Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Dorsland trek Tankwa toe  (Read 13914 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline TVB

  • Deleted Users
  • Forum Whore
  • *
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: North West
  • Posts: 5,979
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #80 on: November 07, 2014, 06:12:10 pm »
Ek wonder of die 200 ooie nou darm al geent is.

Ja darem, ekt die hele oggend Amageza gekyk en moes die job toe namiddag in die lekker warm son aanpak. Ekt 'n wakende oog gehad waaraan ek, however, glad nie gewoond is nie.

Magtig en jy het dit man alleen gedoen? Welgedaan om in daai warm wereld so fluks te wees!
 

Offline Hinksding

  • is beslaan met ligte hoefysters
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR125L
    Location: Northern Cape
  • Posts: 2,584
  • Thanked: 55 times
  • Die aai van Loeriesbaai
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #81 on: November 07, 2014, 06:57:25 pm »
Ek wonder of die 200 ooie nou darm al geent is.

Ja darem, ekt die hele oggend Amageza gekyk en moes die job toe namiddag in die lekker warm son aanpak. Ekt 'n wakende oog gehad waaraan ek, however, glad nie gewoond is nie.

Magtig en jy het dit man alleen gedoen? Welgedaan om in daai warm wereld so fluks te wees!

Ja....en nee, jinne TVB, sit jy my nou in die spot. Ekt almal bloednier gespuit, maar die een krullebol het hulle Vit A gedous, en die ander krullebol het hulle Ivermax gespuit. So, ekt nie alles self gedoen nie, maar almal is onderdeur die "lanie" se hande.
Eet vleis! 'n 1 000 000 jakkalse kan nie verkeerd wees nie.
 

Offline TVB

  • Deleted Users
  • Forum Whore
  • *
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: North West
  • Posts: 5,979
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #82 on: November 07, 2014, 06:59:08 pm »
Ek wonder of die 200 ooie nou darm al geent is.

Ja darem, ekt die hele oggend Amageza gekyk en moes die job toe namiddag in die lekker warm son aanpak. Ekt 'n wakende oog gehad waaraan ek, however, glad nie gewoond is nie.

Magtig en jy het dit man alleen gedoen? Welgedaan om in daai warm wereld so fluks te wees!

Ja....en nee, jinne TVB, sit jy my nou in die spot. Ekt almal bloednier gespuit, maar die een krullebol het hulle Vit A gedous, en die ander krullebol het hulle Ivermax gespuit. So, ekt nie alles self gedoen nie, maar almal is onderdeur die "lanie" se hande.

Mooi man, welgedaan!  :thumleft:
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,286
  • Thanked: 63 times
  • East London
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #83 on: November 07, 2014, 07:06:57 pm »
Ja....en nee, jinne TVB, sit jy my nou in die spot. Ekt almal bloednier gespuit, maar die een krullebol het hulle Vit A gedous, en die ander krullebol het hulle Ivermax gespuit. So, ekt nie alles self gedoen nie, maar almal is onderdeur die "lanie" se hande.

 :lol8:
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Garfield

  • Deleted Users
  • Senior Member
  • *
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,640
Re:
« Reply #84 on: November 07, 2014, 07:10:34 pm »
@ Garfield : ek slaap Vrydagaand by Cederberg Oasis as jy wil kuier? Ek weet nie hoe ver dit van jou af is nie

 :'( sien dit nou eers, werk het my gevang die week, 'n vreemde ding vir iemand wat in die Wes Kaap bly.

Lekker verder ry, die manier hoe jy dinge beskryf en die fotos daarmee saam gee 'n baie nice ander perspektief op plekke wat ons dalk as vanselfsprekend sien, dankie daarvoor en lekker verder ry  :thumleft:
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,817
  • Thanked: 517 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #85 on: November 07, 2014, 07:45:05 pm »
Maak nie saak waar mens woon nie, daar waar jy jou werk verrig sal mens altyd verantwoordelikhede h.  Dis seker soos ETS vroer ges het : hy woon in die Karoo en kyk verby die mooi. Dis seker maar soos mense wat by die see woon wat dikwels nie daar uit kom nie.

En dis die lekker van wegkom, mens kry weer die geleentheid om die wreld deur ander o te sien, sonder dat die sifdraad van verantwoordelikheid dit verdof. Dis om weer te kan besef waaroor alles gaan.

Middelpos en die hotel is so 'n stukkie vergetelheid, 'n plekkie wat getuig van 'n eenvoudiger tyd.






Ek kyk bietjie in die winkel na die rakke en die kasregister. En in die hotel die hout afwerking en die meubels, seker hier uit die vyftiger en sestiger jare uit. Ek weet nie of ek nou te diep kyk nie maar dit smaak my iets van die deftigheid, van die trots in ons vakmanskap, van die kwaliteit van die verskillende materiaal waaruit ons dinge gemaak het, het rens in ons dolle gejaag na meer en beter en groter, verlore geraak. Die wreld het waaragtig soos 'n worsstopper geraak.

Kyk bietjie hierdie hout vertoonkassies:






Die kasregister:




Ag wat, dalk moet ek my sommer by my fiets trippie hou.
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,817
  • Thanked: 517 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #86 on: November 07, 2014, 07:48:26 pm »
Toe ek die volgende oggend wakker word, klink dit soos by die huis. Daar is hoenders wat kraai, bokke wat blr en ganse. Ek pak maar op sodat ek vroegerig kan wegkom. Eers gou ontbyt eet, daar word sommer bokmelk botter voorgesit.





Terwyl ek nog eet,  bel Hinksding. Die Amageza manne ry skuins verby sy plaas,  wil ek nie saam hom bietjie gaan loer nie. Dit kan dalk werk alhoewel ek my plan effe sal moet aanpas om betyds by hom te wees. Ek betaal en val innie pad.

Dis my dag van die Tankwa!

My roete ry deur die mooiste harde landskappe. Groot vlaktes wat tot in die oneindigheid strek, strak harde kranse wat oor dorre leegtes uittroon, ry op ry plat rante en koppies wat vroeg al in die hitte dans.









Maar ook hier is genade as ek sien hoe daar orals 'n watertjie loop, hoe modderig die pad nog eergister was. Hier en daar is daar nog steeds sulke nat kolle en ek kan nie t slap l nie.



Maar die hekke krels,  O die hekke. Ry en stop en klim af en sleep die hek oop en klim op en ry deur en klim af en sleep die hek toe en klim op en ry weer verder. Vir so 3 km dan herhaal die hele proses hom. En nie 3 of 4 keer nie,  seker so 12 of 15 keer. By een hek staan 'n Drakensberger koei duskant en haar kalfie anderkant.  En probeer so 'n ruk om die kalf weer by sy ma te kry maar hy bly wegneuk. Dis al warm, my pad l oop vir my en ek los die twee toe. Hulle sal wel by mekaar uitkom.

Ek sien hier wat waagmoed, arbeidsvreugde, 'n strewe na beter en 'n passie vir dit wat jou lewenstaak is, kan doen. Hier is mooi netjies opstalle met 'n klein fyntuin, 'n paar koeltebome, wit gekalkte arbeidershuise met songeisers, 'n laslappie of vier lusernlandjies. Dis 'n harde wreld maar dit brand nie die mens in ons weg nie. Dit maak nie ons strewe na bo minder nie.









Hier kan selfs 'n vetplantjie hom mooi maak deur die oulap se rooi oor sy blare te vee.



Ek kom op Calvinia aan en gooi weer vol: die fiets kry 95 Oktaan, ek kry vrugtesap. O ja,  en 'n roomys. Vakansie is mossie vakansie sonder roomys. Sommer baie daarvan.




En dan gooi ek bietjie kole in Hinksding en die Amageza manne se rigting. Gelukkig is hierdie bord net vir die 1200 GSA manne so ek kan maar laat waai.




 Hinks se spoorsnyer truuk met die voersakke wrk en ek ry die tweespoor tot by hom en die fotograwe redelik maklik. Ek sien daar is reeds 'n paar van die renjaers hier deur en dit is goeie motivering om nie die 800 in die dik sand neer te wetter nie. Ons kyk hoe die ouens met mening verby jaag. Die hitte - 35 grade - druk ons vas en ek kan my indink hoe di ouens moet voel wat nou vir die vyfde dag al die krane oopdraai deur die strawwe wreld.

Maar Hinksding se werk l op die plaas vir hom en wag so ons kry rigting soontoe.

Later die middag, toe die son laag sit en hy sy wurggreep op die aarde so effe verslap, wanneer die ver rante so blou raak in die verte, dan kan mens jou amper verbeel di wreld het ook 'n sagte sy. Maar mens moet maar mooi kyk of jy kan dit maklik miskyk.









Loeriesfontein l en asem skep in die effens koeler aandluggie toe ek daar aankom. Dis 'n mooi netjiese dorp, en kan sy kop nog omhoog hou in vergelyking met baie van die ander klein plattelandse dorpies.







Dankie Hinks en Elzaan vir julle gasvryheid en vriendelikheid. Ek het lekker gekuier, geslaap en geet. Ons maak weer so.
« Last Edit: November 13, 2014, 01:03:54 pm by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,761
  • Thanked: 189 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #87 on: November 07, 2014, 08:11:16 pm »
Snap! Hier is my foto omtrent op dieselfde plek as joune net voor Loeriesfontein  :ricky:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline TVB

  • Deleted Users
  • Forum Whore
  • *
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: North West
  • Posts: 5,979
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #88 on: November 07, 2014, 10:47:42 pm »
Ek stem saam oor die vakmanskap ding........ek het baie jare terug gewerk as n eppi meubelmaker (ek het egter nie klaar gemaak en is brandweer toe) Die plek waar ek geleer het was genaamd 'Ou Goud Kunsmeubels' en Pieter Killian was die einaar en vakman. Ek het n jonkmanskas van soliede emboya gemaak asook n Tulbach eetkamerstel kompleet met bufet uit geelhout en emboya en het die eerste prys op die skou gekry (of Ou Goud het. Nie te min, my baas (Pieter) het tot die laaie uitgetrek en gevoel of als afgewerk was, en n kwas mag in geen van sy meubelment gewees het nie. n Kwas is vir die ouskool meubelmakers n 'swak element' en absoluut NIE toelaatbaar gewees nie. Ek het daardie beroep baasgeraak en hoewel ek later jare ekstra geld gemaak het met staalwerk ens het die houtwerk in die agtergrond ingeskuif. Een ding kan ek wel se vandag; ons het nie iets soos superwood, chipboard, laminated board of dergliks gehad of gebruik. Alles was solied, en suiwer. Die een dokter van Brits het daardie jaar op die skou my handewerk gekoop en ek glo dit pronk vandag nog in sy eetkamer. Ek self sit met n soliede emboya stel wat ek nie sal oorweeg om te verkoop vir R50K vandag nie. Daardie era en vakmanskap is verby en die laastes is besig om te dooi........en dit gaan oor geld.

Die goeie nuus (hoewel ook slegte nuus vir ander) is dat die era weer in n vorm gaan terugkom! Hoor ek die anderdag van n ou omie dat hy en sy seun nou weer so n absolute eksklesiewe prag solied hout meubel fabriek vanaf n plot bestuur en dat daar n vraag ontstaan onder die groot ryk manne. Sien soos enige land nader en nader begin neig aan derde wereld verdwyn die middelklas stadigaan en sit jy met of arm of baie ryk. Die rykes begin nou of oudhede te koop en te 'laat restoreer' of hulle bestel nou die eksklesiewe soliede meubelment. Dit gaan op die einde als oor vraag en aanbod, so daar is hoop vir die houtwerk manne!  :thumleft: Wie weet, miskien maak ek eendag ook n 'comeback' en doen weer ordentlike meubels. Ek het die prakties, maar het net nooit die papiere agter my naam gekry nie.

Veilig ry verder!  :thumleft:
 

Offline Matewis

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,066
  • Thanked: 68 times
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #89 on: November 08, 2014, 06:28:12 am »
Het ou Koos darem vir jou petrol gegooi daar op Loeries?? My oom besit die drankwinkel wat net oorkant die kooperasie sit, en sy broer en nog 'n man man of 3 het onlangs die motorhawe waar jy petrol ingegooi het gekoop.
Dont go where the path my lead  Go instead where there is no path and leave a trail ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/
https://witvosblog.wordpress.com/
 

Offline Draad

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 3,371
  • Thanked: 15 times
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #90 on: November 08, 2014, 06:30:49 am »
Dorsland jy skryf wragtig mooi man  :thumleft:

PS.. Toe ek lees van jou kasernearres en boots wat nie " gebone " was nie gaan my gedagtes so amper 35 jaar terug toe ons daar saam in die bos op 3 SAI was ( en nog in n size 30 jean gepas het ) en n bietjie "Drybrite" oor daai ge bone de stepouts gesmeer het met die kans vir n extra stempel in die "dom pas " vir n naweek uit  :imaposer:

Lekker verder ry en bly veilig  :thumleft:
Sies jou VARK !!
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 10,190
  • Thanked: 216 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #91 on: November 08, 2014, 06:39:19 am »
Sjoe ons ry lekker saam.
Veilig ry en kom veilig by die huis aan...... eendag as jy klaar is met die TREK...  :imaposer:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Tonteldoos

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XL1000V Varadero
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,602
  • Thanked: 6 times
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #92 on: November 08, 2014, 07:17:04 am »
Man dis nou n lekker lees die!
Dis amper asof die aarde saampraat met jou

Gooi nog
Challenge = Innovation = Change
 

Offline MR. D

  • Member
  • **
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 256
  • GS staan nie vir "geen sand," maar "gee my sand"
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #93 on: November 08, 2014, 10:55:16 am »
Baie dankie Dorsland vir die goeie RR. Ek sit hier in gauteng maar kom van Oudtshoorn. As mens die mooi fotos sien en die woorde lees dan raak ek sommer nostalgies. Dis waarlik n asemrowende wreld daai met sy eie karakter en gees.  :thumleft: :ricky:
 

Offline ETS

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 1290 Adventure S
    Location: Northern Cape
  • Posts: 6,411
  • Thanked: 59 times
  • Die Punda van Prieska
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #94 on: November 08, 2014, 11:07:35 am »
Jis ou maat jy het n slag met woorde. Dankie ek geniet dit kwaai :thumleft:
If i had to explain you would not understand anyway......
 

Offline Joyride

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 950 SE
    Location: Western Cape
  • Posts: 677
  • It's only a flesh wound
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #95 on: November 08, 2014, 02:37:34 pm »
Dorsland dankie vir die deel. Dis kos vir die siel.
4 wheels moves the body, 2 wheels moves the soul

STELLENBERG, CAPE TOWN

Kawasaki KLR600; Yamaha XT250
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 30,680
  • Thanked: 649 times
    • dustriders.co.za
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #96 on: November 08, 2014, 02:43:29 pm »
Ek sien jy het toe die hekkepad gevat uit Middelpos na Calvinia via Leliekrans. Jy het vlak voor vriend Piet se huis verbygery.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Duster

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,364
  • Thanked: 1 times
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #97 on: November 08, 2014, 06:27:30 pm »
Dankie vir die deel.  Ek lees en ry lekker saam.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 758
  • Thanked: 7 times
Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #98 on: November 08, 2014, 06:53:51 pm »
Siels kos :thumleft:
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,817
  • Thanked: 517 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
« Reply #99 on: November 09, 2014, 06:12:44 am »



'n Windpomp is vir my 'n eenvoudige wonderwerk van 'n masjien. Nederig staan hy daar in die veld op sy pos en verrig sy noodsaaklike taak, dag in en dag uit. Sonder hom kon groot dele van ons land nooit vir die veeboer lewensvatbaar gewees het nie.

Daarom is dit vir my heel toepaslik dat in hierdie waterskaars Loeriesfontein distrik, die manne dit nodig geag het om 'n windpomp museum te ontwikkel.  By die huis het ek 'n boek oor al die windpompe wat ons land al gesien het, dis verbasend hoe veel fabrikate daar was. En vandag staan baie van hulle in lewende lywe hier vlak voor my op 'n vars Boesmanland oggend. Ag man,  'n Climax en 'n Stewart's & Lloyds en 'n Southern Cross is sommer alledaags. Daar is ook Aermotors, die Beaty-Pumper, die Self-oiler, die Adler, Gallery en ander.

Deftig uitgevat in hulle blink verf staan die manne van die vlaktes nou rustig afgetree hier op Loeriesfontein na dekades van getroue diens. Salut krels, geniet die aftree.






Ek draai by die Spar om sonroom en dro vrugte te koop. Die son brand deur my visor die wit waks uit my uit. Kry toe by die Boesmanland kroeg di twee manne van George ook daar.






Vandag l weer soos skoolvakansie voor my en ek kry sommer hier in my kiewe lekker vir die vooruitsig. Eers so 'n stuk teerpad tot op Nieuwoudtville en dan die Sederberge in. Dis vroeg al warm en die teerpad slaan die hitte op teen my bene.






Op Nieuwoudtville kan ek nie verbyry sonder om die pragtige sandsteen kerk van nader te gaan bekyk nie. Ek wonder hoe lank dit geneem het om so 'n mooi kerk uit gekapte klip te bou.  Dit verg toewyding en dm harde werk.  Die eindproduk is die moeite werd.





Soos amper elke dorp in ons mooi land, getuig hy van 'n tyd toe kerkgaan meer belangrik as malls en rugbystadions was. Van 'n tyd toe ons geweet het vanwaar ons redding en genade kom. Van 'n tyd toe dit met ons land en ons mense beter gegaan het. Toevallig?

"Die gras verdor, die blom verwelk, maar die woord van onse God hou stand in ewig. "

« Last Edit: November 13, 2014, 01:10:16 pm by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven