Hierdie bulletjie het ek twee weke gelede gekoop. Sy pa kom uit n stoet uit Queenstown. Ek reken hy moet bly tot hy drie jaar oud is.

Die vers koop ek Januarie vir n bargain en sy moes iewers geraps gewees het kort na aankoms deur een van my jong bulletjies. Die resultaat
n versie met die naam Pepino(weet nie waar Amanda aan die name kom) Die bul het ek ook twee weke gelede vir n goeie prys gekry teen
287 kg en n week na hy hier aanland is die koei op hitte. Nou is Bonzai Boerdery Bpk voltallig met 16 koppe.

