From Facebook, a message posted by Theunis:
Theunis Nel with Elizna Groenewald and 5 others at Unitas Hospital
9 hrs
Ek is nou 'n leftie, so dit vat bietjie langer as gewoonlik, jammer vir die lang wag.
Ek is verstom oor die aantal mense wat vir my en my gesin bid vanaf die dag met die ongeluk, dit gee my net meer rede om op te staan en tenmidde van die storm weer terug te gee aan jul.
Ek het dit goed gedink om te begin by die heel begin... Vanaf die oomblik toe ek die bakkie se modderskerm op my sien afstorm, het ek begin bid en sal nie weer kan ophou nie. Dankie Vader vir U liefde en GROOT genade.
Vir elke persoon wat my dadelik tehulp gesnel en my bygestaan het - besonderse dank aan jul elkeen. Jan, ou chom - jy is 'n man van staal! Alhoewel ek nie veel onthou, kyk ek terug en besef hoeveel persone oor my pad gestuur is en groot aandeel het in die feit dat ek vandag nog hier kan wees. Ongelooflike paramedici, hospitaal personeel, elke dokter is oor my pad gestuur om 'n verskil te maak.
Hier is hordes mense om te bedank - familie, vriende en ondersteuners.
My steunpilaar Mareli, my twee hartspunte MrC en Anlulu.
Dankie aan my Sus wat elke besoek met haar besorgde beskermde energie my ondersteun.
Wonderlike familie (ek het nie skoonfamilie, dit is vir ouens wat nie van hul skoonma hou nie) my skonies is deel van my familie!
My hartsvriende, 'n klompie mense wat van die eerste oomblikke ingespring het en al soveel klippe uit ons as gesin se pad gerol het (en nogsteeds doen) hoe swaar ookal. Julle is onvoorwaardelike staatmakers!
Dan moet ek ook aan Anria en Jaco dankie se vir jou vinnige onbaatsugtige hulp. Jul is altyd daar vir almal, maak nie saak hoe ernstig of ligtelik die situasie.
Dankie aan die span by die Woema winkel, dan ook 'n groot dank aan al die menig facebook maats se gebede en gedagtes. Sonder dat ek bewus was, het jul hande gevat en 'n laer om ons gesin getrek. Saam jul gaan ek oorlog toe!
Daar gaan nog baie dankies van my kant af kom en daar is soveel wat ek persoonlik sal wil doen, weet net ek is ongelooflik dankbaar vir jul gebede en onvoorwaardelike ondersteuning.
Aan God al die eer en dankie vir die wonderwerk om nog te kan wees en nog die plan wat hy met my het te kan navolg.
Woema groete
Theunis