VAN FACEBOOK:
Deur Anria
Update vir vandag:
Nog 'n groot mylpaal het vir Theunis in sy herstel proses aangebreek!!!
More is dit terug teater toe, waaroor ons almal ongelooflik dankbaar is!
Ons is 'n dankbaar vir 'n ongelooflike bekwame span Dokters en personeel wat oor Theunis waak en hy gee werklik sy volle samewerking!! Soms sien jy die pyn, maar hy byt vas en niks is te veel moeite nie.
Ons besef dat more net een van die baie groot operasies gaan wees. Die herstel begin more aan sy heup, bobeen, knie en onderbeen. Die dokters is eerlik dat dit nie maklik gaan wees nie, maar ons vertrou volkome!
Ek sal more oggend (sodra ons weet hy is in die teater) vir julle almal laat weet. Ek weet dat elkeen van julle saam met ons sal bid vir God se teenwoordigheid in die teater en dat Hy Sy Hand van genesing en wonderwerke sal sigbaar maak!
Na môre se operasie gaan daar geen besoekers toegelaat word nie want infeksie beheer is dan ons belangrikste doelwit!!!
Ons werkskaf more kliphard in die WOEMA winkel om 'n spesiale muur te maak waar elkeen van julle 'n persoonlike boodskap vir Theunis kan kom skryf! Ek sal fotos opsit en dan kan almal kom kuier!
Ek het vandag weer versoeke gekry vir mense wat voel hulle wil bydraes na ons spesiale Daisies care 4 Bikers fonds maak en ek gaan dit weer vir julle post. Ons fondsie groei mooi en ons gaan sommer baie mense kan help!
Ek sluit vanaand af met 'n spesie boodskappie van Mareli Nel: "Woorde is nie genoeg...maar ONGELOOFLIK baie dankie vir jul liefde, gebede en ondersteuning."