Ai dis sleg. Ek vertrou maar net hy trek deur en baie sterkte vir sy familie.
Ons was letterlik minute na die ongeluk verby die toneel waar hy in middel van pad gele het met paramedici reeds op toneel. Ons het egter gedink dit was n motoris wat behandel word maar het seker 100m verder n wit en blou 1150 GSA alleen langs die snelweg onderste bo sien staan - eers toe besef dit was heel moontlik die man op die motorfiets gewees.
Ek en mede hond Komin wat saam daar verby is het nog gepraat oor hoe erg dit moet wees om in sulke gietende reen te moet commute. Skokkend om die minste te se