Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 'n Verrassing wag op Conway  (Read 2820 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
'n Verrassing wag op Conway
« on: January 04, 2015, 02:39:39 pm »
Toe die honde my 04h00 vanoggend wakkerblaf nadat hulle die 2IB se kat in die tuin gewaar het, kon ek nie weer slaap nie.  Dis lekker koel buite op die stoep en ek drink sommer my oggend teetjie daar. Toe kry ek net daar en dan hond se gedagtes en steek Basecamp aan die brand.  

Hmmm, janee, so 'n vinnige kopskoonmaker Grassridgedam se kant toe kan nogal werk.  Dis nie hoe lank nie en ek het die drie "S"e agter die rug, my ATGATT aangetrek en ek is oppad.

Nouja, moenie te gemaklik raak nie, hierdie RR is tť kort vir 'n pouse.  Sommer so 'n paar kiekies en 'n spatsel vertellinge hier en daar.  Geniet hom...

My kop is bietjie op 'n ander plek toe ek daar weg is en ek stop nie vir te veel fotos nie.  Ek geniet sommer die lekker koelte en bewolkgeit toe ek Wapadsbergpas oor is, was erg mistig op die kruin.  Maar dis vir my lekker omdat dit op die plaas so kwaai warm en droog is.  Toe ek die N10 tussen Cradock en Middelburg oorsteek en by die Visrivier onderkant die Grassridgedam uitkom, toe is die gesig van soveel water vir my te veel en ek moet vir die eerste kiekie stop  ;D







So 'n bietjie ingenieursvernuf en 'n paar ton beton kan darem die wÍreld se verskil in 'n dorre streek maak.  Dis nou Oranjerivierwater wat hier onder my voete dreun en besproeÔingsboere breed laat glimlag.  Net agter my is spilpunte - die grootste wat ek gesien het is 'n 8-toring - wat voersorgum en weilusern natmaak vir 'n groot melkery.  Skaars 3km verder is dit weer harde dorre Karooveld.






Ek ry verder om my draai by die Grassridgedam te gaan maak.  Regs van my ry ek al langs 'n wildheining waar daar kortkort bordjies wat teen roofdiere (met tekeninge van leeus) waarsku, hang.  Ek dog toe, "ja, OK".  Dis nog een van die Sjinese Tams familie van Cradock se wildsplase.  Lekker wild gekyk so in die verbyry.  Waaragtig hoor ek later op Conway, daar is sowaar leeus agter daai heining!

Ek ry by die Grassridgedam in en wil tot bo-op die wal kom.  Ongelukkig keer hierdie laagwaterbruggie my.  Ek is alleen en daai water lyk gans en al te sterk na my sin.  Buitendien het ek my swembroek by die huis gelos.












Die son het intussen kop uitgesteek en dis nogal warm.  Hier langs die wallevol rivier is dit lekker koel en ek drentel bietjie onder die groot wilger- en soetdoringbome rond.  Ek speel bietjie met die kamera ...









Ek is vroeg by die huis weg sonder om padkos te vat en nou beginne my maag my laat weet dis tyd.  Ek saal maar weer op en kies koers via Conway, Middelburg se kant toe om daar iets te gaan nuttig.  Net toe ek die dam se terrein wil uitry, sien ek so 'n skelm padjie wat hier links voor my uitdraai.  Nou ja, wat van 'n "adventure biker" sal ek nou wees as ek nie so 'n skelm padtjie gaan ondersoek nie.   ;)


Die tweespoor loop steil, klipperig en weggespoel tot bo-op 'n hoogte vanwaar ek die mooiste uitsig oor die veld, die Grassridgedam en sy wal het.








Nie 'n papswaaier in sig nie  >:D



Maar nou raak ek erg honger, en Middelburg lÍ aan die voet van daai verste berg nog so 70km ver.   Dis 'n lekker oop pad wat nie te lank terug mooi oorgebou is.  Ek ry rustig want hier het goeie reŽns geval, die gras op die skouers is lank en kort kort laat spaander 'n steenbokkie of duikertjie hier voor my.

Ek het geen groot verwagtinge vir Conway nie, dis maar soos al die ander klein plekkies in ons mooi land wat stadigaan besig is om in die moeras van Afrika te verdwyn.  Lyk my hier was 'n kwaai storm hier deur want omtrent al die groot ou dennebome is heel uit hul skoene gewaai.  Diť wat nie omgewaai is nie, word voor die voet afgesaag en hout gemaak.



Diť ou grote het netnet diť huis se kleinhuisie gemis.  Ek hoor die oom se hardlywigheid is so te sÍ genees  :imaposer:






Ek ry stadig die plekkie in, en wil net die spoorlynkruising oorsteek toe vang iets my oog.  Wat wapper 'n mooi skoon, netjiese Union Jeck daar vlak voor die stasie?






Ek draai om en gaan loer.  



Kyk, van ondernemersgees kan jy sommige mense niks vertel nie.  Hier by die bitter netjiese Grootte Valleij Gastehuis, blink soos 'n nuwe sikspens, ontmoet ek toe vir Sheldyn, sy vrou en sy ma wat diť stukkie van ons land weer op die regte spoor kry.   Kerels kyk, die mense woel en werskaf dat die stof op hulle staan.  Sheldyn het die groot perseel met 'n handvol bouvallige geboue vir R60 000 by die eienaar van die ou skoenfabriek gekoop en nou word dit in ere herstel en opgeknap.










Sommer hier vlak oorkant die stasie:






Hy is oorspronklik van 'n plaas buite Conway waar sy pa-hulle nog boer, maar hy is nou 'n elektriese ingenieur in die Baai.    Hy het groot planne - wat hy reeds in werking gestel het - om sommer die hele dorp op te knap.  Soos hy sÍ: as dinge in die dorp verval, dan bou jy sommer jou eie dorp!". Hy het planne vir die goedereloods op die stasie, en vir die ou skoenfabriek, en vir die skool, en die ander geboue wat hy reeds begin restoureer het.  Sy geesdrif is aansteeklik en ek wil eers gaan loer hoe lyk hulle handewerk tot dusver.

Gaan loer bietjie hulle webblad:  http://www.gvguestlodge.co.za/


Na hy my alles gewys het, toe is ek eers honger en besluit ek sommer opslag om daar ontbyt te eet.  Ja, 'n regte egte plaasontbyt.  En dit vir R35!  :o   :eek7: :drif:  






Selfs hulle kamers, ontbyt ingesluit, is slegs R220.   Ouens, as julle in diť omgewing is, kan julle gerus hier kom inval, dis waaragtig die moeite werd.   Maar wees bereid om sommer lank te gesels en te kuier.

Nadat ek - onbepland - sommer lang lekker stukke gesels en my vol geŽet het moes ek weer die pad vat.  Maar gelukkig is dit mooi en oop en skoon terug plaas toe.  


Maar ek gaan terug, en volgende keer vat ek my 2IB saam want die beste is dis nie eens 100km van my af nie  :thumleft:   O ja, en ek vat my Vierkleur saam dat die Ingelse darem nie tť gemaklik raak nie  :biggrin:
« Last Edit: January 05, 2015, 01:34:21 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Sandban(g)k

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,992
  • Thanked: 61 times
  • Bultfontein
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #1 on: January 04, 2015, 02:51:29 pm »
Ai oom bly in n mooi stukkie wereld! Geen wonder oom skryf ook so mooi nie! Al wanneer ons in die States sulke mooi woorde dink is die paar minute tydens n reenbui  :biggrin:
 

Offline 4 Kays

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,335
  • Thanked: 5 times
  • Live your life - you only have one to live !!
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #2 on: January 04, 2015, 02:57:56 pm »
Mooi Dorsland,

Gedink my RR sal jou inspireer om daai wereld op jou voorstoep te verken  :imaposer:  :imaposer:  :peepwall:  :thumleft:
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #3 on: January 04, 2015, 03:04:46 pm »
Mooi Dorsland,

Gedink my RR sal jou inspireer om daai wereld op jou voorstoep te verken  :imaposer:  :imaposer:  :peepwall:  :thumleft:

Ja kyk en vir ek wat uit die Wes Transvaal kom waar twee klippe wat bo-op mekaar gestapel is, mens opgewonde maak, is dit 'n fees.   Julle ou Oos Kaapenaars is dalk al hieraan gewoond maar ek het nog baie verkenningsritte om te doen.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #4 on: January 04, 2015, 03:07:04 pm »
Ai oom bly in n mooi stukkie wereld! Geen wonder oom skryf ook so mooi nie! Al wanneer ons in die States sulke mooi woorde dink is die paar minute tydens n reenbui  :biggrin:


Ai Sandman, die Vrystaat het wel 'n bekoring van sy eie.   Maar ek gee jou gelyk, die vaal en stowwerige winters kan mens nogal druk.  Ek hoor julle het hier net na Kersfees darem lekker natgereŽn daar Wesselsbron en Bultfontein se kant toe.
« Last Edit: January 04, 2015, 03:07:48 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline 4 Kays

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,335
  • Thanked: 5 times
  • Live your life - you only have one to live !!
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #5 on: January 04, 2015, 03:08:44 pm »
 :thumleft: stem saam - baie paaie nog wat wag om verken te word  :sip:
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,143
  • Thanked: 80 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #6 on: January 04, 2015, 04:14:27 pm »
Baie mooi  :thumleft:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline Herklaas

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Triumph (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,375
  • Thanked: 61 times
  • Do it, you only live twice.
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #7 on: January 04, 2015, 04:36:19 pm »
 :sip: Thanks.
Yamaha 50, Yamaha 400, 2 x Yamaha DR 350 LC, Honda CBX 550 F2, Honda TransAlp 650, Triumph Tiger 800 Xc,
Now 2015 Triumph Tiger 800 Xcx.and.. my favorite... 1996 Yamaha Tenere 660 5 valve single.
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 29,006
  • Thanked: 437 times
    • dustriders.co.za
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #8 on: January 04, 2015, 04:43:08 pm »
Wragtag n lekker trippie. :thumleft:

Jy kan nie so n helse bord kos opsit sonder n ouderdoms beperking waarskuwing nie :eek7: :deal:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Andre E

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,277
  • Thanked: 21 times
  • McDonalds Accommodation, Queenstown
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #9 on: January 04, 2015, 06:14:10 pm »
Lekker trippie. Ek stop nou self van Somerset Oos se kant af, man was dit warm daar vandag.
Don't be kak, be lekker.
What is this life, if full of care,
we have no time to stand and stare.
 

Offline arno

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,514
  • Thanked: 7 times
  • Toppie......Gooi Mielies!!
    • http://www.princealbertcycles .co.za
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #10 on: January 04, 2015, 06:17:32 pm »
Lekker storie Dorsland .
Fietse van die verlede: BMW F800GS ,BMW 1150 GS, Honda 305 cc, Honda 400 FOUR, Honda 550 FOUR, BMW 600/6 , DR 650

Tans:  Trapfiets
 

Offline Heimer

  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,699
  • Thanked: 119 times
  • Kan nie ALZ onthou nie
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #11 on: January 04, 2015, 06:28:10 pm »
So maak mens  :thumleft:

Matriek getuigskrif 1979: ........... is 'n vriendelike seun met volop selfvertroue. Hy tree soms vreemd op. Die skool se beste wense vergesel hom.
 

Offline BradT

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Vespa (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 548
  • Thanked: 9 times
  • Durbanville
Re:
« Reply #12 on: January 05, 2015, 07:32:12 am »
So well written.  Thank you for sharing this RR
"I will save you from the hands of the wicked and deliver you from the grasp of the cruel" - Jer.15.21

Vespa/LML 150
 

Offline poenerhoes

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 144
  • Thanked: 1 times
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #13 on: January 05, 2015, 08:19:29 am »
Dit is altyd lekker om jou spoor te vat Dorsland, daai foto van jou bike in die koelte by die laagwaterbruggie met die wolke agter is iets besonders. Ry asb gou weer en ry veilig.

Wens ek het n bike hier op die grens van Tanzanie en Mosambiek gehad dat ek jou bek ook bietjie kon laat water het want dis verseker n adventure bikers paradys hier :drif:
Sometimes you win and sometimes you lose....
 

Offline BMWPE

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,123
  • Thanked: 44 times
  • Port Elizabeth
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #14 on: January 05, 2015, 08:40:17 am »
 :thumleft:
Thanks for sharing
Rallye
 

Online Knucklhead

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,347
  • Thanked: 96 times
  • aka: Mooseknuckle/ knucky/knuckles/philistine
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #15 on: January 05, 2015, 09:00:21 am »
 :thumleft:
 

Offline pietas

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R80GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,198
  • Thanked: 22 times
  • Gryskop seuntjie
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #16 on: January 05, 2015, 09:19:59 am »
Goed om te weet van, dankie
Groot berge en lang grond paaie
 

Offline Lem

Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #17 on: January 05, 2015, 09:26:40 am »
Thanks vir die deel, Dorsland. Hierdie spontane trippies is die beste.

SSS...shit, shave & shower?  :imaposer:
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,775
  • Thanked: 178 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #18 on: January 05, 2015, 10:10:56 am »
Ek wens ek het jou werk gehad... sommer skoon jaloers.  Dankie vir die deel.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,574
  • Thanked: 169 times
Re: 'n Verrassing wag op Conway
« Reply #19 on: January 05, 2015, 10:49:29 am »
Mooi Dorsland, altyd lekker om jou RR's te lees.   :thumleft:
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..