Toe vat ek maar weer die sementpaadjie op boontoe en het gou vinning gestop by Heidleberg vir 'n koeldrankie vir my en die scooter.
Van Heidelberg af het ek die grondpad Malgas toe gevat, die grondpad was in 'n baie goeie toestand, en dit was 'n perfekte dag vir bike ry
By die Pont aangekom was daar 'n Duitse couple met 'n Polo, en 'n mountain bike toergroep met hulle bussie voor my, maar die operator het gese ek moet verbykom en sommer heel voor stop.
Na die rit oor die river, het die Duitser eerste afgery, en ek is toe kort op hulle hake (ek maar prober om nie my naam met 'n plank te slaan voor al die fietsryers nie!

)
Daarvandaan het ek die pad gevat Bredasdorp toe, en is gou gou by die Polo verby wat in dieselfde rigting op pad was.
Na ek 'n paar keer gestop het om water te drink of foto's te neem, het ek maar aangestoot, want ek moes elke slag eers weer in die Polo se stof ry en hulle dan weer verbysteek, so my foto's het hier bietjie opgeraak.
Van Bredasdorp af is ek Elim toe, en daarvandaan oor die berg Stanford toe.
Toe deur Hermanus, gou volgemaak in Kleinmond en rustig met Clarens Drive langs gery tot by die huis.
die pad huis toe van Heidelberg was so 300 km, waarvan so 220 grond was.