As ek so na die draadloos luister smaak my die pad was nat en het olie opgehad. Volgens die berig het Theunis op die oliekol gegly en geval. In die proses het hy die fiets van hom af weggeskop. Twee karre agter hom wat ook op dieselfde olie en nat pad gegly het kon hom gelukkig vermy. 'n Derde voertuig het ook probeer om Theunis te vermy en in die proses met 'n ander voertuig gebots en is toe oor Theunis. Vandaar die erge beserings.
Ai man, hierdie tipe "bad luck" ongelukke is vir my die ergste. Mens kan 100 keer op 'n nat, oliekol gly en val. 99 keer spring jy op en jou eerste bekommernis is om seker te maak die bike is okay. 1 keer is die goeie geluk net nie aan jou kant nie en die uiteinde is erge beserings soos die.
Sterkte Theunis en famile!