver nie.  Ek kyk bietjie die kaart en toe ry ek maar verder tot op Oppie Berg waar ek brandstof volmaak.  Dis Saterdagoggend en die plek is heel joolig.  Waar sal 'n boertjie nou volmaak anders as by die koperasie.  Toe ek daar klaar volgemaak het, het ek besluit ek gaan dit nou maar teerpad langs, deur Ceres en Bainskloofpas na my maat toe aandurf. Dis nogal 'n skok om nou ewe skielik verkeer en teer en mense en 'n groot stad te moet aandurf na Boesmanland en die Tankwa so oop vlaktes.


Nou ja kerels, hier is before (1979, uitklaarparade), ek is 17 jaar oud soos ek daar in my stepouts staan, en after 2014, 35 jaar later.  Daar is diep dinge gesels en herinneringe opgediep.  En dis al wat ek daaroor te s het  :)







Ek het vooraf my roete min of meer beplan maar die lekker van so alleen ry is dat daai plan kan en mag en sal verander word  :biggrin:  Ek is bitter bly ek het dit gedoen.  



  
« Last Edit: December 29, 2014, 06:37:26 pm by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,024
  • Thanked: 578 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #121 on: November 11, 2014, 05:15:26 pm »
Ek kan eintlik nie glo dis al Dag 6 van my trippie nie.  My kop beginne nou eers oopraak, veral na my kuier met my maat.  Ek laat waai uit Stellenberg uit, N1 langs, die alternatiewe roete oor die berg en ry Worcester, Robertson, Ashton deur, tot op Montagu waar ek iets eet.  My g is bietjie uit vandag na ons gisteraand eers laat gaan slaap het.  Ek trek by 'n lekker plekkie in Montagu se hoofstraat in vir 'n laat ontbyt. Daar is hoenders, koivisse, lusern wat met klapspuite natgemaak word en skape wat blr.  Ja, ek sal hier tuis voel.  Naderhand raak ek sommer plein lui daar in die skadu van die bome en die hoenders wat rondom my kloek.






Maar ek moet by Veldie hulle uitkom, dis Sondag, en ek wil ook eers 'n stuk gaan skuins l.  Ek pak die pad oor Ouberg daar na die Koedoeskloof oasis aan.  Dis mooi en die manne het baaaaaie ren gehad.  Kisboude soos ek is, kan ek nie nou op "autopilot" ry nie.  Die driffies is verspoel, daar is los spoelsand wat op plekke oor die pad l en ek moet maar op my hoede wees.  Maar o wee, dis mooi.





En dan is daar ook nog Boerbokke oppad, wat meer kan 'n man nou vra  ;D





Veldie sal vir jou s hy was op en wakker en reg om my te ontvang maar ek kan vertroulik vir julle vertel dat daai mense ook 'n Sondagmiddagslapie vang  :lol8:  Soos altyd, is Koedoeskloof 'n rusplek van formaat na 'n lang dag in die saal.  Sagte beddens, groot biefstuk, stil, donker, goeie geselskap, lekker gelag, met die honne gespeel.

Maar o hel, Maandagoggend toe is ek darem sleg, mense.  Ek eet ontbyt eers hier teen 08h00 se kant en dan is dit 'n rustige afrre. Baie rustig.  Veldie beduie my die fynere besonderhede van die passe wat ek vandag wil ry en daar gaat ek alweer.

Julle mag nie vir my weeshuisbroodkop lag nie OK  :imaposer:




« Last Edit: November 13, 2014, 01:21:51 pm by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,024
  • Thanked: 578 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #122 on: November 11, 2014, 05:22:08 pm »
Vandag lyk dit asof ek gaan natren, dis eintlik koud en so elke nou en dan sak daar 'n motrentjie uit.  Maar my passe l en wag en ek gaan hulle ry.









Swartbergpas was eintlik vir my effe 'n teleurstelling gewees.  







Die mis wat die uitsig belemmer het was nie so erg nie maar die toeriste en bussies en 'n groep van 10 of 11 motorfietse het effe afbreek aan die ervaring gedoen.  Dit bly 'n indrukwekkende rit en 'n bitter groot ingenieursprestasie as in ag geneem word dis alles met die hand gebou.  En ja waaragtig, in daai dae was bandiet wees nog 'n straf gewees.  As ek reg onthou was dit 450 bandiete wat daai pas gebou het.  Vandag kla die manne hulle het nie hospoed internet in die tronke nie  ??? :patch:  Hulle kan gerus nog so 'n paar passe of 'n dam of twee gaan bou.  Klomp bokryers  :xxbah:











En so eindig my rit eintlik hier op Prins Albert by die baie lekker SommerSo gastehuis.  Ook hier is daar Angoras, vyebome, lusern, koivisse en 'n ou mak katjie wat die dro wors wat ek vir hom uitdeel, baie geniet.







More ry ek die kort stukkie teer tot op Klaarstroom en dan die grondpad Willem Oor toe, 'n stuk pad waaroor ek reeds geskryf het.  Vanaand kan ek lekker rustig raak en my gedagtes orden.


« Last Edit: November 13, 2014, 01:23:43 pm by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,024
  • Thanked: 578 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #123 on: November 11, 2014, 05:28:13 pm »
Na die wind gisteraand kwaai gewaai het en dit nogal koel was, skyn die son lekker vanoggend. My kat maat kuier nog lekker by my en ek voer hom kort kort stukkies dro wors. Doer in die noordooste sien ek die digte wolke wat vandag se voorspelde ren nog vashou. Dit lyk my ek gaan vandag natren. My berugte grondpad is ook hier in my agterkop want ons voorspelling is vir 14mm vandag dan is daai pad haas onbegaanbaar.

Ek draai om te pak en my ketting te olie. Dan sit ek oppie stoepie en tee drink dan pak ek 'n paar goedjies. Dan sit ek sommer en oor die vlaktes tuur. Die plaas nodig my nou na 'n week se gatskuur, ek verlang my 2IB, my honde, my bokke. Maar ek is traag om di laaste dag aan die gang te kry. En dit gaan nie oor die natren nie. Dis die eerste keer van 2000 af dat ek vir langer as 3 aande van die plaas weg is. Wie weet wanneer ek weer so lank sal kan wegkom.

Ek dink bietjie terug oor die afgelope week, oor die dinge wat my bind en die dinge wat my losmaak. Oor hoekom 'n grondpad - ek weet nie hoe om dit mooi te verwoord nie - my so vry en sorgeloos laat voel. Maar ook iets meer wat ek nie nou mooi kan vaspen nie.  Ja, vakansie laat mens maar altyd lekker voel maar hierdie is meer as dit. Dis soos ek in die begin ges het, dis 'n geestelike ervaring. Op die pad is my gedagtes nie van sommer nie. Ek kry kans om werklik weer te dink, te sien, te voel.  Om als wat die lewe bied, te ervaar. Die wreld raak vir my weer groot en dis lekker. Daar is die onbekende, die "wat l agter daai rant"  gevoel, die opwinding van nuwe dinge ontdek, of bloot net die vooruitsig van nuwe dinge, mense, plekke, paaie.  Dalk is dit ons mense se jeukvoete, die trekgees wat in ons is, wat maar sy ding doen. Dalk is dit ons mans se jaginstink, ons "wanderlust", ons behoefte om nie gebind te wil wees nie.

Ons raak te saf krels, die lewe bied nie die ou uitdagings nie. Daar is wel deesdae ander uitdagings maar dis nie die avontuurlike van ouds nie. Daar is nie meer daai kort van asem tye om ons op ons tone te hou nie. Nou s dae is dit roetine, eentonigheid, gebondenheid, verantwoordelikheid. Mans is nie so ingestel nie. Ons is vir oorlog, jag, ontdek, teel en testosteroon bedraad. Dalk bied grondpad ry met 'n motorfiets 'n flou vervanging daarvoor, ek weet nie.

Hoe dit ook al sy, my 8 dae is amper om en ek sien uit om huistoe te keer. Maar ook nie holderstebolder ten alle koste nie.  My kop is leeg maar my gemoed is weer vol. My lewenservaringe is lekker aangevul, herinneringe wat ek lank sal onthou en waaroor gekuier sal word. En ek het my weermagmaat na baie jare weer gesien en ook dit was 'n ervaring om op 'n veilige plek te bre.

Maar wag, laat ek nou eers pak. 'n Grondpad l voor my en wag.....
« Last Edit: November 12, 2014, 07:57:55 pm by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Hitman

Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #124 on: November 11, 2014, 09:41:03 pm »
Ai ou Dorsland... jy laat mens diep dink oor waaroor dit dan nou eintlik in die lewe gaan!!

Ek dink die "solo trip" is maar die beste manier om kop skoon te kry.
Dankie vir die deel en die gevoel waarmee jy dit doen!!   :thumleft:
Honda MBX 50 "sold"
Yamaha XT 250 "sold"
Bajaj XCD 125
BMW 1200 GS
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,292
  • Thanked: 64 times
  • East London
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #125 on: November 11, 2014, 11:00:49 pm »
Uit die boeke  :deal:
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,024
  • Thanked: 578 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #126 on: November 12, 2014, 07:01:51 pm »

Jy moet sit in die bad en jou hele lyf was, nie staan en net tot jou enkels was nie.


 :imaposer: water is mos skaars hier Fester
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,024
  • Thanked: 578 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #127 on: November 12, 2014, 07:14:04 pm »
Ai ou Dorsland... jy laat mens diep dink oor waaroor dit dan nou eintlik in die lewe gaan!!

Ek dink die "solo trip" is maar die beste manier om kop skoon te kry.
Dankie vir die deel en die gevoel waarmee jy dit doen!!   :thumleft:

Dankie HM,  ja, ek is nie eintlik 'n ou vir groeptoere nie.  Ek stop en neem buitendien gans en al te veel kiekies vir die meeste ouens.  Ek dink my gemiddelde spoed vir die rit was so 61km/u gewees :)
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,024
  • Thanked: 578 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #128 on: November 12, 2014, 07:16:01 pm »
Ek lees nou weer deur die RR en kry nou eers kans om rerig die kommentaar te lees.  Ek is eintlik spyt ek het dit in die ry op my selfoon gedoen want dan kan 'n ou nie lekker saam met die kommentaar gesels nie.  :-\
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,024
  • Thanked: 578 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #129 on: November 12, 2014, 07:20:19 pm »
Hier is sommer so 'n klompie fotos in g'n spesifieke volgorde nie.  Hulle was op my kamera gewees.
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,937
  • Thanked: 228 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #130 on: November 12, 2014, 07:23:23 pm »
Na die wind gisteraand kwaai gewaai het en dit nogal koel was, skyn die son lekker vanoggend. My kat maat kuier nog lekker by my en ek voer hom kort kort stukkies dro wors. Doer in die noordooste sien ek die digte wolke wat vandag se voorspelde ren nog vashou. Dit lyk my ek gaan vandag natren. My berugte grondpad is ook hier in my agterkop want ons voorspelling is vir 14mm vandag dan is daai pad haas onbegaanbaar.

Ek draai om te pak en my ketting te olie. Dan sit ek oppie stoepie en tee drink dan pak ek 'n paar goedjies. Dan sit ek sommer en oor die vlaktes tuur. Die plaas nodig my nou na 'n week se gatskuur, ek verlang my 2IB, my honde, my bokke. Maar ek is traag om di laaste dag aan die gang te kry. En dit gaan nie oor die natren nie. Dis die eerste keer van 2000 af dat ek vir langer as 3 aande van die plaas weg is. Wie weet wanneer ek weer so lank sal kan wegkom.

Ek dink bietjie terug oor die afgelope week, oor die dinge wat my bind en die dinge wat my losmaak. Oor hoekom 'n grondpad - ek weet nie hoe om dit mooi te verwoord nie - my so vry en sorgeloos laat voel. Maar ook iets meer wat ek nie nou mooi kan vaspen nie.  Ja, vakansie laat mens maar altyd lekker voel maar hierdie is meer as dit. Dis soos ek in die begin ges het, dis 'n geestelike ervaring. Op die pad is my gedagtes nie van sommer nie. Ek kry kans om werklik weer te dink, te sien, te voel.  Om als wat die lewe bied, te ervaar. Die wreld raak vir my weer groot en dis lekker. Daar is die onbekende, die "wat l agter daai rant"  gevoel, die opwinding van nuwe dinge ontdek, of bloot net die vooruitsig van nuwe dinge, mense, plekke, paaie.  Dalk is dit ons mense se jeukvoete, die trekgees wat in ons is, wat maar sy ding doen. Dalk is dit ons mans se jaginstink, ons "wanderlust", ons behoefte om nie gebind te wil wees nie.

Ons raak te saf krels, die lewe bied nie die ou uitdagings nie. Daar is wel deesdae ander uitdagings maar dis nie die avontuurlike van ouds nie. Daar is nie meer daai kort van asem tye om ons op ons tone te hou nie. Nou s dae is dit roetine, eentonigheid, gebondenheid, verantwoordelikheid. Mans is nie so ingestel nie. Ons is vir oorlog, jag, ontdek, teel en testosteroon bedraad. Dalk bied grondpad ry met 'n motorfiets 'n swak vervanging daarvoor, ek weet nie.Hoe dit ook al sy, my 8 dae is amper om en ek sien uit om huistoe te keer. Maar ook nie holderstebolder ten alle koste nie.  My kop is leeg maar my gemoed is weer vol. My lewenservaringe is lekker aangevul, herinneringe wat ek lank sal onthou en waaroor gekuier sal word. En ek het my weermagmaat na baie jare weer gesien en ook dit was 'n ervaring om op 'n veilige plek te bre.

Maar wag, laat ek nou eers pak. 'n Grondpad l voor my en wag.....

Hou van hierdie paragraaf en jy som presies op soos my kop ook maar werk. :thumleft:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline pietas

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R80GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,222
  • Thanked: 24 times
  • Gryskop seuntjie
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #131 on: November 12, 2014, 07:30:31 pm »
Dorsland, dankie dat jy die persoonlike reis met ons deel. Eie tyd is goed vir mens
Groot berge en lang grond paaie
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,024
  • Thanked: 578 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #132 on: November 12, 2014, 07:35:04 pm »
En laastens, het ek so 'n klompie opmerkings oor my 800 na sy eerste langerige trippie.

Sy saal is myle beter as die standaard saal.  My langste dag was so 490 km en alhoewel ek glo dit gemakliker op iets soos 'n S10 sal wees, was ek glad nie voos gesit nie.  Daar is baie plek om rond te beweeg in die saal en die sit posisie is eintlik baie gemaklik.

Ook die groter brandstoftenk is 'n groot verbetering.  My gemiddelde verbruik is rondom 5 liter/100km en my beste toe ek so lekker stadig gery het om alles om my te sien, was 4,3 liter/100 km.  Op 24 liter gaan 'n ou dan redelik ver kom.  Alhoewel ek by amper elke vulstasie volgemaak het, was dit meer vir die wis en die onwis as dat ek nodig gehad het.  

Die voor vurke is ook 'n groot verbetering oor die 2010 800 wat ek gehad het.  Op daai model het hy 'n lekker tankslap oor sinkplaatpad gekry en hy kon 'n ou lekker uitvang.  Met die 800 Adventure is hy waaragtig lekker vas op die pad en het ek nooit eers 'n efense tankslap gekry nie.  En daar was 'n paar stukke pad wat erge sinkplaat gehad het, veral tussen Sutherland en Middelpos.

Daai windskerm maak my Arai en my Uvex se peaks vibreer dat dit 'n naarigheid is.  Ek gaan beslis kyk of ek iets aan die peak kan gom om dit te voorkom.  Soms het ek maar die meerkat houding ingeneem net om die vibrasie te verhoed.  Dit is soms beter en soms slegter maar nooit eintlik heeltemal weg nie.  Daar is verskeie freds oor die probleem maar lyk my nie daar is 'n maklike oplossing nie.

Die 800 enjin is 'n juweel en maak mens eintlik soms lui om ratte te wissel.  Hy trek sonder 'n gesluk hier van 1800 rpm in sesde rat en is seepglad op daai lae spoed in 'n ho rat.  Ek het hom een of twee keer al laat "stall" in eerste as ek 'n smal sirkel met hom ry maar dis meer "rider error" as iets anders.

Toe en saam met Hinksding 'n stuk van die Amageza gaan kyk het, moes ek 'n stukkie van die roete oor dik sand ry.  Toe ek eers daardeur is, was die Amageza ouens nog nie daaroor nie en dit was redelik maklik.  Toe ek terugry, nadat daai klomp jaagduiwels daardeur was, het dit gelyk daai sand gedeeltes was met 'n ploeg omgedolwe.  Ek het toe ook die 800 neergewetter, sonder skade as gevolg van die lae spoed.  Mens moet maar jou optel ken om hom op te tel.  Hy is swaar, veral met sy bagasie, ek wil dit nie meer as een keer 'n dag te moet doen nie.

« Last Edit: November 13, 2014, 01:30:48 pm by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,024
  • Thanked: 578 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #133 on: November 12, 2014, 07:40:12 pm »

Hou van hierdie paragraaf en jy som presies op soos my kop ook maar werk. :thumleft:

Ja Subie, en ons ouens is nog van die ouer garde.  Vandag se metromale wil gepamperlang word van die oggend tot die aand en alles moet sommer daar byderhand wees.  Vir baie mense is "roughing it" as jy net 3 kanale op die televisie in jou hotelkamer het.  Mans moet mans wees, en seuntjies moet soos mans grootgemaak word maar dit gebeur al hoe minder.

Ek weet nie of ek dit nou reg verwoord nie, hoop jy verstaan wat ek probeer oordra  :thumleft:
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,024
  • Thanked: 578 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #134 on: November 12, 2014, 07:41:48 pm »
Dorsland, dankie dat jy die persoonlike reis met ons deel. Eie tyd is goed vir mens

Ek is soms maar huiwerig om my gedagtes so op 'n openbare forum te deel Pietas.  Maar as dit by jou aanklank vind, dan is ek bly.  Ek skryf maar wat ek voel en dis seker hoekom ek dit op die selfoon gedoen het, dis dadelik terwyl ek nog my gedagtes bymekaar het.
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Kykdaar

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Zundapp (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 7,610
  • Thanked: 2 times
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #135 on: November 12, 2014, 07:50:43 pm »
Waar is daai "hall of fame" ding vir ride reports? Hierdie RR hoort defnitief daar.

Seker een van die beste RR's wat ek nog op die forum gelees het.

Dankie Dorsland, dit voel of ek ook daar was :thumleft:
 

Offline 4 Kays

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,360
  • Thanked: 11 times
  • Live your life - you only have one to live !!
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #136 on: November 12, 2014, 08:53:55 pm »
Dorsland, jy het ook lisensie om jou gedagtes te skryf  :thumleft: Jou RR baie geniet  :thumleft: :thumleft:
 

Offline Bokveld

Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #137 on: November 12, 2014, 09:43:27 pm »
    Jy het die regte roete gekies vir n onvergeetlike solo-trip.Dankie vir n heerlike RR en al die mooi fotos.Net jammer jy het Sondagmore hier by my verbygesluip(Montagu).Ek was juis nie kerktoe nie.
 

Offline MooseRider

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 600 Z
    Location: Western Cape
  • Posts: 317
  • Stofpad langs
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #138 on: November 12, 2014, 10:45:38 pm »
Nou het ek darem lekker gelees aan die stuk. Pragtige fotos en skryfstyl wat jy het Dorsland.
Laat waai Meraai
As jy dom is moet jy leer!!!
Yamaha DT 125 Enduro (Sold)
Suzuki GT 200X5 (Stolen)
Yamaha XT 600 Z Tenere (Sold)
 

Offline Flatout

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda TransAlp XL700V
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,236
  • Thanked: 2 times
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #139 on: November 12, 2014, 11:39:44 pm »
Dit was nou lekker!

Dorsland ek raak ook soms paniekerig in water maar het darem nog nooit halfpad afgespring en uit gehardloop nie.........  :spitcoffee: