Boodskap in van Anria van Heerden wat saam met hom gewerk het op Woema:
Ons is dankbaar vanoggend vir ongelooflike dokters wat gisternag en vanoggend vir Theunis Nel se lewe geveg het, asof dit hulle eie is. Daar was geen ander keuse as om Theunis se regterarm vanoggend half een te amputeer nie. Dit het verseker sy lewe gered en daar was onmiddelik 'n verbetering in sy toestand. Hy is steeds kritiek, maar stabiel. Baie dankie vir ons vriende, familie en WOEMA fans, wat deur sie nag gebid het, vir almal se ondersteuning en liefde vir Mareli Nel en seuns in hierdie tyd. Ons vra dat julle asseblief nie sal ophou bid nie, ons is besig om die stryd te wen en ons erken dat ons 'n MAGTIGE GOD dien!! HY was in beheer gisteraand en is steeds. Ons sal gereeld updates gee rondom Theunis se vordering.
Sterkte aan Theunis en sy familie.