Werk trippie raak toe 'n lekker grondpad ride huis toe!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Rooikoos

Race Dog
Joined
Oct 9, 2014
Messages
644
Reaction score
284
Location
Somerset West
Bike
BMW F800GS
Ek moes Donderdag Duiwenshoks dam by Heidelberg toe vir werk, en aangesien ek nie enige kliente moes ontmoet nie, en het ek besluit om die scooter te vat en dan soveel as moontlik grondlangs terug te ry Somerset Wes toe.

Woensdag het ek net eers gou by Mike Adendorf gestop en my nuwe bashplate opgetel, wat gou Woensdagaand gefit moes word.

Donderdag oggend vroeg val ek toe in die pad, het maar N2 langs gery aangesien ek vroeg daar moes wees. die weer het maar grys gelyk, maar wies bang?

in Riversonderend moes ek natuurlik eers by Die Ou Meul Bakkery stop vir een van die beste pies in die land en 'n koffietjie.

In Heidelberg aangekom het ek net eers gou die bande bietjie afgeblaas, aandgesien dit meestal grondpad is na die dam toe. om by die dam uit te kom, moet jy oor 'n redelike steil bult gaan e ndie pad is redelik reguit op, so dit was maar 'n geval van spoed en momentum en vashou! Bo-kant het ek eers gou gestop vir 'n fototjie, en toe die tweespoor sement paadjie aangevat ondertoe. eers onder die damwal gestop vir 'n beauty shot van die scooter, en toe na die kantoortjie toe gegaan en gou hulle sagteware opgradeer.




 

Attachments

  • 452.jpg
    452.jpg
    59.8 KB · Views: 361
  • 444.jpg
    444.jpg
    76.8 KB · Views: 364
  • 445.jpg
    445.jpg
    60.5 KB · Views: 370
  • 446.jpg
    446.jpg
    76.3 KB · Views: 364
  • 449.jpg
    449.jpg
    42.4 KB · Views: 364
Top