Michelle se eerste overnighter - Vredefort Koepel

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

alwyn_gs

Race Dog
Joined
Aug 17, 2010
Messages
2,086
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
BMW R1200GS Adventure
Michelle se niggie se troue was Saterdag, in Parys, Vrystaat. En sy het nou mos die nuwe skoeter, so dit beteken een ding - Road Trip!!  :drif: :drif:

So gepak en in die pad Saterdag oggend.


Teer gery to in Westonaria, en van daar links op die teer in mees reguit lyn Parys se kant toe.


Michelle baie opgewonde

Ou Havard en Impala by Baragwanath airfield.




En vir die dag het ons so 56km grondpad gery. Sy het so mooi gery, en haar mojo was so aan, dat ons nie veel fotos geneem het nie... ::)

n Selfie by die troue Saterdag aand


En so breek Sondag oggend aan... vroeg op, bokse gepak, en groet die familie, oppad Vredefort koepel toe....  :biggrin: :biggrin:

Die Vredefort koepel is so mooi groen, die paaie is perfek vir my newbie vrou...  :thumleft: En die pas tel op tot in met so 60km/h.  











By Venterskroon




Heel gemaklik op die grond. Help seker dat ons so saam gepillion het... so haar gewig verplaasing is uitstekend waar dit nodig is... Dis so so cute!!

Sweetie break op die Vaal




Tot n water poeletjie


Michelle lovin it





So het so 122km grond uit die 478km van die naweek gery. Die X Country is die beste fietse vir haar...

SO SO TROTS OP MY VROUTJIE!!!  :thumright:
 
Top