Dorsland trek Tankwa toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
a1e10b2aaec5033c0939f847b73ddd9f.jpg


Wat is dit met oneindige vergesigte, half woestyn landskappe, grondpaaie wat oor uitgestrekte vlaktes kronkel en 'n hoorbare stilte, wat maak dat ek amper 'n geestelike ervaring beleef om daardeur te ry?

Eintlik moes ek dié naweek by die Winterberg Bash gewees het, maar ek het 'n behoefte gehad om net weer mens te word. Om myself weer vol van die Groot Niks daar in die Groot Karoo, die Tankwa, die Boesmanland te gaan maak.

Hier op Merweville, in 'n eenvoudige kamertjie agter die kontant winkel, kan ek net nederig dankie sê vir die grootsheid van die Skepping en al sy wondere wat ek aan die einde van my eerste dag beleef het. Ook dat ek weer begin verstaan waar ek daar in pas.

Ek hoop as ek terugkeer dat ek my gedagtes en ervaringe sinvol kan neerpen.

Tot dan, die groot...

b0d74f131d5c87dfde4f9e69c79e4db1.jpg


... en die klein wat ek ervaar het.

99eeefd12ade6bed395174049cd5399a.jpg
 
Top