Weereens - baie sterkte man!
Troos jou daaraan dit was verseker 'n frats ongeluk - as die pot direk op die grond le het 'n man gewoonlik 'n bietjie spasie om te roer onder die boxers!
Oor daai bande...
Ek steur my lankal nie meer aan verkoopsmanne wat evangelie verkondig dat hierdie tipe bande "dual purpose" is.
Het self ondervind hoe vinnig a "dual sport" voorband onder my uit glip op 'n vorige GS. Tot vandag toe weet ek nog nie wat ek moes doen om die val te keer.
So, reel aan myself - TKC80 voor altyd en die agterband kies jy volgens hoe steil jy wil klim en vinnig jy wil stop. TKC80 voor gee jou al die grip wat jy nodig het op alle oppervlakke. (teer, sand, ens.) Agter kan jy bietjie "compromise".
maar die is nie wat jy nou wil hoor - weereens - sterkte met die herstel .
Hoe is die vibe in die huis? Nog nie gehoor jy moet eerder gholf opneem?
