Lodie de Jager: Naboom2Germany faam - Life Celebration 10/01/15 om 11:00

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Baie van julle ken Lodie de Jager van Naboom2Germany faam, wat die wêreld al platgery het met sy KLR.  Nie baie weet dat hy altyd alleen die trippe aangedurf het nie, want Lodie is soos die Lone Ranger.  Hy hou van sy spasie, sy stilte en van die natuur.  En natuurlik sy passie vir kinders en motorfietse oor die algemeen.  Met sy toere het hy ook geld ingesamel vir Operation Smile, wat kinders met gesplete verhemeltes gehelp het om operasies te ondergaan om dit reg te maak.

Maar tans is hy baie swak, waar daai haatlike groot k hom so bietjie meer as 'n jaar gelede, oorval het.  Na baie maande se behandeling en 2 groot brein operasies, is hy tans in Naboomspruit se Tehuis vir Bejaardes opgeneem waar hy permanent onder toesig is.  Hy kan nie self loop nie en het baie minder gebruik aan sy linkerkant, hy praat tans nie en sukkel om enige kos in te neem.

En dis waar ek wil vra dat ons hom nie nou alleen sal los nie, maar as mede motorfiets entoesiaste hom sal opdra aan die Vader wat hom al die geleenthede gegee het om te kon doen wat hy gedoen het.  Ek vra dat ons aan hom sal dink en vra vir genesing, maar veral vir gemak en beterskap.  Ek glo dat gebed krag het (as jy nie daaraan glo nie, dink net aan hom, asb) en dat daar steeds wonderwerke kan plaasvind, veral as daar meer as een is wat saam bid.

Hy ontvang nie besoekers nie en dit is ook die wens van die familie dat hy eerder moet rus (hy slaap 90% van die dag onder geinduseerde pynverdowing) as wat 'n klomp bikers hom kom probeer opbeur.

Bid ook asb vir sy 3 susters wat die swaar saam met hom moet dra (en ander familie) en dat hulle sterk sal staan in die moeilike omstandighede.

Ek sal as daar enige verandering in sy toestand is, julle op hoogte hou.  As daar iemand is wat persoonlik wil kontak maak, pm my gerus en ek sal die boodskappe oordra aan die familie.

Baie dankie vir elke een wat bereid is om 'n verskil te probeer maak.

Duster
 
Top